Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Hoe maak jy so 'n lys

<< < (3/4) > >>

AB:
O ja, vir julle ander, as julle dlak ook die lys wil hê om deur te werk vir julle eie huise se inhoud versekering, ek sal idt aanstuur as jy so vra. mens kan so maklik onderverseker wees omdat ou goed met nuwe goed se pryse vervang word en dan misgis jy jou wat iets soos 'n naaimasjien nou kos en 25 jaar gelede het hy 4500 gekos.

AB:
ons het maar op googel gesoek en die goed wat jy kry print jy di ebald uit. print maar met greyscale en balck ink only want jy gaan baie print. toe het ek op elke blad wat ek geprint het of by 'n winkel gekry het, met podlood opgeskryf in watter vertrek dit was en ook die bedrag met highliter gemerk sodat ek als wat bymekaar hoort bymekaar kan hou. ek het ook al die kwotasies gescan en gesave indien daar 'n navraag kom oor die kwotasies wat ek ingegee het.

Angelica:
Hemeltjie, moet mens nie maar so 'n lysie hou, net vir ingeval?
Ek sal kop verloor met die eerste soek na of opskryf van wat beskadig/nie meer daar/begrawe onder modder.
Dit lyk na 'n geweldige taak.
AB, ek weet nou nie of ek sal gatvol raak met shopping nie.  Dink net, nice nuwe goedjies uitsoek...   :hello2:

Maar jy sal nooit oudhede en foto's ens kan vervang met nuwes.
Sterkte aan AB en PM en hul gades met die verinneweer van hul huise en huisgoed.  Dit is 'n helse slag.
En soos PM se, die emosionele faktor is huge.

AB:
ek en Antionette het ons self doelbewus gedwing om vorentoe te kyk en posetief te dink en praat. dit was/is 'n daadwerklike besluit.
waneer iemand by ons gekom het en daaroor gepraat het, het ek eerste gesê: die son syn, ons lewe, ons kry nie honger nie, het slaapplek by die gastehuis langsaan, daar is 'n moerse oes op die plaas wat moet kelder toe. die lig skyn voor in die tonnel waarin ek my beleef en nie agter nie, moenie agtertoe kyk nie. praat opbouende dinge en dink positiewe dinge, dit waarop jy fokus sal jou oorweldig, hetsy positief of negatief.
ja dis nou maklik om dit te sê maar dit was nie maklik om daar deur te kom nie, steeds nie heel maklik nie maar raak makliker. praat ook met ander oor die probleem, nie om simpatie te soek nie maar om dit uit die gestel te kry.
ek het vir meer as 30 jaar gewonder en getob en vir myslef vrae gevra hoekom my ouers so jonk oorlede is in die ongeluk wat 'n dronk man in ons vas gery het in 1970 en na 33 jaar het ek 100% daarmee vrede gemaak. ek het nooi gepraat daaroor nie en dit was 'n fout.

positief en vorentoe al is idt net 10 cm vorentoe die eerste dag dan is dit darem 10 cm.

hou aan julle kyk vorentoe en dink positiewe goed, al is idt goed wat niks met die situsasie te doen het nie en vertel grappe en lag, dit help baie.

Ah Willa:
ek het nie raad nie - net gebede en ek dra ook hierdie op aan ons Vader en vra dat Hy jou help met die lys en dat julle regverdig behandel sal word deur die versekerings maatskappy - kan my nie indink waardeer jy moet gaan nie ... ai ...

In Taiwan het selfs die aardskudding van 9.2 nie my goed ingesluk nie .. net my vriende  :crybaby2: en die typhoons was altyd speel tyd vir ons as missionaries

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version