Die Biblioteek > Staaltjies uit die ou dae

Saartjie se Ingels

(1/3) > >>

Naas:
My se eie ma, aan my se pa se kant, het daar in Swemlimdam se wereld grootgeword.
Sy weet te vertelle dat daar 'n nooientjie was by name Saartjie. Die wou glo vreeslik graag Ingels praat en sleep toe vir haarselwers een Ingelse kereltjie vanuit die Kaap nader.
Een aand kom die mannetjie kuier en sy wil hom vertel dat sy vir 'n verkeurmannetjie geskrik het.
Haar Ingels kom toe goed te pas.
"You know, this before noon I watch over the afterdoor. I saw a steppie step. I thought it was a poefie adder and skriek me spider white."
Toe wil sy hom vertel van haar pa se werk agter op die Nagwa.
"My father is frontman on the back of the nightwagon."
Later is sy en die Ingelsman getroud en hulle kom die naweek kuier. Die volgende oggend roep haar ma haar vir ontbyt.
"Saartjie wat Sêra geword het, kom eet jou pap wat porridge geword het."


 :icon_bigsmurf:

PM:
O gatta patatta, ek sien nog swarigheid vir Sêra.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Hieheiehei... laat my dink aan my skoonsus hulle wat gespook het met die jongste sustertjie wat van die plaas af kosskool toe moes gaan toe sy ses geword het. Wil hulle haar Engels leer en spandeer ure die vorige aand. Kom sy die oggend met vaakogies aansit en hulle wil natuurlik toe by skoonma spog oor die slimme kind wat so vinnig Ingels geleer het. Hak sy af: al wat ek nou vanoggend onthou is 'soap isse kers'  :toothy4:

Fransi:
Hahahahaha, kostelik-pittig.  :icon_biggrin:

Naas:
Ons buurvrou in die Paarl was al lankal 'n weduwee. Sy se sy kan klaarkom met 'n Engelsman want sy ken van "Yes" en "no" en netnou weer.


 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version