Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

kursus

(1/3) > >>

adele:
gou 'n briefie om te vertel dat ek volgende week weer sal inhaal. ek is iewers naby jo'ies, by 'n plek wat "Wag-'n-bietjie" genoem word.    :toothy4:   al wat ek weet is dat dit 'n halfuur se ry van Voortrekker-monument af is.    :dontknow:   

ek kry nie eers kans om hier deur te lees nie want saans is ek nog so moeg na heeldag se kursus. maar Saterdagoggend gaan ons huistoe. ek kom laai later 'n foto of drie.

 :grommit: 

Meraai vannie Baai:
Sterkte en geniet matertjie! Plekkies soos altyd geboek vir die klikbekkiebewyse  :hello2:

PM:
Geniet dit Adéle en kom veilig tuis.  Kan ons nie maar plekke ruil nie?
Ek wag ook vir die klikbekskyfies.

adele:
ek is alweer oppad eetsaal toe, maar wil gou by al die diere en swane gaan verbystap, dis 'n hele plaas hierso met die mooiste grasdakhuisies.
vanmiddag is dit boeresport en vanaand nog boeredanse.
laat vanoggend kom die oorsese toergroep ook terug en kom daardie kinders eers saam met ons kinders speel. die afwagting is groooot.

hierdie foto's is saterdagaand by die staatsteater en sondag by die monument geneem.

 :grommit:

Meraai vannie Baai:
Oe! Lekker gekyk. Duisend dankies mater vir die deel  :notworthy: :hello2: Geniet hoor!!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version