Kom skryf saam in jou eie plekkie > Meraai vannie Baai

Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie

<< < (29/30) > >>

PM:
Ek hou julle in my gedagtes en in my hart sustertjie.  Stuur asseblief vir haar 'n stywe drukkie van my en een styyyyywe drukkie vir jou.   :love7:

Meraai vannie Baai:
Baie baie dankie! Ek neem myne en dra hare oor  :love7: :notworthy:

adele:
Dwalend deur ons gange, kom raak ek weer hier stil. Hoe gaan dit met hulle, Raaitjie?

Meraai vannie Baai:
My sus het kennis gemaak met Covid wat sy gekry het terwyl sy in die hospitaal was vir behandeling. Die foto van haar wat ons gekry het (geen besoekers toegelaat) het my in trane gehad. Ek het my sus amper nie herken nie lief Adele. Sy is gister weer getoets en ons wag op die uitslae. Haar kankertelling bly genadiglik stabiel maar nog te hoog.

PM:
En hoe gaan dit nou met Sustertjie Raaitjie.
Jy kan gerus 'n covid 19 onderwerp begin.  Jy is mos die forum se dokter.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version