Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: PM on May 25, 2012, 03:00:30 PM
-
Daar is 'n paar verpligtinge wat ons moet nakom gedurende die naweek.
Ons gaan na Hannes se suster toe net buite Dronkwordspruit. As alles goed verloop sal ons weer Sondag terug wees. Daar is nie opvangs nie, so dit help nie ek vat vir skootbrakkie saam nie.
Hou die fort asseblief julle, kuier lekker. Ek gaan julle mis.
:love7:
:bootyshake:
-
:sign10: donkwordspruit :toothy4:
die forum gaan dronk wees in jou afweesigheid
-
ek het vir moeder en haar rolstoel in die ronde corsa'tjie ingelaai, ons slaap vanaand oppi dorp. more vroeg verskuif ons na Bloemfontein, gaan by kinders tuis en more-aand begelei ons by ons volkspelelaer se saamtrek, sien julle ook eers dalk Sondagaand weer. geniet 'n mooie naweek.
:grommit:
-
lekker tikie-draai Adele
-
Hier's ons weer, uit en tuis en veilig by die huis. Ons het so opgesien na die naweek, maar het dit geweldig baie geniet. Ons het "agter om die stad" gery, deur Cullinan en baie plekke "uit ons verlede" gesien en dit was 'n fees.
-
dankie baie Willa, dit was sooo lekker al het ek nie self getiekiedraai nie, maar ek het die begeleiding weer so baie geniet, en wanneer Eben saam met my speel, maak dit elke noot 'n vreugde.
bly julle het die hele trip geniet, PM, dit doen mens soms goed om jeugplekke te herlewe.
:grommit:
-
Oe Adele is daar nie dalkies weer 'n youtube weergawe vir ons om te deel in hierdie tiekiedraaivreugde nie? Glo dit was 'n fees :love7: PM mater dankbaar julle is veilig tuis en dat julle die naweek geniet het :hello2:
-
Tiekie-draai-klavernote-al-langs-die-pad-van-gisters nou weer terug in vandag ... bly julle het julle naweek geniet ... PM en Adele
Meraai kom draai hier innie baai, dan kraai ons ook 'n lekker tikkie-draai
-
gits, nee ek weet nie van nie maar moet biki uitvind
ek kan vlg week nog kamera-video neem, en sal probeer om te leer hoe om dit op you tube te laai. ek het ander ook van die maraton van verlede jaar, sal bietjie kyk of ek 'you tube slim' kan raak.
dit vat vreeslik baie megs en kan dus nie soos foto's aangestuur word nie.
:grommit:
-
Dankie matertjies. Adéle, ek is bly jou naweek was ook 'n fees.