Die kuierstoep > Kom kuier saam

Afgelope paar maande...

(1/2) > >>

Angelica:

Ons kuier vir 'n paar dae by Fam op Wilderness en Plett, het netnou net terug gekeer.
My jonger boet is verlede jaar Augustus dood aan longkanker.  Baie agressiewe kanker wat longe en vlees rondom weggevreet het. Binne net 6 maande vanaf diagnose gemaak is tot by sy dood en nie eens chemo kon keer nie.   :crybaby2:
Marius is veras en ons hou 'n verassings-diens by 'n ouer broer op Plett se huis en so baie mense daag op.  Nog 'n jonger broer doen die diens en die jongste doen die bedankings.  Ek skryf ietsie en lees dit voor.  Sy as word in 'n kissie op my Pa se graf gesit.
Met Mamma wat 92jr oud is en weer in Gauteng en Limpopo gaan kuier vanaf April, besluit ek om haar na die graf te neem.  Ons pluk 'n arm vol wit mini-proteas op oudste boet se plek in Wilderness en sit die op die graf.
Was 'n baie emosionele dag.

Angelica:
Ag, ek weet ek laat dele uit en vertel nie alles nie, maar dit was baie onlekker.
Intussen moet ek alles bymekaar skraap om 'n 92 jarige die lewe en sorge en smarte en pyne en skete deur te help.
Jong, ouderdom is wragtig nie vir sissies nie.
En ook nie vir die versorgers nie.  Ek is meer as drie dekades jonger en nou bevind ek my daagliks in 'n negentigjarige se daaglikse wel en wee. Bitter frustrerend.
Maar ons beur voort.
Daar is darem 'n blaaskans in die volgende paar weke vir 'n paar maande.
Kyk, jy lief jou Ma en jy wil so baie doen en help en sien wat is nodig om dit gemakliker te maak.  Maar jou eie lewe is op hold en die tye gaan verby....

adele:
hoe goed verstaan ek sekere dele in jou vertelling, Elle. Dis asof ek teruggeskuif word in tyd, so 9 jaar gelede en weer 2 jaar ook. Daardie 5 maande .... of 3 maande en daar is niks NIKS wat mens kan doen nie behalwe neerkniel en in jou hande huil en huil en vra Here, U wil, asseblief.
Mag jy ook elke humor en liefdevolle en vreugdevolle oomblik saam met jou mamma geniet. Al raak hulle minder en minder, is hulle die kosbaar-koraalstring wanneer sy nie meer hier is nie.

Meraai vannie Baai:
Kan ek net sluk en jou drukkie gee Elle  :love7:

Angelica:
Dankie Meraai en Adele.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version