Bak en brou > Sop

Moeder se maalvleis sop

(1/3) > >>

Terry:
Hello almal

Net toe dit lyk of die somer hier is, toe kom die reen en koue en gee ons perfekte weer vir 'n lekker pot sop.

Vandat ek 'n klein dogtertjie was het my ma vir ons hierdie sop gemaak en dit bly by ver my gunsteling.  Dis so 'n maklike resep en vra nie baie bestanddele nie.  Hoop julle sal ook daarvan hou.

Terry

Bestanddele:

500g Maalvleis
1 Pakkie spek, in repies gesny
2 Medium uie, gekap
2 Blikkies 'baked beans' in tamatie sous
2 Pakkies beesstert soppoeier
1 Eetlepel Worchester sous
Sout en peper na smaak

Metode:

Braai die spek tot gaar en sit dan gekapte uie by.  Braai vir 'n verdere 10 minute of tot uie sag is.
Sit maalvleis by spek en uie en braai tot gaar.
Hier kan jy solank sout en peper bysit na smaak.
Sit albei blikke 'baked beans' met hulle sous by die vleis.
Maak die pakkies sop aan met 2 liter water en gooi by alles in die pot.
Roer sodat alles lekker gemeng is en laat stadig kook vir so 30 minute.
Haal van die hitte af en laat staan vir 15 minute, sit dan ook jou worchester sous by.

Bedien op met 'n lekker knoffel en kaas gebakte broodjie (sommer maklik om self te maak).

Broodjie:

Jy kan jou eie deeg maak, of koop sommer die klaar gemaakte deeg by enige winkel.
Rol die deeg tot so 2cm dik en smeer dan met olyfolie. 
Verspei vars gesnyde knoffel stukkies bo-op die deeg.
Rasper baie, baie kaas bo-op en sit in die oond vir so 30 minute teen 180 grade. 
Bedien die broodjie warm met botter en 'n lekker groot bak sop.

EN....

Geniet!

(Ongelukkig het ek nie 'n foto van die sop of broodjie nie, maar gaan dit vanaand maak en dan sal ek fotos laai..)

PM:
Jy is 'n ou doring Terry.  Werklik net die regte tyd om hierdie gereg te maak.  Vanaand eet ons sop en gebakte kaas-knoffel-broodjies. 
Dit is nooit vir my 'n kwessie om kos te maak nie, ek moet net weet wat.  Baie dankie.

Meraai vannie Baai:
O njammmmie. Plek geboek vir fototjies hoor Terry  :notworthy:

Fransi:
Dit klink heerlik!

PM:
Ek het gisteraand hierdie sop gemaak.  Dit is 'n wenner.  Gelukkig is daar nog vir vandag die heel dag en vanaand. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version