Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Bekgeveg => Topic started by: PM on October 21, 2011, 03:01:17 PM

Title: Vertroue
Post by: PM on October 21, 2011, 03:01:17 PM
As vertroue nie wedersyds is nie, is daar nie vertroue nie.
Title: Re: Vertroue
Post by: Trapsoetjie on October 24, 2011, 10:57:03 AM
Dis nogal 'n stelling PM. Ek dink ek kan nogal saam stem.

As ek iemand vertrou met my lewe en iemand vertrou my nie met sy lewe nie, beteken dit mos eindlik dat iemand my sal verkoop vir 'n veilige padjie terug na die roosboompie. Dan sal die vertrou wat ek in iemand gehad het ook verdaag!

Gelukkig is ek nie so 'n vertroueling in ander nie, ek vertrou net ander so ver ek hulle kan sien.  :evil6: My oë word by die dag swakker.


 :angel12:
Title: Re: Vertroue
Post by: PM on October 24, 2011, 12:44:06 PM
Ja, dit is maar moeilik, maar ook net soms.  Dit is seker waar die spreekwoord inkom van: Meng jou met die varke dan eet die semels jou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Vertroue
Post by: Angelica on October 24, 2011, 07:21:33 PM
Ek verkies om draaie te loop sodat ek nie nodig het om te vertrou nie. 
Vertroue het hierdie manier om nie te werk nie.
Title: Re: Vertroue
Post by: Chichi on October 24, 2011, 07:25:36 PM
Ek vertrou mense baie maklik en verwag dat mense my maklik vertrou...
Title: Re: Vertroue
Post by: Angelica on October 24, 2011, 07:28:39 PM
Hi Chichi, Ek het in my lewe dieselfde gedoen.  Dit bring net groot teleurstelling. 
Maar goed vir jou.  Hoop dit hou tot in der ewigheid.
Om die waarheid te se, dit is 'n baie mooi eienskap van jou.
Title: Re: Vertroue
Post by: Chichi on October 24, 2011, 07:55:11 PM
Baie dankie Angelica, ek vertrou nie meer so maklik soos ek altyd het nie, maar ek probeer my bes om die goed in mense raak te sien en hulle te vertrou.

Ek voel dat ek vertrou eerder tot ek verkeerd bewys is eerder as om nie vertrou tot daar bewys is dat iemand vertrou kan word nie...
Title: Re: Vertroue
Post by: PM on October 25, 2011, 04:12:32 AM
Ek vra nooit dat iemand my moet vertrou nie.  Gee my net die geleendheid om aan jou te bewys dat ek wel betroubaar is.  In hierdie woorde lê seker 'n hele bekvol. 
Ons vertrou te maklik.  Net soos wat ek 'n geleendheid vra, moet die ander persoon die geleendheid kry. As ons dit so hanteer sal ons baie minder teleurgestel word. 
Title: Re: Vertroue
Post by: Fransi on October 26, 2011, 09:57:48 AM
 :hello:

Ek vertrou eintlik baie maklik- my man sê ek is gullible. ;-) Ek sal dit egter nie anders wil hê nie. :-)
Title: Re: Vertroue
Post by: PM on October 26, 2011, 11:22:32 AM
Toe ons kinders was, was 'n handdruk genoeg om 'n kontrak te sluit.  Jou woord was jou eer en niks was meer werd as jou goeie naam nie.  Vandag is dit anders.  'n Kontrak is ook nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. 
Dit is hartseer, want net soos in alle ander velde, ly die onskuldiges saam met die skuldiges.  :crybaby2: