Woordskuur > Uit die ossewa se medisynetrommel

Raat vir aambeie

(1/3) > >>

PM:
Boererate
AAMBEIE
Ek dink altyd aan wyle Tolla van der Merwe as my aambeie my nou en dan pla , of as mense my bel met die noodkreet – help my asseblief, my aambeie maak my gek! Hy het vertel hy het die raat by n ou oom gekry – as jy n aambei het wat buite sit, vat n vuurhoutjie en brand die aambei. Die volgende dag, skud jy net die boksie vuurhoutjies hard, daar naby die aambei en hy sal homself terug-skrik en daarna te bang wees om weer sy gesig te wys! Nou ja, die mens wat al aambeie gehad het, sal vir jou se die laaste ding wat jy aan n aambei sal wil doen, is om dit te brand! Mens wil niks doen om n aambei kwaad te maak nie, want as hy kwaad is, kan jy nie sit nie, jy le swaar en jy voel heeltyd ongemaklik en jy raak naderhand bang om toilet toe te gaan.
Aambeie ontstaan as gevolg van swak bloedsomloop en hardlywigheid kan ook lei tot aambeie. Die emosionele oorsake van aambeie kan wees dat jy verwerp voel en n vrees vir sperdatums en n vrees vir n gebrek aan geld het. Woede oor dinge van die verlede en n vrees om te laat gaan ( to let go), kan ook veroorsaak dat jy sukkel met aambeie.Kaneelbol is die kruie wat help met bloedsomloop en dit help ook om die aarwande te versterk. Kruie werk nie so vinnig soos oor die toonbank medikasie nie, so dit help nie om Kaneelbol te begin gebruik as jy eers aambeie het nie. Dis altyd beter om kruie voorkomend te gebruik en met aambeie is dit veral waar. As jy geneig is tot aambeie, sal dit wys wees om Kaneelbol gereeld te gebruik, jy gebruik dit vir 3 maande, hou op vir 3 maande en gebruik dit weer vir 3. Die aambei-operasie is selde suksesvol en baie mense bel my met hartseer-stories van prosedures wat verkeerd gegaan het. Jy neem n teelepel Kaneelbol, sit dit in n glasbak, gooi n liter kookwater op, laat afkoel en gooi af in n glasbotte ( stukkies en al). Drink n kwart koppie 3 keer per dag. As die liter klaar is, wag 3 dae en maak dan weer n liter aan en drink dit so vir 3 maande.

Daar is ook salf wat n mens kan aanmaak en aansmeer as die aambeie al daar is.Neem n groot blik Samboksalf, smelt dit in n dubbelkoker, en as dit gemelt is, voeg n halwe botteltjie Haarlemensis by en 1 eetlepel Aluin-poeier. Smeer gereeld aan, buite, sowel as binne.
Neem n klein botteltjie Vaseline, smelt in dubbelkoker, saam met 1 blokkie Kamfer en n halwe botteltjie Haarlemensis. Smeer gereeld aan.
Mens moet ook jou liggaam dophou en probeer agterkom watter kosse wat jy eet, die aambeie laat “ blom” - ek weet vir my is tamaties, pynappel, koejawels en partykeer rissies problematies.


AAMBEI-SALF
1 potjie Vaseline

1 botteltjie Haarlemensis

Meng die 2 bestandele goed en smeer gereeld aan.
 

Meraai vannie Baai:
Met die lees van die netelige probleem kon ek nie help om 'n prentjie te sien nie, 'n boksie vuurhoutjies sal nooit weer dieselfde wees vir my nie.  :icon_biggrin: Sukkel self so wan en dan met die ongemaklikheid. Sal jou raad ongelukkig nie kan volg want hier by ons is daar geen kans om Lennons produkte aan te koop nie  :crybaby2:

My pa het geglo aan Vicks en Outop het al deep heat probeer  :angel4: :pottytrain2: :`ip2:

Naas:
Laat ek nou maar vir julle vertel wat ek met my moerbuie doen.
Dit vat so 'n week dan is hulle weg vir amper ewig.
Na elke stoelgang was jy die ongedierte met sterk oplossing van soutwater. Droog dit goed af en smeer sommer bietjie skoon fyn sout aan die ongediertetjie.
Na so vyf tot sewe dae is die klein blikskottel so dors dat hy afspring om water te drink wanneer jy op die toilet gaan sit. Dan spoel jy hom doodeenvoudig vinnig weg. Einde van die probleem.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Nou het ek weer my rekenaar en ons is hier by Gerhard waar daar opvangs is.  Mense, wat 'n gesukkel!

Ja-nee, ek weet nie van daai diepe hitte nie, dit klink nie vir my reg nie, tensy jy so vinnig weg vlieg dat die ongediertetjies net agterbly nie.  Ha-ha!

Naas, klink my jou raat is die beste. 

PM:
Hoe goed werk Lennons se produkte?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version