Naas, ek weet dit is nie eintlik die regte tyd om te antwoord nie want ek is al vol rooiwyn. (Ja skuus, ek moet eerlik wees met jou.) Ek hoor wat jy sê en ja, ek het simpatie met jou, maar nee, ek kan my nie daarmee vereenselwig nie.
Wat is fout met ons dat ons altyd, en ja ek beloel -altyd- na ander se behoeftes omsien en nooit, maar nooit, na ons eie behoeftes omsien nie? Wat maak die ander party so spesiaal dat hulle behoeftes voor ons behoefes gestel moet word? Hoekom is ek altyd die "mindere". Sê wie?
Wie het vir jou gesê dat jy jou eie pad geteer het? Is jy, of ek, of die volgende ou, nie maar net nog 'n slagoffer van sy omstandighede nie? Nee, ek glo nie, ons sit maar net terug en laat wat moet gebeur gebeur, en ons doen niks daaraan om dit te verander nie. Ons aanvaar dit as "destiniy" en ja, so sal dit wees, want ons laat dit toe.
Ek weet nie my liewe vriend, ek weet nie. Ek wonder maar net.
Angelica, wees verseker dat ek weet presies waarvan jy praat. Eensaamheid is nie vir "sissies" nie.