Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Groente => Topic started by: PM on March 30, 2011, 06:17:58 AM

Title: Onder die kombers
Post by: PM on March 30, 2011, 06:17:58 AM
Onder die kombers


Bestandele:

Kool (hoeveelheid na gelang van die wat moet eet)
Pakkie varkworsies in stukke gesny
Bacon
Groot ui
Soetrissies en sampioene
Kaassous (pakkie of gewone witsous met kaas)

Deegbestanddele:
1 k meel,
kwart k kookolie,
1 eier,
sout,
2 t bakpoeier,
1 k melk

Metode:

Braai alles saam.
Gooi kool by (opgekerf) en kook tot gaar.
Voeg speserye waarvan jy hou by.
Roer kaasous deur en skep in oondbak.

Deeg:

Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Gooi die kookolie in 'n koppie en breek een eier daarin.  Klits goed met 'n vurk en voeg melk bietjie bietjie by.
Meng melk en meelmengsel tot slapperige loperige deeg.
Gooi die deeg oor die kool, sprinkel gerasperde kaas oor en 'n bietjie rooipeper.
Bak teen 180 grade tot bruin.


Title: Re: Onder die kombers
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 08:51:32 AM
Klink heeeeerlik!!
Title: Re: Onder die kombers
Post by: PM on March 12, 2013, 10:03:01 AM
Ampertjies twee jaar later!   :icon_biggrin:  Ek het gewonder wanneer gaan iemand kom kyk wat gebeur "onder die kombers".   :sign10:
Title: Re: Onder die kombers
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 10:05:58 AM
Ek het my geliefde sus se spoortjies gevolg en toevallig op hierdie ene afgekom. Haar pragtige sin vir humor en liefde vir die lewe is ek GLAD nie verbaas dat die titel haar nadergelok het nie. Vanmiddag vir haar die skakel na jou resepte erfies gegee en toe soos skaduwee agter haar gedwaal  :toothy4:
Title: Re: Onder die kombers
Post by: PM on March 12, 2013, 10:09:48 AM
Die kere gelees spreek boekdele nĂȘ!  Soms raak ek bekommerd as die ouens nie saam gesels nie, maar ek verlustig my in hoeveel saam lees. 
Title: Re: Onder die kombers
Post by: Meraai vannie Baai on March 12, 2013, 10:26:02 AM
As ek so agter die skerms saam die gaste dwaal ontdek ek baie sulke weggesteekte skatte  :love7:
Title: Re: Onder die kombers
Post by: PM on March 12, 2013, 10:48:04 AM
Daar is 'n skakel wat jy kan gebruik "read all unread topics"  dit bring jou daarheen.   :love7:
Title: Re: Onder die kombers
Post by: Meraai vannie Baai on March 13, 2013, 12:09:25 AM
Myse tikker neuk mos vanuit Gatkantland mater  :bootyshake: as hy eers vasgehak het en ek moet wag tot die wieletjie sy willie-werkie-wals uitgevoer het, het die oorgewig torre alles verslind en wys daar niks nuut op die woordmenu vir die woorddief nie  :toothy4:
Title: Re: Onder die kombers
Post by: Ah Willa on March 13, 2013, 05:01:12 AM
So by my kool - ek gaan onder die kombersie eet in die week, want ek en my gesin lief kool  :love7: