Voorstelle en klagtes > Waar is jy?

Gaan bietjie plaastoe

(1/2) > >>

Meraai vannie Baai:
 :icon_bigsmurf: Klop klop, net gou boodskappie hier onder die forumdeur instoot: ek gaan weer weg wees vir so paar dae. Gaan plaas toe na Kind & kie en die naweek is rodeo naweek. Sien julle DV weer volgende week  :coffee2:

Ah Willa:
Raaitjie .. ons wil plaas koop .. maar daaikant is 'n plaas ... ons bring ons tente en woorde ...
ons moet nog net 'n vliegtuig en loots (ek kan nie die ander woord gespel kry nie, die een wat met v begin en op nier eindig)
met regstellende aksies aanstel ... in die ou transvaal het hulle verwys na high en jack en ont en voer  :notworthy:

ha ha

Geniet elke oomblik op die plaas en moet nou nie van die perd af val nie

PM:
Lekker glimlag ek vir jou "vliegenier-woord" en die ander "kriptiese notas" Willa. Ouilik!

Geniet dit Raaitjie en kom gou weer veilig terug. 


Ah Willa:
die woord wat ek nie gespel kry nie nie is vliegenier sonder die ge :-)

Naas:
Ah Willa, in Afrikaans verander die Nederlandse "ge" soos in vliegenier na 'n  "ë" so vliegenier word vlieënier.
Vlieger word vlieër
Spiegel word spieël, ens



 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version