Die Afrikaanse Forum
Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on May 29, 2012, 07:41:23 PM
-
http://www.beeld.com/Rubrieke/CecileCilliers/So-deurmekaar-soos-rommel-vullis-afval-20120528
die interessante skrywe oor 'n deurmekaar-rommel-woordjie
:grommit:
-
andermansrommel is dikwels iedermanswins Dankie vir die deel mater . Ek het geniet en wonder nou self wat gaan word van al ons rommel :dontknow: In NZ is die gebruik om een keer per jaar in elke straat jou eie ongebruikte artikels op die sypaadjie neer te sit. Die ouens ry rond en vergaar of dit uit die mode gaan. Na 'n sekere tyd kom die stadsraad se vragmotor verby, druk alles in 'n blokkie en neem weg. Maar die vraag bly steeds staan: waar gaan al die blokkiesrommel heen ne!
-
rommel maak mooi kuns stukke ... en soms ook prag nuwe bruikbare stukke ...
op my en Charmaine Truter se Facebookblad - idees vir idees .. is daar nogal heel oulike idees ...
soos om van 'n lee bottle 'n besem te maak ... of 'n kruie tuintjie ... en soveel meer
rommel kan weer herbruik word, as ons net buite die box wil dink
https://www.facebook.com/deelidees
-
Willa ek het al heelwat van julle pragidees met die oog gesteel en toegepas :love7: :notworthy:
-
En as ons buite die boks dink, waar gooi ons die boks.
-
Eish jy het ons daar Naas :toothy4:
-
gelukkig kan woorde'rommel' nie brand nie :book1:
op ernstiger noot...Raaitjie, wat word van al ons gesegdes en woorde op woes? mag ons alles hierheen skuif en dit dalk te boek stel, dalk 'n e-boek, of behoort dit aan woes en woes se baas eienaar?
:grommit:
-
Ek gaan soveel moontlik oordra na ons nuwe woordeboek hier matertjie. Ek het persoonlike toestemming verkry om dit te bewaar. Tot onlangs het ek nog toegang daar gehad maar omdat ek nie meer betrokke is by Woes nie, is die deure nou toe vir my daar maar die toestemming het nie verlore gegaan nie. In sommige gevalle was die bewoording van toestemming: jy mag gebruik vir jou woordeboek Meraai. So ek sleep saam waar ons gaan :toothy4:
-
Ek het uitgeklaar. Jou werk op Woes behoort aan jou en jy kan daarmee maak wat jy wil. As Ta Raaitjie daar ingaan as 'n gas en van ons ander se werk soek kan ons dit nog gaan haal.
:icon_bigsmurf:
-
ek gee weereens my toestemming as van my woorde op Woes geplak le, mag jy dit ook hier kom plak in die woordeboek - as hulle die paal haal natuurlik
Naas - as mens nou buite die box dink, dan bewerk jy weer die box in 'n gedagte in ... bv maak 'n mooi tafeltjie daarvan - gooi net 'n mooi lappie oor :hello2:
-
kan julle glad nie by die forum se woes-woordeboek inkom nie? daar is soveel wonderlike nuwe en ou-nuwe woorde ens :dontknow:
:grommit:
-
mens kan die woordeboek browse al is jy nie ingelog nie
http://www.woesblog.co.za/category/9
-
Jy kan net raap en plak Raaitjie.
Wie het jou verwyder van die woordeboek se toegang? Het jy al probeer om daar in te kom?
Ek kan vir jou toestemming gee as dit nodig is.
-
dinge verander nou blykbaar woes daar op woes en na verlede jaar se wedstrydfiasko het sommige getrouste lede hulle toegang verloor. miskien moet julle al ons griffels daar gaan haal [copy].
:grommit:
-
Ek het verlede jaar 'n kopie gemaak van die woordeboek en het dit ook aan Raaitjie gestuur.
Dalk het jy dit nog iewers Raaitjie?
Ek sal gaan loer by Woes. Ek is nog administrateur daar, maar daar gaan niks aan nie. Selfs die bybelversies het opgedroog.
-
al waar ek nog betrokke is, is aan die voorkant waar ons 'n eie profiel en werke deel ...
Woes is goed gelink - dus goed as mens wil he mense moet jou raak lees ...
maar vir groei en kuier ... nee wat ... dis oor almal nou hier is ...
-
Selferkende word-hoarder :icon_biggrin: :book1: :notworthy: Ses mooiste woordjare spandeer deur ander se woorddisse te verslind en liefdevol gebedel om te gaan bewaar. Elke keer as ek in ons nuwe woordeboek hier op die forum julle lyne weer raaklees, bons my hart nog soos 'n verliefde oujongnooi :love7:
-
ai Raaitjie, dit is vir my net so lekker tussen ons woorde...
Daar op woesforum het julle my menswees herstel. Ek het al weer daar gaan loer, maar dit is so vreemd dat ek stil-stil weer weggesluip het.
-
Ek kom vir jare al nie meer daar nie, het weer hier rus en vrede gevind tussen julle lyne Adele :icon_biggrin:
-
It is with a shock that I realized how much time has lapsed since I last was on Woes. So much so that I had to request for a new password. And yes, the site did transform.
-
Kan skaars glo hoeveel tyd ons daar spandeer het ne Jeannedarc :icon_biggrin:
-
Alles daar van ons dae op Woes is verwyder en uitgeskop. Geweeg en te lig gevind. :crybaby2: