Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on May 06, 2011, 09:21:17 AM

Title: Adios
Post by: PM on May 06, 2011, 09:21:17 AM
Afgeëts teen die volmaan
Staan ‘n stil figuur
        -alleen-
op ‘n gitswart rots.
In ‘n waan van vrede
klots die branders rustig
daar ver benede.

Daar doer ônder,
bots en breek die waters
blink sproei  teen die maan.
Die man se gedagtes blyk
vêr daarvandaan.   

Sy oë op die horison
en sy hand op sy hart                 
staan hy roerloos daar
en ek wonder...
wat glip deur sy onthou,
of waarna hunker hy?

‘n Naguil roep...
afgeëts teen die volmaan,
‘n gitswart rots alleen
en in ‘n waan van vrede
klots die branders rustig
om hom heen.
Title: Re: Adios
Post by: Louis on May 24, 2011, 02:53:22 PM
ek hou  van hierdie gedig. hou van jou bree beskrywing van n treurige, maar gereelde gebeurtenis,met so min woorde en so baie impak
Title: Re: Adios
Post by: PM on May 24, 2011, 03:10:02 PM
Dankie Louis.  Jy is dierbaar om te lees en nog 'n komtaartjie ook te gee.   :hello2:  Skort daar iets, hoe kan ek verbeter.
Title: Re: Adios
Post by: Louis on May 24, 2011, 05:09:24 PM
ek dink dit is pragtig soos dit daar is.
Title: Re: Adios
Post by: PM on May 25, 2011, 10:18:13 AM
 :bootyshake:  Hoe waai ek my stertjie nou!   :icon_biggrin:   Dankie mater.