Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Angelica se plek => Topic started by: Angelica on April 13, 2013, 06:07:59 PM
-
Bird’s Eye View
vanuit haar venster
in ‘n beton muur
‘n beton muur
agter die beton muur
‘n beton muur
agter beton mure
‘n groen blaarsambreel
waarin die oggendwind speel
die voëls van die hemel vergader
deur haar venster
in die beton muur
val ‘n straal
‘n sonstraal
val ‘n sonstraal op haar
as dit nag is
deur haar venster
in ‘n beton muur
wink speldekop-sterretjies
vir haar
vanuit haar venster
in ‘n beton muur
‘n beton muur
waarop die mossie en sy maat
met mekaar praat
haar wêreld is grys
betongrys
dis hier waar sy skuil
vir die wêreld
vir haarself
©Elsabe - 2008
-
Dis baie mooi.
Soms wil die mure my ook vas hou, wanneer jy dit so beskryf. Kan ek voel hoe ek sukkel om asem te haal, tog voel sy veilig in die koue kloue van haar grys wereld.
:angel12:
-
Beeldende lyne wat boekdele spreek. Lief die digters eggo Elsabe! :hello2: :icon_salut: :book1:
-
Ek hoop jy het dit geskaai Meraai vannie Baai!
Pragtig Elle.
-
:hello2: :icon_salut: :book1:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1999.0
-
Dankie Trappies, Meraai, PM en almal wat lees.
Ek het hierdie gedoen in 2008 terwyl ek die 'swart jas' gedra het.
Gelukkig het ek nog nie weer so koud gekry nie.
-
Jy stel dit pragtig en ek is so bly dat daardie wintersnag jou nie weer besoek het nie. :love7:
-
Pragtig, dit het my koue rillings gegee. Hou aan om so te skryf, ek hou daarvan.
-
Dankie Ans...
Hulle se dat uit die diepste, swartste gat die mooiste werke kom.
-
Dit is waar wat jy daar sê. By kom dit as natuurlik as die eina op die grootste is.
-
Jy was 'n slagoffer van die woorddief :hello2: :notworthy: :icon_salut:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4297.msg29102#msg29102
-
Sjoe, die gedig praat hard in my oor. Want vir my het dit waarlik figuurlike betekenis wat ek mee vereenselwig, maar ook LETTERLIKE herinnering word opgeroep.