Digkuns > Digformules of -strukture

Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)

<< < (2/6) > >>

PM:
Hier's ek ook weer, uiteindelik! 
Raaitjie, help ook hier asseblief. Ek weet nie of dit ook kan werk nie. 

Ontberings

kort is vakansie
werk is lank
gewis pyn ons
eensaam en alleen
monde loop leeg
ons kerm en murmureer onophoudelik
op en af    af en op     wipplank ons
weer koud dan eers warm
water sonder krag dan krag sonder water
toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting
gewis pyn ons
werk is lank
kort is vakansie

Meraai vannie Baai:
Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word. Ons lees dus agteruit aan dieselfde reels waar woorde so geplaas is dat dit nog steeds sin maak. As ons die gedig van onder na bo lees tot by die middelpunt, moet dit presies dieselfde lees as van bo na onder tot by dieselfde punt.

Kom ons kyk na hierdie kort kringloop Haiku voorbeeld van Naas wat ek in die woordskuur bewaar het, kan jy sien waar sy gedig 'draai'om van regs na links te lees?

Politiek. Waar?
 
 Waar politiek is
 Lieg hulle en hulle lieg.
 Is politiek waar?
 ©

Ek kan nie presies agterkom waar jou gedig begin reflekteer nie mater, wat ek wil kan sien is dat jy die eerste drie verse weer herhaal in geheel onder, maar dit lees nog steeds van links na regs.

Kom ons nommer jou reels:

1 kort is vakansie
2 werk is lank
3 gewis pyn ons
4 monde loop leeg
5 ons kerm en murmureer onophoudelik
6 op en af   af en op    wipplank ons
7 weer koud dan eers warm

*hierdie reels sal almal agterste voor gelees kan word

*met die volgende reels het jy reeds die woorde omgedraai

8 water sonder krag dan krag sonder water
9 toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

*hier het jy weer die sinne in geheel net herhaal van onder na bo

3 gewis pyn ons
2 werk is lank
1 kort is vakansie

In samevatting: Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word.

Ek gaan gou my gedig vir jou weer vassit hier en nommer:

Liefdesriviere
 
1 Eindeloos ...
2 vloei liefdesriviere.
 
3 Dag na dag
4 en keer op keer,
5 onbewus teer ons.

6 Ek en jy
7 smagtend - vasgevang
8 Onvervuld ...
 
*** Nou moet die reels se woorde (nie letters nie net woorde) agteruit geplaas word
 
8 Onvervuld ...
7 vasgevang - smagtend
6 Jy en ek.
 
5 Ons teer onbewus,
4 keer op keer en
3 dag na dag.
 
2 Liefdesriviere vloei
1 eindeloos ...

Ons kan met leestekens die omgedraaide woorde duideliker laat uitstaan indien nodig na die reflekteerpunt.

Hoop dit maak die struktuur bietjie makliker vir jou?

Ah Willa:
Kaas oom Naas se politiek mooi in boek no 2!!!  WOW - hoekom kan ek nie so slim wees nie.

PM - hierdie challenge het my brein selle nou aan die gang hoor - dis nogal glad nie so maklik as wat dit lyk nie

Raaitjie dankie vir die verbetering op my poging ... ek het meer op die woorde as gevoel of leestekens gekonsentreer ..
ek gaan weer nog een probeer :-)

net dalk word ek so slim soos Naas :-)

Meraai vannie Baai:
Die weerkaatsde Kruis

 Ek kniel dankbaar
 -- Here my Here --
 Vergewe Vader Asseblief
 vra ek, verlore en gevlek, sondaar

 Golgota en Houtkruis - sinoniem - vasgespyker en deurboor was U
 Verag en verraai -  Onverdiend Doringkroon  - geslaan en gespoeg
 Dankbaar sondaarstem weerklink nou skoongewas

 Hallelujah Hallelujah
 -Ek is vry en gered-
 Hemels styg lofsang

***************
 
 Lofsang styg hemels
 -Gered en vry is ek-
 Hallelujah Hallelujah
 
 Skoongewas nou weerklink sondaarstem dankbaar
 Gespoeg en geslaan -  Doringkroon Onverdiend - verraai en verag
 U was deurboor en vasgespyker - sinoniem - Houtkruis en Golgota

 sondaar, gevlek en verlore, ek vra
 Asseblief Vader Vergewe
 -- Here my Here --
 Dankbaar kniel ek
 
© Meraai vannie baai

VARIASIE: HIER IS 'N VOORBEELD AS ONS REELS IN GEHEEL LAAT REFLEKTEER:
Hier draai my gedig by 'kan' wat eers uitroepteken, dan vraagteken word.

Spieëlbeeld van die groot K
 
 Kan een siekte soveel leed bring?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan dit die dood roep?
 Kanker se angels
 K die groot K
 Kan !?
 K die groot K
 Kanker se angels
 Kan dit die dood roep?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte soveel leed bring?
 
© Meraai vannie baai

PM:
Dit is 'n pragtige gedig Raaitjie.  Tien uit tien vir jou!
Baie dankie vir jou inset, ek sal terugkeer na die skryftafel sodra ek 'n kansie het.  Pak eers vandag en trek.  Ons het nou genoeg gehad. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version