Digkuns > Digformules of -strukture

Senryu (ook bekend as die menslike Haiku)

(1/3) > >>

Meraai vannie Baai:
Senryu (Japanese rymlose struktuur) word gewoonlik geskryf in teenswoordige tyd en bestaan uit die beskrywing van die een of ander aspek van die menslike natuur/emosies - anders as die tradisionele Haiku waarin die natuur beskryf word. Hierdie struktuur is gewild as aanhaling onderaan bydrae's byvoorbeeld kunswerke/fotos of geskrewe werk in boeke.

Bestaan uit drie reëls van 5/7/5 (altesaam dus 17 lettergrepe.) Verseker een van die maklikste strukture. Ek het lankal voorbeelde (enkele sinne) uit die maters se kommentare/opmerkings gaan oes.

Weereens het my hart
gebons vir julle sinne
wat blinkoog glinster!

 :book1: :notworthy:

Hier is die 'geskaaide' voorbeelde en dit was geneem uit 'n bespreking oor wat vrede vir jou is:
 
Fransi:
Vrede is 'n warm
geborgenheid, van werklik
weet: "Ek het genoeg."

Vrede is om snags
te kan nesskrop teen Manlief
se bekende lyf!

Juenka:
die goue oomblik
wat jou laat vergeet dat jy
alles weer moet doen!

Annie:
As ek rustig met
Abba Vader kan gesels,
vou vrede my toe ...

Mel:
Vrede is wanneer
jy in die spieël kyk en
jouself kan vertrou!

Piet Magriet:
Die lewe is 'n
lied, jy moet net die wysie
ken, om saam te sing!

 007 lig die hoed en knak die knieg vir toestemming verleen om julle woorde te bewaar :book1: :notworthy:

PM:
Dankie Raaitjie, ons kan al  begin werk aan die nuwe boek.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
 :bootyshake: :hello2: :love7:

Fransi:
 :hello:

Dankie Meraai, dit was 'n lekker verrassing om ons woorde hier te kan sien. Dit maak 'n mens sommer lus om nog te probeer skryf. :-)

PM:
Wat van ons skryf nou iets oor vreugde.

Vreugde is wanneer
my deurklokkie dringend lui
en jóú daar sien staan

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version