Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 21, 2013, 01:38:12 PM

Title: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on April 21, 2013, 01:38:12 PM
http://www.poetpatriot.com/poems-quio-orig.htm

Hierdie kort strukture dwing ons om met die minimum woorde ons gedagtes te deel met die lesers.
Engelse riglyne stel 'n lettergreeptelling van 3/5/3 onderskeidelik in die drie reels voor en sover ek kon agterkom is daar geen verpligte onderwerp waaroor gedig moet word nie.

In my soektog na Afrikaanse voorbeelde het ek op 'n Engelse weergawe afgekom wat so treffend was, dat ek dit in ons moedertaal verwerk het in 'n dubbel 3/5/3 struktuur.

My weergawe is so saamgestel: Twee verse van drie reëls elk, wat voldoen aan die vereiste lettergreep telling van 11 en onderskeidelik toegepas as 3/5/3. In my voorbeeld word die geraamtes wat skuil in ons gene, aan die leser voorgehou as 'n betwisbare stelling.

*Hangkasgees
 
 Die sondes
 van ons voorvaders
 volg getrou ....
 
 Die stamboom
 waar gene vertak
 in kringloop ...
 
*Genealogie

©  Meraai vannie baai

PM se Quio
 
Depressie
 ‘n spinnekopweb
 vol eiers
 
Met quio...
elf lettergrepe
in die kol

© PM
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Naas on April 21, 2013, 05:14:19 PM
Koud-warm

Stortkrane
oopgedraai vir was...
Reg of sleg?

Was dit reg
oopgedraai vir warm?
Oop vir koud?

Waarom dan
bibber onder koud?
stortfloute?

Stortkrane
vloei van koud verval
deur mensdom.

Mensdom wat
storttend drek uitspuit
in trurat.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on April 21, 2013, 11:55:32 PM
Naas dit is 'n pragtige bydrae. Lief die uitgebreide 3/5/3 grepe waarin jy die frustrasie van 'n 'koud-warm' situasie aan die leser ontbloot. Dankie mater vir die groot voorreg dat ek kon saamlees.  :notworthy: :icon_salut:

Verstom my altyd hoe kreatief en gemaklik jy jou gedagtegang, met ons eie Afrikaanse digteuels in die hand, op die pad van 'n Engelse struktuur kan stuur! Geskoei en geskool op tradisies, bou ons as woordemmigrante voort - op nuwe fondasies.

Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: adele on June 03, 2013, 04:37:44 PM
'n verwerking van 'n halwe gedig wat in my deeg-rys-mandjie gewag het om geknie en gebak te word!


wyl jare
vol borrelvreugde
koesterwink

wonder ek
oor seer verlore
jeugjare

maar nou gryp
ons elke minuut
hartsgeluk

 :grommit:   :grommit:
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: PM on June 03, 2013, 10:57:51 PM
Ek wou baie graag more ons boek drukkers toe geneem het.  Nou lyk dit vir my ek sal maar 'n rukkie moet aanhang, want hier kom nou mooi werk ingesluip. 
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2013, 11:44:06 PM
Dit is pragtig, ek stem PM - dit moet  :book1: toe  :notworthy:
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: adele on June 04, 2013, 05:38:46 AM
vriendin, jou boek moet klaar, moenie uitstel nie,   :toothy4:   hierdie laaste griffels was sommer maar net. woorde stroom mos maar met verskillende snelhede en nou is dit weer rustig.  :icon_biggrin:   
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Assie on September 13, 2021, 05:19:24 PM
Op en af

Op en af
van ligskakelaar.
Is dit reg?

Op is af
en gaan jy verder.
Af is aan.

 :mumum:
Title: Re: 3/5/3 Quio Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on September 13, 2021, 11:27:34 PM
 :`ip2: Jy slaan die spyker op sy kop hier Assie en nou krap ek kop oor 'op is af en af is aan' - sou maklik 'n raaisel kon word!