Die kuierstoep > Kom kuier saam

handsakke

(1/2) > >>

Lox:
ek kry dit op e pos

 
Dames hou julle handsakke gezip!!!

Die nuutste craze wat die rondte doen is dat terwyl jy shop, gooi die "bobejane" goed in jou oop handsak
sonder dat jy daarvan bewus is.
Sodra jy dan uitloop skree die alarms en as jy dan ondersoek word, word die "gesteelde merchandise" in jou besit gevind.
 
Dit het 'n vrydag middag met my vriendin in Dischem gebeur.
Sy moes 2 dae in die tronk slaap omdat sy eers maandag in die hof kon verskyn.
Sy het haar saak verloor en nou het sy het nou 'n kriminele rekord en moet 16 uur gemeenskaps diens doen in Soweto !
 No Jokes people, hou julle handsakke toe!
 
(Mans stuur die vir al julle vriendinne)

Angelica:
Die bleddie kriminele gooi nie net in nie, hulle haal ook uit.  Stamp kamma aan jou and as jy vir jou beursie of foon soek, is dit soek.
En ek zip nooit myne nie.

PM:
Hou daai roksak toe, handsak, sysak, broeksak, hou die hele lot toe♪♪  :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Hoe meer dae hoe meer skelmstreke oi joi joi!

Chichi:
ek vat nooit 'n handsak saam met my nie, foon in broeksak een, sleutels in broeksak twee. en Mooi beursie, styf onder die arm vasgeknyp.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version