Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on October 21, 2011, 02:57:22 PM

Title: Vlieg
Post by: PM on October 21, 2011, 02:57:22 PM
Vlieg

Jy speel met my
tart en terg my
trap en lek my

Vlieg,
as jy weer kom sit
maak ek van jou 'n lê!
Title: Re: Vlieg
Post by: Angelica on October 22, 2011, 06:39:12 PM
As ons maar net so rats met die vang of klap kan wees as daai vlieg met sy vlerke.
Horribale ding wat sy vuil bek en pote op alles kom los.
Title: Re: Vlieg
Post by: PM on October 23, 2011, 06:55:51 AM
Die kompos wat ons in die tuin ingewerk het, het al wat 'n vlieg in die area is hierheen gelok.  Sulke lastige goedjies wat klou en kleef en stadig oor jou stap!  Hulle het sulke seekat suiertjies aan hul pootjies wat vassuig en dan voel dit asof hulle tongetjies het soos 'n bloedsuier vlermuis wat jou wil oplek.  Ek het al van 'n paar vlieë wat op my kom sit het, lê’s gemaak.   :toothy4: