Author Topic: Is jou Selfoon deel van...  (Read 3074 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Is jou Selfoon deel van...
« on: April 19, 2013, 07:04:29 PM »
... jou uitrusting?
... jou geselskap?
Jitte, ek is seker sommige mense se kenne gaan aan hulle borste vasgroei. Ek is hoogs ge-irriteerd as mense so vasgenael sit en kyk na hul selfoonskerm en knoppies druk asof niks anders bestaan nie. Selfs as hulle in gesprek is, is hul besig met hul vinger-oefeninge. Daardie bestuurder wat met een hand die sel vashou teen die oor en die ander EEN hand ratte verwissel, stuurwiel draai en weer ratte verwissel....  Nie eens die verkeersreels het 'n uitwerking op hierdie euwel nie.  En daardie handsfree gedoentetjie met die toutjie nog in die oor... Ag nee jinne, kom by.  
Uiters onbedagsaam.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #1 on: April 20, 2013, 01:16:48 AM »
Ek kan positief, negatief antwoord. Beslis nie deel van my uitrusting of leefwyse nie. Die Lockies sel kraai ons soggens wakker en agt saans herinner dit my om die 'smarties' te sluk. Kan skaars 'n sms stuur. Het darem al geleer om te reageer op ene, danksy Gawie se riglyne :icon_bigsmurf: Dit is waar wat jy skryf oor die irritasie van mense wat tydens geselsskap die kubervrinne se lyne en doenighede beskou. Dinsdagaand weer 'n gesin dopgehou. Vader, moeder (op selfoon) en drie volwasse kinders. Heel duidelik was dit die een of ander viering waaraan moederlief nie veel liefde of opwinding voor gevoel het nie. As sy die foon neergesit het, was die arms gevou en lyf dwars gedraai. Agterna vra ek vir Outop of hy ook gewonder het of sy perdalks 'n stiefmamma in die kring van vrolikes was?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #2 on: April 20, 2013, 05:50:23 PM »
Ek is 'n baie baie slegte selfoongebruiker.  Skryf nie sms nie, lees dit ook nie.  Stuur liewers vir my 'n e-possie.  Ek praat graag met my matertjies en skakel van tyd tot tyd om te hoor hoe gaan dit.  Die forum is my kuierplek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #3 on: April 20, 2013, 06:37:24 PM »
Gedog dis net ek wat nie met 'n selfoon kan werk.
My seun gee vir my 'n fancy ding, ek moet nou daardie ou Nokia weggooi. Maar ek weet nie hoe om die alarm te stel, so ek gebruik hom nie.
Die oue is goed genoeg, kan oproep ontvang, maak, sms en sms ontvang. Dis genoeg.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #4 on: April 20, 2013, 09:26:02 PM »
Dis nou  hier waar die ouderdom ten hemele roep!  Nee, ek wil nie nuwe goed leer nie!   Nee, ek is tevrede met ou tegnologie.  Los my en my ou goeters tog net  in vrede! Ek weet hoe dit werk en die bleddie goed verstaan my.  As jy 'n krisis met joune het, sorteer dit uit, maar om vredeswil, los my en my uit-die-oude-doos-goed uit, ons verstaan mekaar!    :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #5 on: April 21, 2013, 10:08:10 AM »
Nie een van ons in die familie is verskriklik goed met die onthou om ons selfone by ons te hou nie. Ons mis mekaar se oproepe gereeld, maar bygesê selfs as ek in 'n geselskap, onderhoud wat ook al is en 'n oproep van my een van my familielede kom deur, sal ek myself verskoon en dit antwoord en so lank praat as wat die persoon aan die anderkant wil. Ek het eenmaal a.g.v. reëls (ek was by die werk en om een of ander rede was ek daardie aand alleen aan diens behalwe vir die bestuurder wat agter in haar "kantoor" was en kon nie die toonbank verlaat nie) versuim om die oproepe van my ma te antwoord. Te bang vir moontlike raas, selfs al kon ek voel dat iets verskrikliks gebeur het.  Dit is die aand wat my pa dood is. Ek het laat die aand na my skof uitgevind d.m.v. 'n sms van 'n ander familielid wat sy simpatie betuig het. So ek steur myself nie meer aan die etiket wat selfone aanbetref nie.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #6 on: April 21, 2013, 07:42:29 PM »
O Jinne  :evil6:

Ek is baie lief vir my foontjie. Hy neem al my fototjies en notatjies en opnametjies....hy hou al my'se vriende naby my as my rekenaar te groot is om te dra.  :evil6:
Ek het nou nie een van daai toutjies goed nie, het dit saam gekry, maar verlore is hy nou.  :dontknow:

Ek sal nou nie in 'n gesprek bedrokke raak terwyl ek met iemand anders kuier nie, maar ek sal wel kyk en as dit nie kan wag nie, sal ek verskoning vra en gou antwoord.

So ja ek is een van die wat ander seker sal irriteer.  :evil6:   :dontknow:

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #7 on: April 21, 2013, 08:05:47 PM »
manlief se fountjie is meestal soek ... so vergete dat ons dit vanmiddag agter hom moes aanry want hy moet darem more by die spesjaliste my kontak om reelings te tref sou ek hom moet gaan haal of nie    :dontknow: 

ek antwoord net as dit dringend lyk wanneer ek in geselskap is, anders bel ek later terug ... sit gereeld my fountjie se klank af sodat dit nie steurend is nie. 

maar wanneer ons by sy kinders kuier en hulle sit heelaand en BB ? of watookal op hulle fone, gaan haal ek hierdie skoottoppie en kom kuier oral   :read2:   tot manlief se ergenis ... maar hoekom moet ek stom sit en wag vir druppelgeselskap   :coffee2: 

 :grommit: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Is jou Selfoon deel van...
« Reply #8 on: April 23, 2013, 07:57:05 AM »
O ek lief daardie woord Adéle.  druppelgeselskap 

Ek is oortuig daarvan dat nie een van ons hier ongeskik is nie.  Die probleem kom meestal in by mense wat in 'n gesprek sit en sy foon antwoord en land en sand aanmekaar klets oor onbenullighede waar ander moet stilbly sodat hy sy gesprek kan voer. 

Iets wat my nog grensloos frustreer is wanneer my dierbare ou wederhelf ons gesprek kort knip om sy foon te antwoord.  Dan kuier hy heerlik oor die foon en ek moet sit en luister.  Gewoonlik staan ek dan op en gaan aan met my werk.  Voel afgesny en uitgesluit. 
Om te weet is om te verstaan.