Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 23, 2011, 12:18:54 PM

Title: Wense
Post by: Naas on May 23, 2011, 12:18:54 PM
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
hang die ryp soos koue winterkerse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

My wense vloei soos maalkolkstrome
en word vasgevang met woordeverse
In die geraamtetakke van die kaalgat appelbome.

Ek wil hulle graag toedraai in die warm some
en koester in geesteskomberse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Maar hoe verduidelik ek my wense aan die vrome?
Hoe hang ek dit oop saam met ysig kerse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome?

Begeertes, wense weggesteek tussen die flenter some
in die vlegsels van verwoede verse
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Weggespoel en afgevoer in die afloop van winterstrome
bly net die flenters van die verse
in die geraamtetakke van die kaalgat appelbome
terwyl vroegoggend asem verdamp soos laatnag drome.

Villanelle Gedigstruktuur


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wense
Post by: Trapsoetjie on May 23, 2011, 12:28:33 PM
Wens ek kan by die kaalgat appelboom, my wense om so mooi te skryf ook toe draai in warm somer!

Toe vertel die platkoppie verkeurmannetjiesvrou hoe die gedigstruktuur werk, sy wil ook probeer assebliefies toe... :icon_bigsmurf:

Het iemand al vandag vir jou vertel jy is oulik?  :hello2:

 :angel12:

Title: Re: Wense
Post by: Naas on May 23, 2011, 12:44:33 PM
Nie eers die laaste jaar nie...
Maar ek sal dit daar onder die strukture gaan sit dan kan jy ook probeer.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Wense
Post by: PM on May 23, 2011, 01:09:45 PM
Naas,  jy is 'n ou doring!  Dit is uitstekend geskryf!  As ek so deur almal se gedigte lees gaan ons 'n vet boek die lig laat sien.