'Erkenning van kwesbaarheid tydens die hantering van kroniese siekte kan inderdaad 'n teken wees van dapperheid.'
Enige kroniese siekte gaan gepaard met vele verwarrende, kommerwekkende emosies wat soms onmoontlik lyk om te verwerk. Brittany Foster verwoord dit so pragtig in haar artikel. Sy skryf: "Vir die grootste deel van my lewe het "dapperheid" beteken dat ek braaf moes wees. Vir my het dit gelyk asof jy jou ware gevoelens moet wegsteek met 'n glimlag.
Daar is dae wanneer angs die oorhand kry, en daar is dae wanneer ek met hartseer oorval word. Depressief en hopeloos voel.
Ek het geveg teen die trane wanneer pyn ervaar was, en geleer om die fisiese gevoelens wat ek ervaar het bloot net te aanvaar totdat jy so oorweldig was en dit nie meer verder kon hanteer nie."
Brittany skryf verder: "Toe ek fisiese ongemak verduur sonder veel emosionele vertoon, het ek kommentaar gekry oor my "sterkte/braafheid" van dokters, verpleegsters, familielede en vriende. "Jy is so dapper," het hulle gesê.
Met die saamleef van PH is dit nodig om jouself te herinner dat dit nodig en goed is om te huil en te erken hoe jy werklik voel.
Die erkenning van simptome wat jy van oomblik tot oomblik ervaar, help om jou fisiese en geestelike gesondheid beter te hanteer.
Laat jouself toe om te huil tydens intense ongemak van pyn, benoudheid en al die ander fisiese simptome wat saam met jou siekte toestand gepaard gaan. Sodoende word dit meer hanteerbaar en kan jy dit 'een simptoom op 'n slag' beter beheer en verwerk.
Met die wegsteek van jou ongemak, vererger dit jou fisiese simptome en die angs oor pyn terwyl jy wonder wat gaan aan met jou tot die angstigheid in so mate toeneem dat jy oorweldig word deur emosies van hopeloosheid, woede, frustrasie en hartseer. Hierdie oorweldiging laat jou voel dat jy totale beheer oor gees en liggaam verloor.
Dit is nie net belangrik om die gevoelens oor jou fisiese simptome uit te druk nie, maar dit is ook ewe belangrik om te praat oor hoe jy geestelik voel. As gevoelens van woede teenoor jouself opbou, manifisteer dit ook ekstern en kan jy selfs kwaad word vir diegene wat jy liefhet en voor omgee en jouself blameer en kritiseer.
Dit is so belangrik om maniere te vind om hierdie verskillende emosies wat jy op 'n daaglikse basis ervaar, te hanteer en verwerk.
Dit is uiters moeilik om kwesbaar te wees en ander te laat weet hoe jy voel, maar dit is so noodsaaklik tydens die hantering van 'n kroniese siekte. Brittany noem dat sy dit nuttig vind om haar emosies tydens terapie te verwerk en om dit te bespreek met haar ondersteuningsgroep.
"Toe ek jonger was, het ek nooit besef dat om jou emosies openlik te deel en jouself toe te laat om jou hart oop te maak oor wat jy regtig fisies en geestelik beleef, so verfrissend kon wees nie."
Deur jou fisiese en geestelike probleme te verbloem omdat jy gedwonge voel om braaf voor te kom, is meer skadelik vir jou hele gestel.
Deur te deel oor dit wat jou pla is reinigend en laat jou toe om meer beheer oor jou liggaam te kry. Sommige dae kan jy die simptome verwerk met 'n glimlag. Ander dae is daar troos in die wete dat jy kan en mag huil wanneer dit nodig is en dat jy jou woede en gevoelens van nederlaag openlik kan erken en uitdruk.
Herkenning van fisiese simptome en enige verandering in jou geestesgesondheid maak dit makliker om voort te gaan in die stryd teen 'n kroniese siektetoestand soos PH.
Bron:
https://pulmonaryhypertensionnews.com/2018/03/23/managing-ph-taught-me-vulnerability-is-courageous/