Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on April 21, 2011, 11:03:08 AM
-
Nog een van die woorde wat onder die loep kan kom.
"Maar jy weet mos, nog ek nog jy kan dit doen, wat praat nog van al die ander daar buite."
-
Nog 'n woord wat met my kop wil toor
so sê ek nog~maals dank
met liefde sal ek nog wil stoor
bring vir my nog~goed, ek wil dit bank
My glas is leeg, nog wyn, dankie!
:angel12:
-
Ek wil ook nog wyn hê asseblief! :icon_biggrin:
-
Ek wil nog kuier maar het nog nie salaris ontvang nie. Nou is ek nog arm, nog ryk.
:icon_bigsmurf:
-
Dis nog nie so erg nie, kom sit dan skink ons vir jou ôk nog 'n doppie daar. ♪♪
-
As en net nog meer tyd gehad het, kon ek meer hier rond snuffel, en nog meer inskrywings in dien, met nog meer gedigte om my lysie te vul.
-
Ons taal is wonderlik. Nog vis, nog vlees -dog so baie meer as net 'nog' :book1: