Author Topic: Toe ek nog jonger was  (Read 5019 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Toe ek nog jonger was
« on: May 03, 2013, 07:20:11 PM »
Toe ek nog jonger was, was ek vol energie en geen taak was vir my te groot nie.  Ek het die wêreld versit, al was dit telepeltjie gewys.
Nou word ek oud, elke klein dingetjie het vir my 'n groot ding geword. 
Toe ek 25 was sou ek vir jou gelag het as jy gekla het omdat jy nie 'n stort het nie. 
Ja, ek sou vir jou gelag het omdat... ek sou vir jou gelag het oor baie dinge. 
Nou word ek oud, elke klein dingetjie het nou vir my 'n groot ding geword.  Ek word nou oud.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #1 on: May 03, 2013, 07:38:57 PM »
 :hello:

 Ek het vir die feetjies gese ek is 'n sussie....ek gaan nie oud word nie.   :headbang:

Oepie...ek is klaar oud. Vir die wat nou wil stry....gaan praat met die mense wat my nie die werk wil gee nie want ek is nie jonger nie.... :icon_biggrin:

So ek is jonk...seker die jongste persoon met skarniers wat nie altyd wil saam speel nie.  :dontknow:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #2 on: May 04, 2013, 06:32:16 AM »
Kaalkop-, boepens-, dikbrilomies sê, dit is omdat jy nie 'n ou bobbejaar nuwe truuks kan leer nie, dié wat firmas nie ouer  mense in diens wil neem nie.  As jy my vra is dit omdat hulle die jonges makliker kan hiet en gebied. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #3 on: May 04, 2013, 09:39:13 PM »
Maar die ou bobsejan wil nuwe truuks leer.  :crybaby2:

Ek gaan tot more nuwe dans passies of vanaand klaar bietjie geleer, vir 'n russiese Advertensie. Hulle gelukkig dink nie die bobsejan is nog nie te oud nie. Eish maar jy moet sien wat bobsejan more alles moet doen, dan sal ek bekend staan as bobse-gedinkjynogjonk-jan.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #4 on: May 05, 2013, 08:11:55 AM »
Ervaring is nie iets wat onder elke bos uitgeskop word nie.  Die jongmense kry nie werk nie, want hulle het nie ervaring nie.  Hoe doen jy ervaring op as jy nie werk kry nie.
Ouer mense kry nie werk nie net omdat hulle ouderdom teen hulle tel, maar dit is waar al die ervaring lê. 

Vertel 'n bietjie meer Trappies, dit klink baie interessant. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #5 on: May 06, 2013, 07:32:58 PM »
Ek en Oma Trappies werk so nu en dan aan oorsee se advertensies as hulle ons nodig het.

Ek het Saterdag in die koue wind gestaan en geloop op Q en in somers klere. eish dit was bitter koud. Dit was nou 'n ding al die waaghalse toertjies. Die een was glo in die Weekend Times of so iets. Die man wat sy BMX van 'n gebou af ry op 'n rooi russiese bus en dan weer af. Dit was een van die lot.   :dontknow:

Sondag was die heeldag die dans passie wat ons in die straat moes doen. Gelukkig was die weer mooi en ons kon ook warm dans in die strate van die mooie Kaap...dit was so lekker  :hello2:  Bietjie styf vandag.

Oma Trappies het vandag gewerk, sy het op die bus gesit en gemaak of sy boek lees en die telefoon gebruik (regtig vir my gesms)  :evil6:

 :angel12:

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #6 on: May 06, 2013, 11:26:14 PM »
My pa het gese .. iemand wat 20 of 80 is kan jonk of oud wees want mens is eers oud die dag as jy die kind binne jou verloor het ...
soms wil my lyf nie saam werk nie - maar ek is nog jonk want die kind in my lag en speel no matter what  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #7 on: May 07, 2013, 07:11:12 AM »
Brrrr, en dit was koud.  Hoop hulle betaal darem goed.  Waar was ek, sou kom saam dans het.   :icon_biggrin: 
Liefies vir Oma Trappies. 

Wils, die kind in my is 'n nar, want die klein rakker wil net kattekwaad aanja. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #8 on: June 26, 2013, 09:24:29 AM »
Joune 'n nar en myne 'n kabouter ... 'n stoute kabouter  :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #9 on: June 26, 2013, 09:43:07 AM »
Vertel juis vir Gawes vandag hoe ek soms langs die wasgoeddraad sit en huil  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #10 on: June 26, 2013, 12:42:12 PM »
As ek nie 'n stort het nie gaan dit baie sleg met my, want dit is gewoonlik waar ek sit en huil.  Maak die "krane" en die krane wawyd oop dat dit alles kan uit was en skoon kry!  Af in die drein in, dan vat ek weer die pad en stap sterk!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #11 on: June 26, 2013, 07:58:47 PM »
Ek is oud
Ek is jonk
Toe ek afgele is, het ek gevrees ek gaan nie werk kry nie, want ek is ouer en baie naby aftree ouderdom.
Tog was ek kalm.  Ek het geweet dat ek meer ondervinding het en baie meer lojaal as al die jong dames met huishouding, man, kinders....
Ek en my nuwe baas gesels eendag, hy vertel van die vorige ontvangsdame wat baie keer laat was, vroeg moes gaan, nie opdaag by die werk, kind moet Dr toe neem, bediende het nie opgedaag... tot hulle absoluut *0*vol was daarvan.
So, ek dink elkeen het 'n plek.  Maak nie saak wat jou ouderdom, jou geslag, jou velkleur.... 
Ek voel soms ouer, beweeg nie meer vinnig nie..

Trappies, maar dit klink mos sommer na groot lekkerte.  Het hulle nie 'n ou en dik tannie nodig nie?  Ek sal in 'n restaurant sit en koffie proe.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #12 on: June 28, 2013, 12:27:31 AM »
Ek sit nou weer en lees deur al die kommentare. PM, jou woorde laat my dink: Onthou julle toe ons klein was, wou ons graag groot wees? Nou is ons groot en die kleinprobleempies het saamgegroei - hulle is ook nou groot  :headbang: Sterkte met die add Trappies. Laat weet, nog beter gee skakel as jy kan. Daai danspassie sal ek graag wil sien!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #13 on: June 28, 2013, 06:01:32 AM »
Eish, klein probleempies wat groot geword het en baie probleempies gekry het.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Toe ek nog jonger was
« Reply #14 on: June 28, 2013, 10:24:07 AM »
I was small and Christmas trees were tall ..
Now I am tall and Christmas trees are small...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w