Die Afrikaanse Forum
Woordskuur => Uit die ossewa se medisynetrommel => Topic started by: Meraai vannie Baai on July 27, 2017, 02:57:40 AM
-
(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Gid%20vir%20lennons.jpg)
-
Dankie vir die plasing Raaitjie. Ek is besig om vinnig op te vang. Ons het nou meer opvangs.
-
Sien nou eers die plasing. Hier is nogals n paar rate vir my kwale.
:icon_bigsmurf: :icon_bigsmurf:
-
Behoedmiddel vir kinders: Tande kry en maagkwale. Help 'n bietjie.
-
Behoed in "ou" Afrikaans beteken om op te pas of gesond te hou.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie man, ek dag dit is om kinders te behoed om tande of maagkwale te kry. :icon_salut: :icon_biggrin:
-
ha ha ha ... PM, of dalk so voor-laboratoriumtydse voorbehoedmiddels ....
-
Ekke lees ook met aandag deur daardie lysie, en besef toe dat hulle nog nooit besef het dat Turlington seker die beste raat ooit bied, nl as teenvoeter vir maagswere/maagsere .... wat ookal. Saam met kondensmelk het ek nog niemand hoor sĂȘ dit het nie vir hulle maagseerplekke of dreigende sere gehelp nie.
-
Die voorouers het geweet wat werk!
-
Ek het net gou weer na die gids kom kyk.
-
WOW. Adele ek gaan dadelik myse moeder laat weet van die turlington en kondensmelk. Weet jy in watter mate dit geneem/meng moet word?
-
hoe kon ek hierdie gemis het ... een blikkie kondensmelk en een botteltjie Lennon se Turlington, meng dit goed en sluk een telepel elke oggend. As jy reeds 'n seerplek het waarmee jy sukkel, sluk vir 'n paar dae een teelepel vol voor elke ete, drie maal per dag.
Maar weet, dit ruik-proe soos teer. Ek het myne in die vrieshokkie gesit, nou nog maar ek eet net af en toe, so twee keer per week daarvan ...Dan skep ek 'n teelepel so rondom, sit dit op my tong en sluk dit met melk of selfs vrugtesap af. dan proe ek minder daarvan.
Googloer bietjie en sien hoeveel mense getuig daarvan.
-
Kan nie help om te giggel vir hoe jou gesig lyk as jy die towermiddel sluk nie maar glo dat dit die moeite werd is. :icon_biggrin:
-
Mal oor jou "Googeloer" Matertjie.
-
Bloos ek PM, Raaitjie ... maar proe maar. Weet julle, mens raak gewoond daaraan :love7:
Raaitjie, kry jul Lennons by jul ook?
-
Ek vermoed dat die Suid Afrikaanse winkeltjies dit dalk kan invoer maar andersins nee. Sou mens dit self probeer aankoop en pos vanuit SA gaan dit gekonfiskeer word hierdie kant soos wat met PM se pakkie na ons toe gebeur het jare gelede :crybaby2: