Die Afrikaanse Forum
Die Klaskamer => Taalhulp => Topic started by: PM on January 11, 2013, 02:14:18 PM
-
Ek plaas die skakel hier van waar hierdie inligting verkry is. http://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe
Vir die ouens wat beperkte toegang tot die internet het, plaas ek 'n kopie daarvan hier.
Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe, vroeër bekend as versterkte vorme, is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad. Intensiewe vorme word gebruik om 'n sin trefkrag te gee en die taal op te kikker. 'n Voorbeeld hiervan is brandarm, wat baie arm beteken. In Afrikaans word intensiewe vorme altyd vas (as een woord) geskryf, behalwe by wawyd oop, nugter wakker en alom bekend.
Voorbeelde
'n Paar voorbeelde van intensiewe:
af - morsaf
alleen - stokalleen, stoksielalleen, moedersielalleen, vingeralleen, doodalleen, sielalleen, stoksielsaligalleen, mensalleen, vroualleen, manalleen
arm - brandarm, doodarm
bang - dood(s)bang, vrekbang, skytbang (obseen)
bedaard - doodbedaard
bekend - alom bekend, doodbekend, wêreldbekend, wydbekend
bekommerd - doodbekommerd
benoud - doodbenoud
beroemd - wêreldberoemd
bitter - galbitter, alsembitter, aalwynbitter, alweebitter
blank - lelieblank, spieëlblank, sneeublank, silwerblank, pêrelblank
bleek - doodsbleek, wasbleek, fletsbleek [1]
blind - stokblind, stekelblind
blink - bottelblink, skitterblink, sweetblink (spiere)
blond - bottelblond[2], vlasblond [3]
blou - potblou, erdblou[4], baftablou, hemelsblou[5], blouselblou
bly - doodbly[6]
breed - hemelsbreed
bruin - grondbruin, bergbruin (water;stroom), modderbruin [7], vetbruin [8]
deur - dwarsdeur
diep - enkeldiep, kniediep (kniediep in die moeilikheid; kniediep voordag (douvoordag)), pensdiep, skouerdiep
dig - potdig
dik - trommeldik, knuppeldik
dom - aartsdom, eseldom
donker - pikdonker, stikdonker, nagdonker, oliedonker[9], skemerdonker[10]
dood - morsdood
doof - stokdoof, potdoof
dronk - smoordronk, stomdronk, stormdronk, papdronk, dikdronk, poepdronk (plat), horingdronk[11], duiseldronk, bibberdronk[12]
droog - kurkdroog, horingdroog, botdroog, tonteldroog
dun - plankdun, papierdun, flenterdun, ragdun
duur - peperduur, bitterduur
eerlik - doodeerlik
eenvoudig - doodeenvoudig
ellendig - doodellendig
ernstig - doodernstig
flou - stokflou, doodflou
fris - perdfris
fyn - haarfyn, ragfyn, piekfyn, flenterfyn
geduldig - doodgeduldig [13]
geel - goudgeel, kerriegeel, borriegeel, giggelgeel (skertsend)
gek - stapelgek
gelukkig - doodgelukkig, dolgelukkig, sielsgelukkig
gesond - blakend gesond, kerngesond[14]
gemaklik - doodgemaklik
gerus - houtgerus, perdgerus, doodgerus, houtpopgerus
gewoon - doodgewoon
gevaarlik - doodsgevaarlik
gevoelig - fyngevoelig[15]
glad - spieëlglad, seepglad, botterglad (tong), aalglad, ivoorglad, masjienglad, satynglad, roomglad[16]
goed - bittergoed, doodgoed
goedkoop - spotgoedkoop, doodgoedkoop
graag - dolgraag, bittergraag
groen - grasgroen, lowergroen, nylgroen [17]
groot - reusegroot, lewensgroot
grou - loodgrou
grys - loodgrys
hard - kliphard, ysterhard, keihard, keisteenhard, klipsteenhard, staalhard, steenhard, spykerhard, kwashard [18]
heet - brandheet, snikheet, stikheet, smoorheet, bloedheet
helder - glashelder, klokhelder, kristalhelder, jenewerhelder, knalhelder, silwerhelder, stroophelder [19], skreeuhelder (kleure)
honger - hondshonger, doodhonger, skreeuhonger, wolfshonger
hoog - hemelhoog, toringhoog, helhoog (in spreektaal gebruik)
jammer - doodjammer
jonk - bloedjonk, piepjonk
kaal - poedelnakendkaal [20] (kyk ook na naak)
klaar - klinkklaar
klein - piepklein, muisklein, voëltjieklein [21]
koel - komkommerkoel, doodkoel[22]
koud - yskoud
krom - hoepelkrom
kwaad - smoorkwaad, doodkwaad, booskwaad
lam - boeglam
lang - ellelange
lank - doodlank, lewenslank
leeg - dolleeg
lelik - skreeulelik, skreelelik, skulelik, hondlelik, foeilelik, blêrlelik, vreklelik[23]
lekker - smullekker, watertandlekker, vreklekker, vingerleklekker
lewendig - springlewendig
lig - veerlig
luiters - doodluiters [24]
maer - brandmaer, biltongmaer (informeel), doodmaer, seningmaer, vrekmaer
mak - hondmak, skaapmak[25], doodmak[26]
maklik - doodmaklik, spotmaklik
min - bloedmin
mislik - kotsmislik (plat)
moeg - doodmoeg, stokmoeg
mooi - beeldskoon, popmooi, prentjiemooi, wondermooi, beeldmooi, blinkmooi, feetjiemooi, poskaartmooi, sprokiesmooi, vrekmooi
naak (nakend) - poedelnaak (-nakend), spiernaak, splinternakend, moedernaak
nat - papnat, sopnat, waternat, papsopnat, watersopnat, druipnat
netjies - kraaknetjies
nodig - broodnodig, hoognodig
nugter - doodnugter
nuut - splinternuut, spiksplinternuut, winkelnuut, kraaknuut [27], blinknuut, gloednuut, vonkelnuut, pronknuwe
ongelukkig - sielsongelukkig, doodongelukkig
onnosel - kliponnosel, stomonnosel, domonnosel
onskuldig - doodonskuldig
oop - wawyd oop
oud - stokoud, horingoud, beenoud
orent - penorent
pienk - skelpienk [28] knalpienk, skokpienk, skreepienk, skreeupienk, uitkloppienk, felpienk
raak - doodraak - ('n hou doodraak slaan)
regop - penregop, kersregop, kiertsregop
reguit - pylreguit, penreguit, reëlreguit
rein - hemelrein, engelrein
rond - koeëlrond
rooi - bloedrooi, skarlakenrooi, tamatierooi [29], bitterrooi [30], oorlogrooi [31]
ryk - skatryk, bossiesryk, stinkryk, vrotryk
ryp - papryp, doodryp (vrugte)
saai - doodsaai (vervelend)
saf - papsaf
sag - papsag, doeksag/doeksaf, satynsag, troetelsag, murgsag, fluweelsagte (stem), katsag [32], engelsag [33]
seker - doodseker
sekuur - fynsekuur
siek - hondsiek, doodsiek[34]
sindelik - kraaksindelik
skaam - doodskaam
skeef - windskeef
skelm - jakkalsskelm
skerp - vlymskerp, elsskerp, haarskerp (van foto's gesê), rasperskerp
skoon - silwerskoon, wonderskoon, beeldskoon, kraakskoon, blinkskoon[35], kristalskoon [36]
skraal - rietskraal
slap - papslap
sleg - daggasleg, vreksleg, vrotsleg, kaksleg (obseen)
snaaks - skreeusnaaks, skreesnaaks
snel - blitssnel, bliksemsnel, pylsnel, rasendsnel
soet - suikersoet, stroopsoet
sout - pekelsout
stadig - doodstadig [37]
sterk - ystersterk, wondersterk, reusesterk, stormsterk (wind), oersterk
stil - doodstil, tjoepstil, botstil, stokstil, muisstil
styf - stokstyf, boomstyf (argaïes saam met liggaamsdele/ledemate gebruik), snaarstyf (draad, senuwees, spanning, situasie), kraanstyf [38]
suinig - vreksuinig, stiksuinig
suur - asynsuur
swaar - loodswaar
swak - kuikenswak, doodswak, hoenderswak
swart - pikswart, gitswart, pikgitswart, roetswart, koolswart
toe - bottoe, pottoe
taai - seningtaai, biltongtaai, hondstaai, karootaai (plant), rateltaai, rubbertaai
tevrede - doodtevrede
vaal - asvaal, muisvaal, roetvaal[39]
vars - neutvars, oondvars, kraakvars, kersvers (of kersvars), douvars, kekkelvars (informeel), tuinvars, seevars, stoomvars (gebak), lentevars (blomme, huis, voorkoms)
vas - rotsvas, doodvas, bankvas[40]
veilig - doodveilig
vererg - doodvererg
verlief - smoorverlief, doodverlief, dolverlief, malverlief [41]
vet - blinkvet, spekvet, moddervet
vinnig - blitsvinnig, helvinnig, kwikvinnig [42]
vol - stampvol, propvol, barstensvol, tjokvol, tjok-en-blok vol (informeel), boordensvol[43] (ongewoon), skepvol [44], windvol[45]
vreemd - wildvreemd, wondervreemd
vriendelik - katvriendelik
vrot - papvrot
vry - voëlvry, skotvry
wakker - nugter wakker, haaswakker
warm - vuurwarm, gloeiwarm, rooiwarm, skroeiwarm, smoorwarm, snikwarm, stikwarm, witwarm, wreedwarm, helwarm
weinig - bloedweinig, broodweinig
wit - spierwit, raapwit, melkwit, krytwit, sneeuwit, wolkwit [46], haelwit [47], meelwit [48]
wyd - wawyd, wêreldwyd
-
Laat hierdie intensiewes nou so 'n lekker glimlaggie om die mond:
dronk - smoordronk, stomdronk, stormdronk, papdronk, dikdronk, poepdronk (plat), horingdronk[11], duiseldronk, bibberdronk[12]
-
oortreffende trap
dronk - vloekdronk - heiligdronk - gesuip.
-
Ek ken ook 'n oortreffende trap:
Naar Pienaar Kotze :icon_biggrin:
:bootyshake:
-
Naar ; Pienaar ; Kotze ; Van Brakel
:mumum:
-
Jy is te slim vir jou "size" juffroutjie. Moet jy altyd een beter wees? :icon_biggrin:
-
Skuus Tannie PM maar dis oupa se skuld.
:mumum:
-
Ek dink ek moet vir Antie Stienie kry om op Oupa se saak te konsentreer. Dalk het dit tyd geword dat daar 'n ware boervrou in sy lewe kom om hom 'n bietjie in die bek te ruk.
-
So waar as waarder - was dit nou wragtag - die beste plan PM. :notworthy: Lief die plasing. Daar is klomp wat ek nie van geweet het!!
-
Toe kom Christinna met "onder die prop". Ek wonder of dit ook iewers kan inpas?
-
Oupa seg altoos as Ta so deur die groen verkyker gekyk het wil die grond voor hom nie stilstaan nie dan trap hy elke tweede tree sy eie voet mis.
:mumum:
-
Ja wat, vaaljapie is 'n gevaarlike ding.
Ek sien Oupa hou maar sy distansie ietwat op 'n afstand.
-
Oups is maar stil, hy se nie baie nie.
:mumum:
-
Dalk sien oupa die gevaar in van die spul rekkergetrektes :icon_biggrin:
-
Amper 22 000 keer gelees! Dit wil gedoen word nê! :icon_study:
-
Om by te voeg:
Lelik - Rondomleleik. Asprislelik, Skoonmalelik.
My skoonsuster is so lelik, as sy innie spieel kyk klap die spieel haar. (Ek dink dis omdat sy reg rondom die spieel staan.)
:icon_bigsmurf:
-
:toothy4: :notworthy:
-
Het dit iets te doen met gemiste episodes?
-
Net hier val ek helemal uit die bus :toothy4: ??
-
Ta Raaitjie, Dit is die groot skoonsuster van my wat soggens aan albei kante van die bed opstaan. Wanneer sy voor die TV verby loop mis ek drie episodes van 7de Laan. Ek wou 'n foto van haar plaas maar my kamara het nie genoeg pixels om haar te verewig nie. Sy het mates van 32 - 24 - 33 en dit is net haar linker been. Die poskantoor het vir haar haar eie poskode gegee. Die ander dag het ons by blouberg gaan swem. die volgende oggend tref 'n tsunamie Japan. Ons het ook vreeslik gesukkel om haar uit die water te kry want daar was 'n verliefde walvismannetjie wat haar nie wou laat gaan nie.
Sy koop haar klere by Rent a Tent.
:icon_bigsmurf:
-
:toothy4: Is jy nou by Raaitjie?
-
Hahahahahaha :headbang: ek is nou by dankie PM, Naas :toothy4:
-
Intensiewe vorm sal dus wees:
1 Episode
2 Episodes
3 Episodes
:love7:
-
Dis altyd snaak hoe teenoorgesteldes mekaar aantrek. My skoonsuster se man is so maer hy moet rondspring onder die stort om nat te word. Gebruik 'n kwart duim tuinslang vir 'n slaapsak. As hy voor 'n wit muur verby stap lyk hy soos 'n bewegende kraak. Soggens drink hy swart koffie sodat hy deur die dag 'n skadu kan gooi. Hy klop nooit aan die deur nie, gly sommer deur die sleutelgat. Ons gebruik sommer sy ou klere as skoenveters.
Maer - maerder - streep?
:icon_bigsmurf:
-
Hou so aan, jy is hard besig om my depressie te verlig. :icon_cheers:
-
My ouma het gese ek was net skin en bone en iets wat rym met 'alone' Dit was enigste drie Ingelse woorde wat sy geken het in alle gevalle.
-
Ek wil julle nou 'n storie vertel maar kan nie die engelse woord vir "tire" onthou nie.
:icon_bigsmurf:
-
tire soos moeg en in der dagen sat of tyre soos in buiteband?
-
Sien ek kan nie eers spel nie. Tyre soos in wielband.
:icon_bigsmurf:
-
Sluit aan by die klub! Ek kry ook sulke dowwe oomblikke, onthou jy? :icon_biggrin:
Nou kan jy die storie vertel?
-
Plek geboek :notworthy:
-
Dek weet nog nie wat die Engels vir Tyre is nie.
:icon_bigsmurf:
-
As dit iets te doen het met "mall of kintyre" dan is dit skots. :bootyshake:
-
Ek wil nou nie naar wees nie maar ek het vermoede daai tsunami wat jou skoonsus veroorsaak het, die Japanners leer skop en vang het :icon_biggrin:
-
En pypkan. Jong, 'n mens moet nooit iemand vertrou wat met stokkies eet nie.
:icon_bigsmurf:
-
Stem saam Naas. :notworthy:
-
the Scots would be quite agitated in learning their "mull" was converted into a "mall"
-
Baie nuwe woorde ontstaan as 'n verbuiging van bestaande woorde hetsy in dieselfde taal of uit 'n ander Taal.
Interrasant vir my is dat die Afrikaanssprekendes wat nie in SA woon nie (en dit sluit Ta Raaitjie in) lief is vir die taal en dit suiwer hoe. Ek kry 'n e-pos uit Windhoek om toestemming te gee dat my Woeste Willie stories oor Kanaal 7 uitgesaai word. Interresant vir my was dat die skrywer nie praat van 'n App soos ons na die spesialisprogramme op ons handfone verwys nie. Die regte Afrikaanse woord vir application is toepassing. In Engels verkort ons dit na App maar sy verkort eerder die Afr en praat van "toep" vir toepassing. Ek was so beindruk deur die liefde wat sy vir my taal het dat ek regtig sonder om twee keer te dink 'n honger pofadder sal borsvoed.
:icon_bigsmurf:
-
Dit is mos WONDERLIKE nuus Naas! Baie geluk en dankie vir pluimpie. Ek knibbel ook maar lekker oor die grensdraad hoor :icon_bigsmurf:
-
Raaitjie, ek het hierdie maniere van oor die besoekers se skouers te loer by jou geleer! Ha-ha. LOL
Jy moet die hele draad weer van vooraf lees om te kan verstaan hoe dwalend ons is. Van Intensiewe vorme of intensiewe adjektiewe tot by poepdronk!
-
En as ek nou nie vanmiddag weer gesondig het oor 'n gas se skouer nie, het ek jou plasing hier toetentaal en al gemis. Ons ken van kuier, laat daar nou nie twyfel bestaan nie al is dit soms maande/jare later :bootyshake:
-
En hierdie onderwerp raak nou aan 83 duisend maal gelees. Wie het gesê die forum is stil?
-
Darem dink ek nie 'n honger pofadder wat behoefte aan melk het sommer sal byt nie. :dontknow:
-
Oupa se altoos dat 'n slang pik voor hy vreet.
:mumum:
-
My "toep" is nou stil. Het ek die dierbaarste vriend gehad wat altyd gevra het: is jou kadoemsie tjoeps? Bedoelende, is jou magie vol? Hoe moet ek nou antwoord?
Ek dink nog steeds nie dit is raadsaam om 'n pofadder te voed nie, honger of nie honger nie!