Author Topic: Name! Van waar Gahasie?  (Read 9471 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Name! Van waar Gahasie?
« on: December 23, 2012, 11:51:23 PM »
Ek wil nou nie vanaand hoes, proes of in Aramees prewel nie... maar waaaar kom somige besighede aan hul name?
Ek dink nou bv. aan:
Virgin Mobile... Is hulle baas dalk 'n rondreisende non?
Virgin Active... Duhh!! Kan 'n mens virgin en active saam gebruik? Het 'n virgin dan nie net een lewe nie? Ek meen te se/vra "Hoe lank gaan 'n virgin een bly as sy aktief is/raak?
Voorsitter van die ANC. Hy kan nie sit nie dan slaap hy.
Daar's nog van die wat my pla maar ongelukkig nie op slag nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Christinna Slot

  • Guest
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #1 on: December 23, 2012, 11:57:46 PM »
Naas praat jy wat lippe het. Die kinders het mos nou vir my omgepraat om die vreemde in te gaan. Ek lees die naam  op die kaartjie: Virgin Airlines. Smaak my dit is wereldwye gebruik. Wonder wat steek agter die naam?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #2 on: December 24, 2012, 04:17:57 AM »
Die dat ek toe nou niks verder kwytraak nie. Kyk as ek nou vir jou van Virgin Airlines en omkykoutjies se uitlaatstelsels verduidelik verban hulle my mos nou-nou van die internet af.
Waar kry hulle Virgin Money vandaan? Sekerlik nie van die tannies oppie hoeke nie.
Virgin Africa. Wat djy waar kry?




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #3 on: December 24, 2012, 08:58:18 AM »
Virgin - obviously beteken dit - het nog nie sex gehad nie ...

maar in die consept van die besigheid se naam .. is dit goed om oor Richard Branson op te Google,
of soos in die ou dae in die Biblioteke oor om te gaan oplees ...

Virgin wys ook dat daar 'n eerste keer gaan wees .... en baie daarna sal volg ...

in 1968 as 'n 16 jarige seun, het Richard 'n jeug-kultuur tydskrif op die been gebring en eerste publikasie was in Jan gewees .. dit was die eerste van die soort van tydskrifte en die eerste deur 'n tiener vir 'n tiener op die been gebring ...

In 1970  begin Richard sy Virgin Mail Order besigheid en sny verkoop pryse teen reuse rekords via pos verkope - die eerste van baie om te kom

En so gaan dit aan - eers was hy nie bekend nie ... maar nou is Virgin en Richard Brandon volksbekend in elke land ... gaan lees maar meer oor hom en sy Virgin-maatskappye ... http://www.virgin.com

Dus maak Virgin vir sy maatskappy vir my perfect sense ... Richard skep die eerste en daarna volg baie in sy voorbeeld ... hy is die virgin vir menigte tipe maatskappye wat ons vandag ken ...


Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #4 on: December 24, 2012, 09:03:14 AM »
O, nou sien ek wat steek agter die naam.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #5 on: December 24, 2012, 09:41:49 AM »
Die ou het beslis sy kop in 'n bynes gesteek toe hy begin het, maar gelukkig was dit nie 'n steek in die donker nie, want kyk waar staan hy vandag!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #6 on: December 24, 2012, 10:33:48 AM »
M.a.w. hy adverteer so wyd dat niemand meer sy naam weggesteek kry nie. Sjoe! dis 'n taai een om te verstaan.
Een heildronk op die Virginbesigheid.
Wonder waar kom Virginia vandaan want dis nie naby Boksburg of Nigel nie.
 

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #7 on: December 24, 2012, 11:34:26 AM »
Virginia se ma het op Nigel gebly en toe die dogtertjie gebore is, sulke hoë verwagtinge van haar dogter gehad, dat sy 'n hele dorp na haar vernoem het.  Nog een van daardie hoop-wat-toe-beskaam-het gevalle.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #8 on: December 24, 2012, 01:51:12 PM »
Virginia is ook nie naby die springbokvlakte nie nê?  Of issit.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #9 on: December 26, 2012, 08:24:15 AM »
O genadetjie ek kan in my gedagte die prentjie van 'n Kringgat nou nie uitgevee kry nie  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #10 on: December 26, 2012, 08:53:14 PM »
Jy sal nou moet kom verduidelik!  Wat het 'n Kringgat met Nigel te doen?  Hoe ver moet jy van die "springbokvlakte" af wees om iets met Nigel te doen te hê!     :icon_biggrin:   Seker nie ver nie nê!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #11 on: December 26, 2012, 10:51:40 PM »
Hehehe, blame it on the wine and dine - ommie dood kan ek nou vandag glad nie die prentjie insien nie  :icon_bigsmurf: dalk slaan dit weer uit soos masels sodra ek genoeg gefermenteerde druifsap inhet oor nuwejaar!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #12 on: December 27, 2012, 07:46:50 AM »
Dit moet seker iets te doen hê met om en om en om, maar dit het seker niks te doen met Gatjieponders
nie nê? :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #13 on: December 27, 2012, 10:29:00 AM »
Die spul sektariers in die dorp noem ons NG lede nog steeds Gatjieponders. Oups se dis omdat die ouderling wat deur die week kroegman was altyd daai lang manelpak kerk toe gedra het. Die mense het dit blykbaar as "gat japonne" aangespreek en toe word dit later sommer gatjieponders. Dis nogal vir my interresant waar die ou woorde vandaan kom.


 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Name! Van waar Gahasie?
« Reply #14 on: December 27, 2012, 07:39:11 PM »
Dis heeltemal reg, Aspoestertjie. Dis waar gatjieponders vandaan kom. Ek kan net nie onthou waar die doppers aan hulle bynaam kom nie. Dalk kan oupa dit ook vir ons verduidelik.

Terloops, kan jy onthou hoekom ons jou Assie noem? Ek meen te seg... Nee toemaar los liewer.