Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on July 19, 2011, 07:20:49 PM

Title: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 19, 2011, 07:20:49 PM
Dit is al laat al en die rooiwyn het al gepraat al,  maar ek wil net graag vir my mensies sê, ek lief julle 'n hond uit 'n bos uit!

Hartlik dankie aan almal wat so hard saam met my werk om my droom te verwesenlik!  Ek werk al vyf jaar aan hierdie boek en nou lê dit in my skoot!  Dankie aan ieder en elk wat deel hiervan wil wees.  Ek lief julle!  Dankie vir julle bydraes.  Ek weet dat dit 'n boek sal wees waarop ons trots kan wees! Ons gaan betaal dat ons bars, maar dit sal elke sent die moeite werd wees!  Ek lief julle!   :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2011, 11:36:19 PM
Dit wat sonder moeite in ons skoot val, word nie waardeer nie. SO dankbaar jy is ons  :book1: maatjie en hierdie boek gaan beslis   :notworthy: wees!

 :love7: jou stikkint.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 20, 2011, 07:17:17 AM
Dankie vir die vertroue Raaitjie.  Die kunswerk wat tot nou toe ingekom het is asemrowend mooi!   :bootyshake: Sodra Stof aankom sal ek vir hom vra of ons nie sommer een van sy voorbeelde kan plaas nie, sodat julle kan sien waarmee ons besig is.  Ek wens ek kon hom permanent hier hou om saam te werk!   :wave:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2011, 07:19:18 AM
My plek is GABOEK!!!!  :hello2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Lox on July 20, 2011, 07:30:16 AM
ek wil jou iewers in die dag bel oor die boek
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 20, 2011, 07:33:08 AM
Jy is welkom Lox.  Ek wag in spanning!   :toothy4:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 25, 2011, 07:33:27 PM
Jammer ouens,  ek het julle sleg afgeskeep.  Was vandag by die drukkers ('n briefie sal binnekort in julle e-possies beland) en toe kry ek die nuus, my meisiekind is in die hospitaal.  Ons kom nou van daar af en wag nog om te hoor wat die tannie spesialis te sê het nadat sy die "scan" gelees het en wag vir nog 'n opinie.
Ek sal julle e-posse antwoord sou gou moontlik. 
Ons het die 250 bladsye-merk oorgesteek.  Ek sal ook by die boekbespreking 'n aankondiging maak,  maar die sluitingstyd om bladsye te bespreek is die einde van Julie.  Baie dankie aan julle almal wat dit reeds gedoen het. 
Nou gaan ek eers gou kosmaak. 
 :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: adele on July 25, 2011, 10:16:28 PM
ons wag op jou en stuur tonne sterkte, vriendin.    :love7: 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on July 25, 2011, 10:59:56 PM
♥♥Dink aan jou matertjie. Sterkte en drukkie vir Meisiekind!!♥♥
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 26, 2011, 02:57:47 AM
Dankie julle, ek kan nie wag dat die dag breek om nuus te kry nie.  Hulle het aanvanklik gesê dit is nierstene, maar daar is nog iets.  Ons sal maar net moet wag!   :dontknow:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on July 26, 2011, 06:43:56 AM
En daar is NIKS erger as om te wag in onsekerheid. Drukkie vir jou PM  :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 26, 2011, 08:03:35 AM
Dankie Raaitjie.  Jy is dierbaar.   :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 28, 2011, 11:45:33 PM
Ai ekke is sorrie om te hoor van jou meisiekind PM

en ek is opgewonde om te hoor van die wonderlike boek hehe

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 29, 2011, 04:22:47 AM
Goeie more Chichi.  Ek sien dit is al jou derde possie,  maar ek sê sommer hier welkom by die forum.  Meisiekind word vandag ontslaan, dit gaan sommer baie beter. 
Ek het vir jou 'n plekkie geskep by "kom skryf saam".    Teen R5.00 per gedig en R10.00 per 1000 woorde kan jy jou werk daar plaas.  Jy het tyd tot die einde van Julie om jou spasie in die boek te bespreek teen R50.00 per bladsy.  Die bankbesonderhede is onder "algemene sake".  Daar is ook 'n "boekvoorlegging" waar jy meer kan lees.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 29, 2011, 05:51:56 PM
Baie dankie vir die verwelkoming!!!  En dankie vir die uitnodiging maar ek gaan dit ongelukkig van die hand wys, ek is 'n baie baie swak skrywer.  Ek beeld maar die gevoelentjies en dinge in teken en so aan uit.

Ek is bly om te hoor van jou meisiekind  :icon_biggrin:

 :toothy4:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Naas on July 29, 2011, 07:31:27 PM
Ek sal graag van daai teken en so aan wil sien. Laat weet asb waar ek kan gaan kyk. Ek teken en so aan ook so bietjie as ek kansie kry






 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 29, 2011, 08:45:05 PM
klein bitjie self bewus... maar sal seker 'n prentjie hier kan opsit....

 :icon_salut:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 30, 2011, 09:01:55 AM
Hier lees ek sommer die antwoord.  Ons sal graag wil sien wat jy teken of is dit skilder?  Moenie selfbewus wees nie, ons is maar elkeen kunstenaars in ons eie reg.  Ek kan nie eers twee reguit lyne langs mekaar trek nie, maar is mal oor enige kunsvorm.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Naas on July 30, 2011, 12:55:51 PM
Ai toggie PM  :sign10: Reguit lyne langs mekaar is klaar gedoen. Ons noem dit spoorlyne. Dus jy die onreguit lyne wat deurmekaarloop wat ons soek as kuns.
Vista djy nou?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 30, 2011, 03:50:53 PM
Ek vista gou as meneer laaaaank viduidelik.   :read2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 30, 2011, 04:51:41 PM
Pm hoe maak jy dan 'n 11???

 :icon_scratch:  :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 31, 2011, 05:37:18 AM
Nee, moenie my somme vra nie,  dit is na spelling my swakste vak.   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 31, 2011, 08:13:25 AM
Ek weet sommer jy praat nou nonsens. hehe

nommers is maklik, taal is afskuwelik ingewikeld..... sien.

 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 31, 2011, 09:28:57 AM
Ek het altyd my wiskunde op skool gepluk.  Ek weet nie hoe nie,  het altyd die antwoord geken,  kon net nooit weet hoe ek daarby uitgekom het nie.  2 uit 10!   :icon_biggrin:

Taal is iets wat 'n mens kan aanleer as jy genoeg belangstel daarin.  Dit is net leerwerk.  Met herhaling kry 'n ou enigiets reg.  Die meeste foute hier op die forum is tikfoute.  Die "preview" skakel hieronder laat jou toe om jou werk bokant die venstertjie te lees voordat jy die "post" knoppie druk.  Ek lees dit gewoonlik oor en oor en dan sien ek later dat 'n "fingerfoutjie" tog maar deurgeglip het. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 31, 2011, 10:10:22 AM
Ek is meer 'n wiskunde, chemie, fisika mensie.... doen baie goed in daardie dinge.

En ek ken "post" en "preview" knoppies, is al lank deel van die rekenaar wêreld!  My programmering is ook nogal op standaard  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:

So ek kan dit seker gebruik....  :tongue3:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 31, 2011, 01:48:54 PM
Skuus jong,  wou net strooi praat.   :icon_biggrin:  Ek is gladnie rekenaargeletterd nie.  Ek weet wel hoe om 'n pap ossewawiel op te pomp.   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 31, 2011, 02:06:54 PM
Nee wat, dink ek was 'n baie klein dogtertjie die laaste keer toe ek 'n ossewa gesien het, en ek is baie seker die wiele is uit hout gemaak so het nie 'n clue waarvan jy praat nie... hehe  :icon_scratch: lyk my dit gaan gereeld gebeur  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Lox on July 31, 2011, 04:17:04 PM
ek weet nou nie van die ossewa se wiele pomp nie maar weet darem hoe om die aste te ghries en die wa oor te stoot en die ander 2 aste te ghries en dan weet die wiele vas te maak.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on July 31, 2011, 04:26:46 PM
Ek weet dat osse 'n ossewa sleep

 :happy4: :happy4: :icon_geek:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on August 22, 2011, 12:59:07 PM
Ag nee, ek wil net graag sê, ek het net lekker begin lees, gesels en kiekies kyk toe is dit klaar!  Ek weet almal werk hard maar ek mis julle!!!!!!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on August 22, 2011, 06:57:37 PM
hehe as hierdie vir my geld ingebring het het ek dit heeldag gesit en doen PM!!! hehe
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on August 23, 2011, 05:20:03 AM
Dit kan nogal verslawend raak.  Hierdie jaar is 'n vreeslike besige jaar.  Die ouens kry min tyd om te kuier.  Tog glo ek dit sal binnekort beter raak. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on August 23, 2011, 04:07:34 PM
Maar dit is mos goed as die mense besig is!!! dit bedoel dat watookal aangaan in hul lewens dat dinge gebeur! hehe

Toema PM ek sal maar elke daggie vir jou kom hallo se..... as ek 'n kansie kry haha
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on August 23, 2011, 05:00:34 PM
Dankie Chichi.  Ek is beslis verslaaf aan julle geselskap.   :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 08, 2011, 07:41:42 AM
Goeie more!   :hello2:

Is dit by julle ook so 'n pragtige, vars, sonskyn oggend?
Dit is so lekker om weer al die deure en vensters oop te maak om die vars lug in te nooi.  Ek is so viskikkik drankbaar dat die lente hier is.  Binne 'n week hang al die klimoppe se takke vol pers en pienk blommetjies en die lentegroen- blaartjies steek orals hul koppies uit.

♫♪  DIS  HEERLIKE  LENTE  ♫♪  DIE  WINTER'S  VERBY ♫♪

 :love7:

 :bootyshake:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on September 08, 2011, 08:01:57 AM
Ek en skoonsus gesels nou net oor die wonder van lente ... ek sing kliphard saam met jou mater  :hello2: Ekke lieffffff die geure en kleure wat nou orals kom vermaak  :toothy4:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on September 08, 2011, 11:10:55 AM
Ek wil net graag sê! .... dit reen, dis nat, dis grys! Ek sit by die werk, dis koud,dis donker, in 'n stoor, waar mens nie eers 'n lente blommetjie kan optoor nie. Geniet julle lekker weer, hoop onsin is agter die verdomde koueband! maar ek lief julle  :love7:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 08, 2011, 11:25:33 AM
Ai Trappies, ek verlang so na julle ek skink sommer vir my 'n ou rooietjie.   :crybaby2:
Dit is dan blommetyd daar by julle, maar alles is mos toe as dit so reën.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 21, 2011, 03:11:05 PM
Ek wil net sê, ek is "frekken" moeg Frikkie.  Nadat ek weer voor begin het trek ek nou by bladsy 30. 
Nou het ek gou 'n bietjie kom kuier maar almal is reeds weg en hier sit ek alleen.   :crybaby2:

Wat het tog van al my maatjies geword?   :crybaby2:

Hoe moet ek nou voel?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on September 21, 2011, 05:19:04 PM
hier is maar vir jou 'n drukkie PM.... *drukkie*
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 22, 2011, 05:53:51 AM
Ja, my pa het altyd gesê:  My kind, die lewe gaan aan.  Jy wen soms en jy verloor soms.  Moenie op die klip gaan sit en huil nie, die lewe sal net by jou verbygaan. 

Hier is vir jou ook 'n drukkie, dankie Chichi.  ((((((((((((drukkie))))))))))))  (Nog een vir die snoesige baadjie)
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on September 22, 2011, 04:40:55 PM
sjoe my bersie lyk al mooi hoor! jy moet voel hoe lekker slapies mens as jy in hom toegevou is!  :icon_biggrin: :icon_biggrin:

My pa se, mens moet verloor om sterk genoeg te wees om te kan wen!

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 23, 2011, 07:43:42 AM
Dit is werklik die waarheid.  'n Mens kan nie die lekker regtig geniet voordat jy nie die sleg geproe het nie.

My meisiekind het 5 jaar gelede begin gholf speel.  Sy het twee jaar gelede haar eerste knievervanging gehad en nie lank daarna nie die tweede een.  April hierdie jaar het sy Emirates kampieonskappe gewen en ook derde ge-eindig by Zwartkop.  Van deursettingsvermoë kan niemand haar niks leer nie. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on September 26, 2011, 03:05:35 AM
 :bootyshake: :icon_salut: :notworthy: :love7: Baie baie geluk!!!

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 26, 2011, 06:25:08 AM
Ek het al dikwels gewonder of dit ingebore is en of 'n mens dit aanleer.  Dit is nou goeie kwaliteite waarvan ek praat.
Ons het gister 'n bespreking gehad oor 'n ouer wat vir sy kind 'n bestuurslisensie koop, in stede daarvan om die kind aan te spoor om sy eie mylpale te bereik en ook sodoende 'n selfbeeld en selfversekering te bou.  Hoe kan 'n ouer vir 'n kind leer dat dit reg is om teen die wet op te tree.  Wat se toekoms gaan daardie kind hê?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on September 26, 2011, 03:39:57 PM
Ek wil net graag sê...ek leef nog  :icon_biggrin: die aarde het ontaard in 'n warrelwind wat tol bo 'n gat vol lëe beloftes... :dontknow: Ek het lanklaas 'n oog hier gegooi so...skaam skaam loer ek om die hoek  :hiding: en sê maar net ek is nog hier..   :hello:    :love7:
 :angel12:

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Chichi on September 26, 2011, 03:45:47 PM
hello, dit was mooi gese!!  :angel7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 26, 2011, 04:27:12 PM
Ek wil net graag sê, dit is baie lekker om jou weer raak te lees.  Hoop almal se dinge raak gou uitgesorteer sodat ons weer rustig kan kuier.    :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 09, 2011, 08:39:30 PM
Ek wil net graag sê, ek dink my lewe sal binnekort terugkeer na normaal.  Ek is so jammer dat niemand my eers gemis het nie!   :icon_biggrin:
Ouens, ek is so lus vir skryf, maar ek dink ek het verleer hoe!
Wie gooi iets uit om 'n armsalige skrywer soos ek te inspireer?

Ons het baie om te doen.  Waar begin ons om die boek bekend te stel en waar begin ons met die digkompetisie?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Marion on November 10, 2011, 12:30:38 PM
En ik maar denken dat mijn bezoek wel tot inspiratie zouden leiden........... Wij hebben over zoveel gesproken dat als jij over alles gaat schrijven er veel wijze lessen op schrift komen!
Jij bent zo veelzijdig dat je wel weer van alles uit je mouw schudt.

Lieffies!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 10, 2011, 12:47:27 PM
Marion, dit is so lekker om jou hier te hê om saam te gesels.  My kop is so vol prentjies en lettertjies, ek moet dit nou eers 'n bietjie leeg maak om plek te maak vir nuwe skrywes.   :icon_biggrin:

Nou sal ek ook my "boekhouding" in orde moet kry.

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 11, 2011, 02:26:15 PM
Ek wil net graag sê, ek was by Peter's Papers om proefpapier te gaan haal, bank toe en P&P toe, nou voel ek soos 'n leeglêer!   :icon_biggrin:  Om alles te bekroon gaan ek nou by my meisiekind kuier.   :icon_biggrin:

Julle is lekker stil nê?  Is dit die stilte voor die storm?  Ek mis julle.   :love7:

Dankie vir die spoortjies gelos Trappies.  Hou van daai taal wat jy so gooi!   :hello2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 12, 2011, 08:45:35 PM
Ek wil net graag sê, ek is lief vir julle almal maar ek gaan nou slaap. Miskien gaan een van julle more met my saam gesels. 
Lekker slaap!
PM
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on November 14, 2011, 11:15:13 AM
Lekker glimlaggies ek nou, dis nou nie more nie PM maar Maandag, hier by my. Dan eerder laat as nooit 'n boodskap los nie.
Ek weet nou nie van 'n storm nie, alhoewel ek dink iemand het vergeet om die kant van die land te laat weet dat SOMER eindlik hier is. Want dit lyk soos winter, tjank sommer  :crybaby2:

Kan nie wag vir die naweek nie, (niks ongewoon nie  :icon_biggrin:) ons gaan bietjie berge toe, loop en prag is my voorland. Minouchka se tassie is ook gepak en sy weet dit nog net nie, maar sy ry saam, Winterberge toe.  :hello2:

Okay laat ek verder lees.
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 14, 2011, 11:34:48 AM
Ai, jy maak my skoon jantjie!  Ek hoop jy vat jou pen en papier saam en kom met 'n  mooi voorbeeld van die volgende gedigstruktuur terug.   :hello2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 21, 2011, 06:32:54 AM
Hier by ons reën dit heerlik sag en deurdringend.  Van die boere moes al hulle oeste omploeg en oor plant.  Ek hoop regtig hulle kry ook 'n lekker deurdringende reëntjie. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on November 21, 2011, 07:20:40 PM
Wil ook maar net byvoeg, hier by ons innie Kaap het dit ook heerlik sag gereen laasnag. Vandag wou die son skyn en dan weer nie.
Vanaand is koel, maar ons kla nie.
Dit was warm Saterdag. Blykbaar baie.
Ons het gebraai in Robertson/Bonnievale.
Toe ons deur die tonnel aan die Kaapse kant uitkom, is dit heerlik koel. 
Maandag is alweer verby en die week is besig om te draf.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 22, 2011, 07:04:49 AM
Manlief sal oor twee dae by die huis wees.  Ek kan nie glo die tyd het so gesnel nie.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Fransi on November 22, 2011, 12:29:22 PM
 :hello:

Ook hallo en jammer dat ek nou eers weer inloer. Slegte/hartseer week en naweek gehad. Ons was die naweek Kaap toe vir my een oupa se begrafnis en nou het my ander ouma OOK geval. Voel maar emosioneel en "off-centre"

PM ek is bly jou manlief is amper weer tuis en dankbaar vir al die lieflike reën. Die rose blom sommer weer 'n keer. :-)
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 22, 2011, 01:04:24 PM
Aag ek is jammer om dit te hoor Fransi.  Sterkte my ou matertjie, ons sal aan jou dink hoor.

Die weer steek alweer swart hier op.  Solank ons net nie weer so 'n magtige haelstorm kry nie kan dit maar reën.  Ons het dit nodig en ook vir die rose om weer te blom!   :toothy4:

Ja, manlief begin nou verlang.   :icon_biggrin:  Hy bel sommer!   :icon_biggrin: Dan sê hy so saggies:  Ek is lief vir jou.   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on November 22, 2011, 08:27:08 PM
Ai, dit maak my hart sommer so week... manlief wat na al die jare nog se hy is lief vir jou. Sweet verby.
Dit is dinge soos hierdie wat alles die moeite werd maak.
Jammer om te hoor van al die hartseer, Fransi.  Dink aan jou.

Het by La Romantica in Durbanville gaan eet.  Wat 'n fees om ordentlike kos met ordentlike diens te kry. 
Die ribbetjie is so sag, jy vat die been met die duim en wysvinger aan die bopunt en gee so 'n draaitjie en dit glip sommer uit die vleis. 
Die aartappel wiggies is krakerig buite en roomsag binne.  Hoe doen hulle dit?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on November 23, 2011, 08:07:16 AM
Waar is die roomspinasie?    :angel3:
My seun kook die aartappelwiggies tot halfgaar, verf olie oor en bak dit in die oond totdat dit lekker krakerig is.  Hy sweer daarby om dit in koue water te begin kook.  Seg hy, dan word die aartappel van binne sag.    Die ribbetjies word ook eers in die stoompot gaargemaak en dan in die oond gedruk.  Deesdae koop 'n mens ook mos die ribbetjies, klaar gekook, moet net 'n rukkie gebak word.  Lekker kos was nog nooit sleg nie.  :angel4:
Deesdae, by restaurante, kan 'n mens nie kla oor die diens nie, want daar is nie diens nie.   :icon_biggrin: 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Fransi on November 30, 2011, 10:00:16 AM
 :hello:

Dankie PM en Angelica,

Dit klink heerlik!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on November 30, 2011, 11:57:34 AM
Het gisteraand vir die eerste keer aartappelwiggies gemaak, o het my mense my skeef aan gekyk. Nee dit gaan nie werk nie of jy moet dit eerder so maak. EK het net hulle gelos en gemaak. Nou ja, was hulle nou tevrede of was hulle nou gelukkig tevrede. Hulle was mal daaroor. Ek sal dit weer maak.
PM ek het hom ook eers gekook soos jouse seun.
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 01, 2011, 06:23:36 AM
Ek vlieg sommer Kaap toe en kom proe!   :icon_biggrin:

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Naas on December 01, 2011, 08:41:37 AM
En ek word nie genooi nie???

PM moenie beloftes maak nie. Klim oppie vliegtuig en kom.




 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 01, 2011, 09:03:40 AM
Ag, ek wens ek kon.  Die boek gee my nog steeds nagmerries.  Wag nog steeds vir die buiteblad.  'n Ander se genade is mos 'n helse genade. 


Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 04, 2011, 11:04:43 PM
Ek wil net graag sê!  Baie dankie aan almal wat so lekker saam gesels.  Dit voel vir my asof ek weer tuis is! Al my vriende saam onder een dak!  Wat meer kan ek vra!
Ek lief julle stinkend!  Drankbare ekke!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on December 05, 2011, 05:32:44 AM
En ons lief jou.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 05, 2011, 07:49:25 AM
Jy maak my dag Ellé.   :hello2:   :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 07:51:28 AM
Lox, ek wil net graag sê,  sterkte vir julle.  Dankie ook vir die ondersteuning wat julle aan julle ouers bied.  Ons hou duime vas dat alles vinnig beter sal gaan.   :wave:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 06, 2011, 12:16:36 PM
Ek wil net graag sê, ek gaan nie Negatief wees nie, maar magtig kan die jaar nou sy twee weke van werk nie nou ook onder sy gat skop nie.
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 12:20:24 PM
Gaan julle met vakansie Trappies?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 06, 2011, 12:39:03 PM
O ja, ons gaan Bonnievale toe vir 7 dae en dan Beaverlac toe vir (hangaf van hoe warm die plek is)  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 01:32:13 PM
Ag lekker!  Ons wil ook 'n mobiele huisie koop.  Verblyf raak nou so duur, ons kan dit net nie bekostig nie. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 06, 2011, 01:58:47 PM
Ja, dis waar. Maar die goeie plekke is ook maar duur. Ons gaan op iemand se plaas bly. Dis iemand wat my Beste ken, se familie se plek. Daar is nie regtig staan plekke nie, ek dink 3, wat hulle dan verhuur. Minouchka mag saam  :hello2:. So dis net ons 3tjies wat dan gaan. O salig.
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 02:12:30 PM
O ja, dit kan vir my ook werk!  Die stilte en rustigheid kan net 'n ou se siel voed.   :hello2:

Ons sal maar rustig by die huis verkeer.  Hannes se spanne werk, dus sal hy ook maar moet werk.
Ons hou in elk geval van vakansiehou as daar nie so 'n gedrom van mense is nie.  Die vorige keer wat ons by die wildtuin was, was oor 'n langnaweek.  Wat 'n fout! 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 06, 2011, 02:21:48 PM
Ja hou ook nie van so 'n geraas nie. Moet se Beaverlac self is pragtig en die plek is groot die mense rustig en dis gewoonlik (elkekeer as ons daar was) stil. Ek moet weg anders raak ek gek.
Beplan met ons groep volgende jaar Namibia te doen oor Desember (oi dit gaan vrek warm wees) maar hulle doen dit net vir my. Ek is die enigste swaap wat nie deur die jaar kan af kry nie. So die beplanning is ons is 8 groot mense, om 'n bussie te kry en dan met dit af of is dit nou op te ry.  :dontknow:
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 02:46:56 PM
Seker maar op en af.     :icon_biggrin:  :bootyshake:

Ons sal beslis by julle moet kom kersopsteek vir "caravaning".  Het dit so lank laas gedoen.  Ek weet darem net nie of ek in een sal kan bly vir altyd en altyd nie. 
Weet ook dat dit 'n groot gepakkery sal uitskakel.  Haak net en ry.  Alles is mos klaar gepak.  :icon_biggrin:
Hoe dit met die tentopslanery sal gaan is iets anders wat ek nog moet sien.   :icon_biggrin:

Julle ken seker al die modelle en weet wat is die beste om te koop.  Het jy raad?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 06, 2011, 03:01:16 PM
Modelle en goete kan ek jou nie help nie. Beste is seker wat vir jou pas. Grote en sak. Myne is nie eers 'n SA een nie. Kom ingevoer van Duitsland. Deur sit aan die anderkant. Hoe dit ookal sy. Ek sal myne nie sommer inruil vir 'n ander een nie. Hy is reg vir ons.
Tent opslaan. Ons tent slaan geweldig maklik op, twee van ons kan dit vinnig doen. Maar vat nou Kobus sin, eish, nee dankie daai dink is moeilik. Ag en so raak elke ou maar seker gewoond aan sy skilpad.

Pakkery, probeer altyd meeste goed in los. Net goed wat kan afgaan haal ons uit. Verder is dit amper hak en ry.  :icon_biggrin:
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 06, 2011, 03:25:25 PM
Ons het na 'n model gekyk waar die wasbak en stoof buite aan die kant van die skilpad sit. 
"Skilpad"  hê-hê!
Dit het 'n eilandbed maar is ook maar piepklein.  Ons kyk maar nog.  Die parkeerplek is darem nou gereed, nou kan ons koop.  Kyk ook maar na 'n klein ligte tweedehandse enetjie. 
 :dontknow:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 07, 2011, 08:29:25 AM
 :hello2: O dis lekker. Ek dink regtig as jy die regte model sien, sal jy weet. Dan is die een vir jou. Net 'n groot waarskuwing. Se nie almal is so nie. As jy kyk na 'n tweede handse een, klop aan alles en loer in die kaste vir enige teken vir droe vrot. (Skuus ek kan nie die teken's maak hier nie. Bly my afgooi.)As hy eers gelek het is die kanse goed vir vrot.
Myne het 'n klein wasbakkie en 'n klein 3 plaatstofie ingebou, jy het hom mos gesien? Ek het tot 'n toilet in.  :evil6:

 :angel12:

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 07, 2011, 09:10:58 AM
Ja, julle het 'n goeie kopie gekoop.  Die een wat ons gesien het, het ook 'n toilet in.  Gebruik 'n mens dit ooit?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 07, 2011, 09:45:09 AM
O ja myne word goed gebruik. Veral in die nag. Soms is die ablusie  :pottytrain5: bietjie ver, en ek wil of voel nie altyd so veilig om alleen te loop nie. Ons gebruik hom natuurlik net vir nommer 1. Want ons moet hom skoon maak. Of laat ek dit eerder so skryf, die beter een van die twee moet hom altyd skoon maak.... :evil6:
 :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 07, 2011, 02:30:11 PM
Ek weet nou nie of dit slu of slim is nie.   :icon_biggrin: 

Daar kom  mos chemikalie in.  Is dit duur?  Hoe werk dit?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 07, 2011, 03:16:50 PM
Ja, daar kom goed in. Dis maklik. Die  :pottytrain5: het twee dele of myne inelkgeval het. Bo gooi jy baie water in iets soos 10 of 15 liters. Met sy chemikaliee. Dan by die onderste een gooi jy so wat 1 liter wat in en my sy chemikaliee. Die boonste een is net vir lekker ruik en die onderste een is vir oplossings doeleindes en kieme dink ek.

Ek geniet dit baie, jy weet hoe ek voel oor ander mense se badkamers. So ek verkies my eie goed eerder. Maar as ons 'n lang ruk staan gebruik ek hom net in die nag. Myne is nie so groot nie. Dan sou dit beteken dat die beter ekke hom sal moet skoon maak terwyl ons met vakansie is en dit kan ook nie te lekker wees nie.

 :evil6: :evil6: :evil6: :evil6: :evil6: Ek sien dit al  :evil6: :evil6: :evil6: :evil6:

Daar is deesdae sulke lekker kamp goed dat die wat nou nie so wild is nie kan hulle plekkie regtig 5 ster maak.

Eish verkoop ek nou hier vir julle vakansies en kamp goed, ek soek juis werk, dink ek moet dit probeer... :icon_biggrin: :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 07, 2011, 03:56:38 PM
Dit is goed so, dalk kan jy dit op 'n tydelike basis doen, laat almal van jou hoor.  Julle beweeg mos tussen 'n klomp skilpaters rond.   :icon_biggrin:

Die alliminium potte verkoop baie goed.  Dit is duur, maar lekker lig en brand nie aan nie. 

Eish, as ek net dink dat ons weer voor moet begin, dan knyp ek al my oge toe. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 12, 2011, 09:03:58 PM
Ouens, baie dankie aan almal wat die forum so op en wakker gehou het die laaste tyd.
My liggie is flou en ek is pootuit!  Ek belowe, more kuier ek weer 'n hond uit 'n bos uit. 
Lief julle stukkend en slaap lekker!  Tot more!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 13, 2011, 09:29:21 PM
Dit lyk vir my asof almal hulle sê gesê het.  Dit was heerlik om saam met julle te kuier en die aand is lank nie meer 'n embrio nie.   :icon_biggrin:  (Altans nie vir 'n ouvrou soos     ek nie.  :icon_biggrin: Ek was darem al hier van half vier vanoggend af!

Soos julle al seker afgelei het, het ons betrokke geraak by ons buurtwag.  Mense, dit is 'n ander storie.  Laasnag het ons vyf inbrake in ons straat gehad.  Ons is so hiper paraat, as die vissies in die visdam poep is ons wakker.  Dan pla die muskiete ook nog!

Lekker slaap en weet dat ek lief is vir julle elkeen!   :love7:


Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on December 14, 2011, 05:22:33 AM
Dankie vir jou liefde PM,  dit is een van die dinge waarvan ons absoluut op kan staat maak.
Liewe land... vyf inbrake in een nag in een straat?
Het dit alles tegelyk gebeur of is dit dieselfde klomp skriminkels wat smash 'n grab?
Is die ouens aangekeer?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 14, 2011, 07:06:58 AM
Jip Ellé, nie een van hulle het met iets weggekom nie.  Die oomblik as 'n noodsein oor die radio deurkom dan word die paaie afgeblok. 

Die radio gee vir ons 'n geweldige gevoel van sekuriteit.  Jy druk net 'n knoppie en praat en daar is twintig voertuie in jou onmiddellike omgewing wat jou te hulp snel.  Die ideaal sou wees as elke persoon in die straat 'n radio kan hê. 
Al die sekuriteitsfirmas, wat natuurlik gewapen is, asook die polisie is op dieselfde golflengte, dus is die gereg nie te ver nie.

Ongelukkig is daar twee dae gelede, in die dag, by 'n huis hier onder ingebreek, die twee vrouens en 'n jong seun is geskiet.  Hulle twee is kretiek in die hospitaal en die seun is breindood verklaar.  Die galok by die ongalok is dat die boosdoeners nie weg gekom het nie. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 15, 2011, 05:09:45 PM
Ek wil net graag iets sê, ek is vreeslik emosioneel en as ek vir myself kyk dan tjank ek. 
As ek hoor julle wil saam kuier dan tjank ek, want ek kan nie daar wees nie.
Dink julle dit het iets met boeke druk en bindwerk te doen?
Dit is mos nie volmaan nie?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Fransi on December 19, 2011, 09:33:01 AM
 :hello:

Miskien is dit omdat al die spanning van die boeke uiteindelik amper oor en verby is en nou tree die reaksie in? Drukkie vir jou!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 19, 2011, 10:07:52 AM
Baie dankie.  Hierdie holkol op my maag knaag nog aan my.  My se mamma het altyd gesê:  Beloftes maak skuld en die wat daarop wag word gekul. 
Ek het dit deeglik ervaar die laaste ruk.  Daardie ander gesegde van: 'n Ander se genade is 'n helse genade - het ook deeglik by my gespook. 
Gesegdes is een van daardie dinge waar 'n mens verstaan wat dit beteken, maar ai, ervaring is die beste leermeester.  Nou, na die ervaring, begryp 'n mens dit deeglik!   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on December 27, 2011, 04:35:38 PM
Ek wil net graag se! Ek is weer terug van 'n week op 'n plaas, o was dit lekker. Niks behalwe vrek warm weer en die Breede rivier. Geswem, geslaap, geeet, en o ja het ek gese gerus. Nou terug en dadelik aan die werk. Liefie verf en bou en breek en ek maak skoon ons kry Nederlanders, en familie later. Die Nederlanders huur by ons vir hul vakansie so alles moet reg wees. Hulle ken ons Familie daar, wil nie he hul moet kan storie oor die see of is dit nou Afrika aan dra nie.  :evil6:

So ek loer hier, sal iets laat hoor so nu en dan wanneer ek kan. Anders moet julle geniet wat julle doen.

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 28, 2011, 04:10:13 PM
Ag ek is bly julle is veilig terug.  Ons het jou gemis. 
My stokkie vang nie hier op nie, toe is Adéle so gaaf om haar stokkie vir my te leen.   :love7:

Laat weet wat jy van die boek dink hoor.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on December 28, 2011, 05:02:40 PM
Moes vanoggend ingaan kantoor toe om voorraad uit te stuur.  My wekie verlof is in die middel geknak hierdeur, maar ongelukke vra mos nie om te gebeur nie, dit gebeur en virusse en slange byt en vreet wanneer jy dit die minste verwag. (My werk is vir my baie belangrik. Dit is my behoud).
Groote Schuur en Tygerberg is nie hospitale wat hul deure toemaak vir 'n week nie.  In fact, geen hospitaal is ooit toe nie.
So ek was daar vir 'n paar uur sodat die koeriers die 632 bokse kon kom oplaai en gaan aflaai waar dit nodig is.
Ek maak toe sommer my inbox skoon van e-posse en doen 'n bietjie werk.
Louis skakel, hy wil sy boek kom haal. Ek is by die kantoor, se ek.  Dan kom hy sommer daarheen en kollekteer prentjies en afdrukke en dinge wat hy dalk kan gebruik vir sketse ens ens ens.
Kom ons gaan eet iets ek is honger, se ek. En drink koffie ook, se ek. Gisteraand was jy mos morbied en depressed. Toe dink ek dat hy 180 grade sal omkeer as hy sy boek sien en dan net depressed en morbied wees.  Weird ou.  As julle met hom gesels sal julle sien dat hy eintlik sane is.
So eet ons toe maar 'n ietsie en raak aan die gesels. Waaroor?  Niks anders as die Maja's nie. Hierdie man het 'n kennis wat skrik vir niks. Ek praat nou van Louis.
Dankie Lewies, was 'n aangename paar uur.

.


Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Louis on December 28, 2011, 07:32:20 PM
Hey!!!  ssssshhhhht!!! moettie al jou geheime verklap nie
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Louis on December 28, 2011, 07:39:02 PM
O ja.. en net vir die wis en die onwis - dit is nie maja die by nie
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on December 30, 2011, 03:20:44 PM
Ek wil net graag se:
Die verlof moet nou klaarkry. Ek gee te veel geld uit as ek heeldag so in die sentrums rondhang.
Mens wil ook nou nie heeldag op jou bank le en lees nie...  ook nie krieket kyk nie.  Geen kommentaar daaroor.
Miskien as ek op 'n jag was erens langs die Franse Riviera, ja, dan het ek gese bring it on. 
Maar as jy vir 'n week of so op 'n jag in die Middelandse See rondvaar, het jy nie nodig om te werk nie, ne.

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on December 30, 2011, 03:26:05 PM
Ag, waar was ons!  Een van die dae reel ons 'n lekker byeenkoms, almal saam!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on January 01, 2012, 04:54:22 PM
Wil net graag se:
Ek sit altyd saans my selfoon af as ek gaan slaap.  Ek slaap sleg en as ek wakker gemaak word, slaap ek nie weer nie.  Maak nou nie saak watter uur van die nag dit is.  Die bank is baie skuldig hieraan.
Met koffie sit ek die rekenaar aan ek gaan lees my FB en stuur wense aan my familie.
Na 'n oggend stappie maak ek ontbyt en gaan lees weer my FB.....   my kinders het gisteraand verloof geraak moet ek sien.   :hello2:
Ek voel bietjie treurig dat ek nie daarvan vertel is nie.  :crybaby2:  Miskien voel ek net so bietjie uitgesluit?
My seun skakel... het Ma my sms gekry gisteraand, want jy was nie beskikbaar op jou foon.
Jammer, seun, jy wou my al gisteraand vertel en ek het gedink....
Hierdie ma sal seker maar bietjie bedroef raak. Hy is haar enigste.  :love7:
Gelukkig het hulle die mal idee om te immigreer uit hul koppe gesit.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on January 01, 2012, 08:42:11 PM
Geluk Engel, jammer dat jy so gevoel het, gelukkig is dit gou reggestel.  :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Naas on January 01, 2012, 09:23:27 PM
Geluk van my kant af ook Engeltjie. Jammer jy was nie deel van die oomblik nie maar hoop die verbintenis sal groot plesier en vreugde verskaf.



Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 02, 2012, 07:44:30 AM
Hartlik geluk ook aan hulle Ellé.  Hy het seker op die kop middernag daardie ring aan haar vinger gesit.  Die beste nuus is dat hulle "tuis" bly.  Dit is aaklig om kinders in die buiteland te hê.  As dit nog jou enigste is is dit nog erger. 
Daardie gevoel van "uitgesluit" is sekerlik die slegste gevoel wat ek kan beleef.  So bly dit was nie die bedoeling nie.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Janie on January 13, 2012, 08:03:37 AM
Nou het die droom waar geword en ek sê net weer en nog 'n keer.  Dit is 'n pragtige boek en werklik baie goedkoop.  Hie-hie, ek bedoel nie soos in "goedkoop" nie, net uitstekende waarde vir geld.  Baie geluk aan almal wat deel is daarvan.  Ek stel voor dat julle nou nog 'n boek skryf. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on January 24, 2012, 09:06:57 AM
Ek wil net graag sê, ek is nog hier rond, seker bietjie skaars. Voel of die dae net nie genoeg ure het nie. Dan raak mens nog moeg ook, ai dis nou 'n probleem die moeg word storie. As ek nie nodig gehad het vir slaap nie sou dinge soveel makliker gewees het.  :evil6:
Het die "oulike" ouditeure hier by die werk. Vrek elkekeer as hulle hier is dan dink ek, sjoe hulle is nie baie "bright" nie wil eskom nie hulle liggies aanskakel nie. EISH!
Gelukkig die naweek kamp ons weer met Wegsleep. Het die nodig, tussen al die dorings is daar altyd 'n roos wat helder glimlag en 'n oogknip.
So met al die gebabbel wou ek eindlik net sê ek is lief julle, en loer so nu en dan hier in.

Chao.

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 24, 2012, 05:44:47 PM
Dit was nou heerlik om van jou te hoor. As ons weer gesels is dit "face to face".  :icon_biggrin:
Geniet die naweek. Jy verdien dit.
 :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2012, 12:04:27 AM
Oe gaan geniet Trappies! Lief jou woord: Wegsleep. Ons gaan ook weer die naweek onse wieletjieshuis hak en smaak my julle Wegsleep gaan saam  :icon_biggrin:

*jy was die slagoffer van 007 vandag  :notworthy: :icon_salut: :book1:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on January 25, 2012, 08:56:43 AM
Ta-Meraai, Wegsleep is nie my woord nie. Dis 'n boek. Deel van 'n ander boek genoem WEG. Ons het 'n kampforum onder Wegsleep ook, dan reel hulle gewoonlik 'n kamp en ons wat deel is van Wegsleepforum, gaan kamp almal saam. Ja, maar ek stem dis 'n lekker woord.  :toothy4:

PM, kan nie wag nie. Daar het nou so baie dinge verander tuis. Kan nie wag om jou alles te vertel nie.  :hello2: :hello2: :hello2:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2012, 09:13:05 AM
Oe blommetjie, nou verstaan ek 100 persent  :toothy4: Het in alle gevalle jou gegapsde woorde gaan virewig: http://afrikaanseforum.co.za/smf/index.php?PHPSESSID=b2904f9d60cd5b32ff34ad7a82e3bceb&topic=1380.msg7601#new
 :icon_salut: :hello2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 25, 2012, 10:07:22 AM
Baie oulik gedoen Raaitjie. 
Ek merk dat daardie bladsy waarvan jy die skakel geplaas het, van bo na onder lees.  By my profielblad het ek die funksie verander om van onder na bo te lees.  Met ander woorde, sodra ek 'n bladsy op die forum oopmaak, staan die laaste plasing heel bo, dan hoef ek nie van bo af te rol tot onder nie.  Dit is vir my makliker.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on January 25, 2012, 11:00:23 AM
Eish... ek gaan probeer. Soos jy verstaan ek mooi vinnig as jy laaank beduie  :icon_bigsmurf: :notworthy:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 25, 2012, 12:44:25 PM
Jy klik op "Profile"
gaan na "look and layout"
merk die blokkie "most resent at top"
en
Bob's your uncle.   :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on January 26, 2012, 01:07:39 AM
Hahahahaah, ek bulder onvroulik. Wou kom getuig ek het nuwe familielid- Bob's my uncle en ek weet laaste geskriffies was op bladsy 8. En ek soeeeeek, en soeeeek. Gone. Weg.  :icon_bigsmurf: Toe onthou ek dat ek nou net bladgeskud het met oom Bob  :toothy4:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 26, 2012, 04:59:35 AM
 :sign10: 

Nou gaan ons ry.  As ek langs die pad 'n tydjie en opvangs het kom kuier ek weer. 
Vrydagaand sal ons in die Kaap wees.
Lief julle en ek gaan julle mis.
 :love7:
 :bootyshake:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on January 27, 2012, 09:56:07 PM
En dit is nou Vrydagaand en ons is veilig in die Kaap!
Met al die padverleggings het ons drie ure langer op die pad spandeer as wat ons beplan het, maar ons is darem veilig hier!
Ek gee Hannes se selfoonnommer vir almal wat wil kom kuier en ons adres wil hê.
Hannes:  082 892 6391
Ouens, ons is lus vir kuier!
Slaat daai lyntjie, ons wag vir julle!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on February 18, 2012, 03:28:41 AM
Ek wil net graag sê, dit is vandag ons 22ste dag in die Kaap en ons het nog nie 'n dag sonder vriende gehad nie.  Maandag gaan ons terug en dit voel soos 'n langnaweek wat ons in die Kaap spandeer het. 
Wat ek eintlik wou sê is dat ek so vol energie is na gisteraand se  boekbekendstelling, dat ek nie aan die slaap kan kom nie en hier sit ek soos Naas en gesels met myself!
Eish!
Dit was egter 'n wonderlike tyd, maar dit is ook soos Ouma Naas sê, ons dae is getel!
Dit het tyd geword om afskeid te neem.   :crybaby2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on February 18, 2012, 05:09:27 AM
Ek wil ook net graag kom sê:  Julle ROCK (ala kaboutertaal vir fantabalooooslik) ... gaan nie saam afskeid neem nie want ek moes al te veel kere in my lewe groet, ek weet mos julle gaan almal weer hier kom spore trap op onse erfie. Tot dan - reis veilig geliefdes, dankie vir ons vriendskap en die vreugde om julle my sielematers te mag noem. PM ekke nooi nou jou nou, vir so ietsie wat klap en borrel  :hello2: jy het dit reggekry: 'n Droom is bewaar  :book1: :notworthy: :icon_salut: :pottytrain2:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on February 18, 2012, 09:51:30 AM
Tjorts Raaitjie, laat hy val waar hy wil, maar al die regte plekkies warm maak!  :icon_biggrin:

Elle sê ook, ons sien mekaar "agter die skerms". 

Dit is so Raaitjie, maar sonder julle sou dit net nie kon gebeur nie. 
Glip hier 'n smaailtjie tussen die trane uit:  :pottytrain2:
 :notworthy:   :bootyshake:  :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on February 19, 2012, 06:32:17 AM
Julle name is huishoudelik diekant van die aardbol  :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on February 19, 2012, 09:14:10 PM
Ek wil net graag sê,  dit is kwart voor nege  en ek leun hier oor die reling van die 12de verdieping, Venus soen die see en ek soen my vriende.  Die stadsliggies flikker en wuif totsiens, maar my hart huil, want om te groet is die moeilikste van alles. 
Andrew en Trappies is nou net hier uit...  vroeër het ons vir Naas en Ouma gegroet.  Ons het die roete van vader Cloete gedoen, alles geleen en gesteel weer terug geneem  :icon_biggrin: en hier kom Hannes en "krap my rug" en streel oor my hare.  Hy weet dit is nie maklik vir my nie. 
Net hier neem ek 'n besluit.  Die lewe is so kort.  As ek nie 'n plan maak om gereeld vir my vriende te kom kuier nie, is ek die een wat die armste sal wees. 
Ouens, ek wil so graag hê dat julle hier in die Kaap moet hande vat en mekaar ondersteun, mekaar dra, (en hier kom Hannes en hy soen-soen my teen my slape en krap-krap deur my hare) ek belowe dat ek met julle volgende byeenkoms hier sal wees om dit met julle te deel.  Reel dit en laat my weet!  Ek sal hier wees!
Julle moet een ding verstaan! Ons is 'n familie.  Ons verstaan  mekaar en ons dra mekaar.  Ons het 'n kringetjie, 'n sirkeltjie wat soveel plek het om te groei en groter te word.  Vat hande, lief mekaar, want almal van ons het 'n behoefte aan liefde.
 
Praat weer later...
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on March 27, 2012, 08:07:58 AM
Naas, ek wil net graag sê, ek wil jou ruil vir ses bladsye in boek 2 vir ses groot kerse met jassies aan. Presies soos daai wat jy vir my gegee het vir my verjaarsdag.  Dit is so pragtig dat almal my present wil hê!
As dit moontlik is (laat weet maar as ek moet inbetaal) dan sal ek 'n plan maak om dit by jou te kry wanneer ons terug is van Botswana af.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on April 08, 2012, 12:46:45 PM
Ek moet eintlik hierdie hoekie die "solo-hoekie" noem, ek praat te lekker met myself!  :evil6:

Ek wil net sê.  Die laaste paar dae het dit rustig gegaan hier in die bos.  Almal is weg vir die langnaweek en 'n speldpunt lek in die transformator, het verhoed dat ons ook kon huistoe gaan.  Dit word met gas onder druk gehou totdat die sweiser dit kan kom herstel. 
Kort-kort het ek meneer sien sit met ons boek.  Die pragtige kommentaar van sy kant af is dat ons werklik trots kan wees op ons boek.  Hy seg dit is regtig, egtig 'n mooi boek.
"Dit is 'n pragtige nalatingskap aan julle geliefdes."
Dit was treffend!  :notworthy:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on April 08, 2012, 08:45:54 PM
Lekker om net weer herinner te word hoe 'n pragstuk ons bewerk het.
Darem lekker.
Se vir Hannes baie dankie.  Maar natuurlik gaan meeste krediet na sy spogvrou. 
Hoeveel slapies nog voor julle huistoe kom?

Jy moet weet, die mense het gaan KKNK en die ander is padaf.  Anner sit by die huis en loer kort-kort hier.
Ons mis julle ook, vriendin.
Groete vir Hannes.
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on April 09, 2012, 01:52:36 AM
Eish! Ons gaan dit weer doen Elsabé.  Noudat almal die boek se konsep verstaan kan julle baie help om dit hierdie keer presies dieselfde, maar baie anders te maak.  :icon_biggrin:
Sulke tye soos hierdie, wanneer jy eintlik tussen jou familie moet wees, besef ek net weereens hoeveel Hannes vir my beteken.  Hy kan soms so uit die bloute 'n droë aanmerking maak wat my kliphard laat lag, dan weer ander tye iets kwytraak wat die wind uit my seile neem.   :love7:

Hoor ook van die "soveel duisend moters per uur" op die paaie en dink aan die strande wat tot oorlopens toe vol is.  Sou dit nou nie die ideale tyd gewees het om rustig by die huis te bly en kwaliteit tyd met jou geliefdes te spandeer nie?  Op te krul met 'n boek en net lekker laat te slaap nie?   

Een ding wat ek beslis weet is dat ek nie weet wanneer ek my waar sal bevind nie.  Nie solank as wat Manlief vir Powertech werk nie. 
Ons is al tien dae hier en is agt dae agter met die projek!  :icon_biggrin: Vandag (nee gister) was dit ernstig warm hier en ons het juis onder die "lapa" gesit en wonder of dit
Woensdag gaan reën.  :icon_biggrin: (Die span kom eers Dinsdag terug.)
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Naas on April 09, 2012, 08:34:27 AM
Hannes sal maar gewoond moet raak aan Afrika tempo... 0 tot 60 dae in drie jaar.

Ek hoor Malawi se eerste minister is dood aan 'n hartaanval maar hulle het dit nog nie agtergekom nie.
Malawi het 'n energie krisis. Geen petrol, geen gas, geen elektrisiteit. Hulle moes die minister se lyk buiteloand toe stuur want agv die energiekrisis is die lykshuise buite werking.
Gelukkig het julle darem nog die dasiese in Bosswanna



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: adele on April 09, 2012, 09:11:52 AM
hie hie, en ons is ook amper daar, ek weet regtig nie wat ons nog aan die gang hou nie, dis seker die baaaie groot voorsprong wat ons opgebou het voor die tsunami van disfunksionaliteit ons bereik het.

geniet elke dag, lief vriendin, ons Vader is gelukkig oral en as ek nie meer weet wat om te doen nie, gesels ek net met Hom. Gister... ja ek wil dit tog deel al skiet my oge weer vol trane, het ek iemand sover gekry om te gaan inloer, daar by 'n broer....want ons moes my seun gaan groet en ''toe-val-lig'' bly hy nou daar naby [omdat hy nie werk het nie en biki saam  met maats rondval]
onvrede en woede en hartseer het hulle 'n paar jaar uitmekaar gehou...en ek kan hom nie dwing nie maar het tog geskimp en met 'n lewensgroot padbord deur satan voor hom waarop in sierletters geskryf is  ''NEE'' was gebed my toevlug...en toe ons daar stilhou het trane satan se hele teenwoordigheid weggespoel. ai, ja ...toemaar, julle sal verstaan.

 :grommit:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on April 09, 2012, 02:11:30 PM
Oe Naas, Hannes kan al eiers kook!  :icon_biggrin:  Hy sal dit nooooit gewoond raak nie, maar geniet nogtans jou 0-60.

Hulle sê ook hier op die nuus dat in dele van Zimbabwe sit hulle tot 18 ure sonder krag, drie keer per week.  Zim skuld oor die $22 Miljoen aan Mosambiek vir krag gelewer, nou het hulle die lewering gestaak.  Mugabe skuld ook 'n paar miljoen, want hy verstaan nie hoekom hy moet krag betaal nie!  :icon_biggrin:

Ons raak elke dag 'n bietjie beter ingerig. Vandag bou ons 'n muisbosskerm.  :icon_biggrin:
 Die voëltjies gee vir ons baie plesier en die stilte van die bos is om oor huis toe te skryf! 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 17, 2012, 09:22:28 PM
Ai Adelé, ek lees weer jou bydrae en ek omvou soveel dinge wat jy hier sê!
Nou ja toe, julle weet almal dat ek nou nie die ideale Christen is nie, maar ek betrap myself gedurig dat ek ook "gesprek" voer.  Al het AB my gewaarsku dat ek nie in die slaggat moet trap van "wat het ek verkeerd gedoen dat hierdie hel my moes tref nie"! 
Flip flippie, waar is die dae toe ons 'n "muisbosskerm" gebou het?  Toe het ons nog gekla met 'n witbrood onder elke arm!   :toothy4: Laat dit vir jou 'n les wees Pieternella! Nou bou jy 'n muisbosskerm in  jou eie agterplaas!  :icon_biggrin:  Die vogeltjies sing hier beter as daar!
Wanneer is dit weer volmaan?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Ah Willa on July 19, 2012, 12:35:37 PM
PM wat is 'n ideale Christen??  Ek weet nie.

Ek weet net, daar is mense wat claim to be Christens, maar nooit vir Christus leer ken nie.  Dan doen hulle baie skade in Sy Naam.

Geen een van God se kinders is volmaak nie, anders het ons met vlerke saam die Engele rondgevlieg - hulle is reeds volmaak.
Ons het almal foute en sondes (party van ons net meer as ander van hier rond - ek is maar erg vol sondes)

God sit nie daar Bo in die Hemel en watch wanneer wie wat verkeerd doen sodat Hy ons met 'n bliksemstraal kan tref of ons huise kan oorvloed met storm watters nie.
Ons lewe wel in 'n sondige-siek-wereld waar dinge ons tref en met ons gebeur.  God laat dit wel toe, want Hy voorsien die krag wat ons nodig het, maar Hy slat ons nie omdat ons stout was nie.

God is liefde en genade

selfs vir ou sleg sondaar soos ek - my lewe is 'n bewys daarvan!

lekker daggie

Willa
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on July 30, 2012, 02:35:48 PM
Hier loop ek so tussen die die blaaie van verlange se gange. Weet ek was laas, lank gelede, hier in die donker boek van stilte. Lees ek so hier en daar. Met 'n laggie en 'n traan wat nu en dan op my wang sigbaar raak. Weet ek weer hier is baie liefde tussen die stille donker mure.

Sal weer kom loer.  :wave:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on July 30, 2012, 04:50:20 PM
Ek mis jou as jy nie hier is nie Trappies.  Ek is ook maar skaars, sukkel my alie af om pryse te kry vir alles.  Dit is 'n grootse werk.  Ons is nou so te sê deur al die kwotasies.  Ons sal die privaatheid en die stilte baie waardeer. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on September 14, 2012, 04:21:35 AM
Hierdie bydrae van Trappies laat my baie dink.  Sy was beslis in 'n "skrywers stemming" toe sy dit geskryf het.  Waarheid bly staan, hier is baie liefde en omgee. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2012, 04:51:42 AM
Kan ek maar my AMEN hier kom neersit tussen Trappies se liefdevolle blaaie van die donker boek van stilte?
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on March 16, 2013, 07:55:17 PM
Ek wil net graag sê, ons kuier by "oudste" en dit is die lekkerste bederfie uit en uit. 
Ons moes al na ontbyt gery het, maar die uitnodiging het gestrek vir die volgende week, toe besluit ons om nog 'n naggie te bly. 
Dit is die lekkerste kuier uit en uit.  Ons is ontspanne en vol rooiwyn en wil net graag 'n glasie op julle klink. 
Ek lief julle!  Tjorts!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: AB on March 17, 2013, 06:06:32 PM
gesond, tjorts, prost, laat hy val waar hy wil en geniet dit.

een van die dae kom die kinders ook weer nuuskierig uit die uiniverseit uit om te kom voel hoe slaap hulle nuwe kamers en beddens ( wat 2 de hands is)
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on March 17, 2013, 08:45:51 PM
Giggel ek lekker, dankie AB.   :love7:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on March 18, 2013, 07:01:57 AM
Ek lief kuier! AB laat weet wat die kinders alles vertel hoor en neem sneppies van die vrolike gekuier. PM ek sit saam in die vrolike kringetjie in die gees. Hier is my glasie ...vul maar op sebliefie!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on March 18, 2013, 09:08:12 PM
 :toothy4:
Lekker om weer hier in te loer.

Ek wil net graag se. So lekker gekuier met PMpie en Hannes. Kon nie glo hulle mos so gou al weer terug gaan.

 :angel12:
Title: Help
Post by: PM on March 18, 2013, 11:17:14 PM
Ag Trappies, ek wens ons kon nog 'n daggie of wat oorbly.  Ek het jou manlief en kinders so gemis, sou wat wou gee om nog oor te bly. 

Vanaand het ek 'n geweldige gemoedsbeskokking.  Vir party mense het die a-klanke mos 'n ernstige skop in die ribbes.  Soos my welaf tante, haar man was mos 'n mynkaptein, gesê het, as haar kindrs kak gesê het was hulle by die a-klanke,  as my ma se kinders so laag gedaal het was dit 'n ernstige oortreding.  Sies!  Aan die anderkant van die treinspoor!   

Nou gaan hierdie beskokking oor 'n netelige sakie.  Ek is mos nou lelik gebore.  My fffflippen hel.  'n Mens sou sweer dat ek 'n inset in die saak gehad het.  Ek het mos nou nie gehelp om myself te maak nie! Iemand het die lelike eendjie en liewe heksie met mekaar verwar!   Die een so lelik soos die ander!

Nou moet ons Hannes se "afskuitspartytjie" gaan fier!  Word ek aangesê om my hare te laat doen, my bakkies te laat verf, my naels te laat doen,  (toonnaels ook so by my kool)  en 'n uitrusting te gaan koop!
Wie het nou waar die klits kwyt geraak!   Kyk hier liewe broers en susters, of julle laaik my of julle laaik my nie.   As ons liewe Heretjie wou gehad het ek  moes 'n skildery gewees het het Hy  my iewers opgehang en my Mona Lisa genoem.   No go!
Ek weet julle het al van daai mooi Afrikaanse uitdrukking gehoor!  Al dra 'n aap 'n goue ring, hy bly maar
'n lelike ding! 
Nee wat, ek sal liewers saam met Joe by Jack se kaie gaan pap en rooierige wors eet.  Hierdie ge-aansittery is nie vir my nie.  Help asseblief, ek is in die moeilikheid!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Meraai vannie Baai on March 19, 2013, 05:10:25 AM
Ek giggel met innnnige simpatie sustertjie. Ons lief jou nakend, soos jy is!!   :bootyshake: :love7: Wil noooooit weer hoor dat jy jouself lelik noem nie gehoor!!!
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Trapsoetjie on March 19, 2013, 07:57:10 AM
Jy is geen lelik nie!  :`ip2: Ek bemoei my nooit met lelike mense nie.  :`ip2:

EK is ook soos ek is en ek laaik myself soos ek is en basta met almal wat nie saam stem nie.  :icon_biggrin:  Dan moet ek by sit, so nou en dan, hou ek daarvan om in 'n ander persoonlikheid te verander. Dan kom die borsels en poeiers en lipverf en goete uit. Spieeltjie vertel dan van 'n ander sprokies verhaal wat voor hom staan en dan begin die verkleurmannetjies-vrou, te verander.  :icon_scratch:

 :angel12:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on March 19, 2013, 09:40:55 AM
Nou staan ek hier met my vinger in my mond en my toon boor in die grond.   :icon_biggrin:
Ek lief lief julle.   :love7:

Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on June 01, 2013, 05:04:59 AM
O goeie genade, daar sit ek drie maande in Die Transkei en ek sê niks nie.    :icon_biggrin:
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: Angelica on June 01, 2013, 08:22:39 AM
In Transkei met sy klippe in die pad om die draai en sy beeste wat wei op die plaatjies gras in die slaggate in die hoofweg, het jy nie poeier en paint nodig nie.
Ook nie in die Kaap nie.
Ook nie in Tswanetoria nie.
Klaar.
Ek dra niks anders as jeans en tops en booties in die winter en jeans en tops en sandaltjies in die somer.  Klaar.
'n Grand gedoente kan nie om my lyf sit nie.  Dit krap.  En dit trek skeef. Dit pas net nie by my aura nie... LOL
MAAAAR.... sonder my maskara gaan en nowhere. Selfs bed toe.  Is. Mens weet nooit wanneer 'n nagmerrie jou snags kom besoek en dan???
Om die waarheid te se, PM, het ek nog nooit agtergekom dat jy nie make-up aanhet.  Jou gesig was nog altyd nog net in 'n heerlike bondel liefde en opgewondenheid as ek jou sien. 
Title: Re: Ek wil net graag sê!
Post by: PM on June 02, 2013, 09:21:22 AM
Aaaag!  Ek lief jou Ella'tjie.   :love7: 
Ek is ook nie gemaak vir optof en ongemak nie. 

Soms kom daar 'n prins op 'n wit perd besoek wanneer mens slaap.  So, jy mag met jou maskara aan slaap,
ek verstaan.  :icon_biggrin:  (Was 'n nagmerrie as jy wakker word en sien dit was net 'n droom.  :toothy4: )