Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on June 27, 2012, 06:33:14 AM

Title: Sterkte en Simpatie...
Post by: Angelica on June 27, 2012, 06:33:14 AM
Meraai, ek dra my simpatie aan jou en Outop en die hele Lock-familie oor met die sterf van Oupa Lock.
Ek wens julle sterkte toe.  Spesiaal omdat julle so ver is en nie altyd kan wees waar julle graag sou wou nie.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on June 27, 2012, 08:24:55 AM
Angelica jy is voorwaar 'n engel.  :love7: :notworthy: Dankie so baie. Ons is oorstelp met die simpatiebetuigings van heinde en verre  :crybaby2: Baie swaar vir my om Outoppie so stukkend te sien. Ons het oupa Jan liefgehad soos alle kinders hulle ouers het. Vreeesliklief. Ons gesin is baie baie heg geweef. My kinders voel of hulle 'n pappa verloor het, nie net 'n oupa nie. Selfs ons gewese skoonseun het gebel en sy stem was skor van emosie toe hy praat oor vakansietye in Mosselbaai. So stap die tyd aan ne. Oupa Jan het die 9de Junie 90 geword. Hy was 'n man wat met gemak in professors en doktors se geselsskappe deelgeneem het. Alzheimers het sy menswees gesteel onder ons oge. 
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Fransi on June 27, 2012, 09:17:02 AM
 :hello:

'n Drukkie vir julle.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Ah Willa on June 27, 2012, 09:24:53 AM
Baie liefde vir jou Raaitjie en jou hele familie!  Op vlerke van gebed dra ek julle op na ons Hemelse Vader om julle te vertroos.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on June 28, 2012, 05:06:48 AM
My innige simpatie vir almal in die kringetjie Raaitjie.  Mag julle genoeg krag kry om hierdie traumatiese ervaring te hanteer.  Drukkies vir julle almal.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: AB on June 29, 2012, 09:24:57 PM
simpatie van my kant af ook maria. xxx
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2012, 07:48:03 AM
Dankie ouens. Ons waardeer. Gisteraand moes ons besluit oor wat word van ons deel van Outoppie se ouerhuis want sy stiefma is self baie siek en in die versorgingsoord. Die boedelsake voel soos nagmerrie want ons weet dit moet gedoen word, die lewe gaan aan. Daar is soveel rompslomp en almal is nog besig met afskeidneem van wat altyd daar was, die plek waar jou kinders opgegroei het en vakansies geniet het, ons was altyd 'n grooooot klomp wat saamgetrek het. Niggies en nefies het sulke stringe agter my en Outoppie aangestap strand toe en ons hande en oge was BESIG om dop te hou LOL!

En skielik moet jy dadelik besluite neem oor 'n kosbare deel van jou verlede, die owerhede wag nie  :crybaby2: Outoppie en sy broer was enigste twee kinders maar ons het 'n groot familie bygekry toe oupa met ouma Emmie trou. Skielik was daar nog vyf kinders by en hulle kinders. Kersfeeste was 'n ongeloooooflike ervaring. Almal hou saam diens by kerslig, en kinderstemme weerklink soos engelekore deur die grot ... dit sal nooit weer so kan wees nie. Verby. Vir altyd.

Het vandag net deur ons fotos gedwaal en stukkies onthou en beelde wat ons altyd sal bybly, bewaar en gedeel met almal wat saam omgee. Dit was goed. Besef ek hoe skielik kan 'n ramp mens tref en selfs dit van jou wegneem! Ons kinders het nie die laaste kuier in 2007 se fotos nie. Ons het reeds 'n magdom fotos verloor toe die eksterne hardeskryf oppak sniksniksnik.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Angelica on July 02, 2012, 08:09:48 AM
Hoe vinnig kan aardse goed en geliefdes nie van ons wegval nie!!
Herinneringe... dit moet ons lewend hou.

Sterkte, Meraai.  Dis 'n groot ding wat voorle.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on July 04, 2012, 04:25:27 AM
Hoe waar is dit nie Angelica! Iemand vra my so rukkie gelede hoekom plaas ek soveel persoonlike fotos en inligting op die internet waar dit oop is vir ieder en elk om te sien en vra so ewe ek moet tog asb nie die gebeure (wat die persoon besig was om te vertel) ook daar gaan 'uitstal' nie  :icon_bigsmurf: toe se ek as 'n ramp onse huis tref en ons verloor al ons fotos, persoonlike boeke en albums, en bowenal die familie dvd's, sal ek verseker half van my verstand af wees. Dan is daar darem nog die forum en gevreetboekie met hulle klikbekkie bewyse en daaglikse gedagtes van gedeelde dankbaarheid en seer  :toothy4: Maters wat kom woordspore trap en 'n pleistertjie van omgee op die einas van die lewe plaas. Toe's daar so voelbare stilte.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on July 04, 2012, 04:35:28 AM
Dit is ook die eerste ding wat ek vir AB gesê het Raaitjie. 
Gelukkig is daar talle van sy foto's hier, en ook op Woesforum. 
So ruk terug toe my rekenaar gesteel is met al my skryfwerk op, het ek dit wat op Woes was behou.  Die res lê iewers in die veld.
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 07:10:23 AM
Ek sien 'n 'skim' is besig om hierdie onderwerp te 'print' Ek wonder hoekom?  :icon_scratch:

Guest (66.249.73.76)

07:01:22 AM

Printing the topic "Sterkte en Simpatie...".
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on December 22, 2012, 07:16:08 AM
Dit is eienaardig, maar die laaste paar maande het ons net weer gesien hoe eienaardig mense kan wees nê!
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 07:20:04 AM
Selfde persoon vanoggend by julle al redelik besig gewees PM LOL,

Kom stel jou self gerus voor onbekende gas. Sien ons deel baie van dieselfde belangstellings  :hello:

Guest (66.249.73.76)  05:31:41 AM Printing the topic "Verskuilde 0-skop Verse".

06:18:56 AM Viewing the topic 'n struktuur met spasies
 
Ek is 007 die woorddief wat soos 'n skim elke skadu volg op die woorderf. Nou jou beurt  :icon_biggrin:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on December 22, 2012, 07:25:32 AM
Dit is mos 'n kompliment!  Die ouens wat so "skaai"-high is.   :icon_biggrin:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 07:27:20 AM
Ek stem. Sien ons opvoedkundige en kreatiewe skryfstyle is gewilde onderwerpe :love7: :hello2:

Guest (142.0.131.146)  05:35:10 AM Viewing the topic Riglyne vir die skryf van lirieke.

Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on December 22, 2012, 07:32:37 AM
Kom kuier in die tuin Raaitjie. 
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 07:33:29 AM
Ek doet voort. Hang aan  :hello2:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: adele on December 22, 2012, 07:44:31 AM
lekker as ander belangstel ... hoop regtig ook dit is met net beste bedoelings ... ons is so oop vir nuwe vriende ... jul hoef nie skaam te wees nie
 :coffee2:  is ook oppi huis

 :grommit:   
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 07:54:50 AM
Oe, ek bring my bekertjie ook  :love7:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: adele on December 22, 2012, 08:07:04 AM
met baaaaie liefde   :love7:   
hier is ene vir Outop ook   :coffee2:   en 'n bordjie beskuit en kondensmelk-soetkoekies uit ouma se blik. [ons kort 'n eetgoed-bordjie-gesiggie   :icon_biggrin:   ]

 :grommit:   
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 08:08:04 AM
Enne 'ek lieffff' knoppie  :love7: :notworthy:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on August 28, 2015, 12:57:38 PM
Sluk ek nou aan 'n knop van verlange. Weer 'n gas se spoor gevolg en nie eers besef dit is na die erfie  :crybaby2: Hoe stap die tyd nie aan nie!
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on August 31, 2015, 05:13:39 PM
Alles gebeur mos met 'n doel.
So pas het ek met 'n maatjie gesels wat sommer nog baie jonger is as my jongste.  Lorenzo werk vir Gerhard en hy trou Vrydag.  Ons het 'n lang gesprek gehad oor "destiny" en "fate" en "Que-sera."  My troetelnaampie vir hom is
"Chatterboxy."  :toothy4:   Raai hoekom?   :read2:  Natuurlik is hy Engels, maar so what?   :angel7:  Ek het geleer om hom baie lief te hê.  Ag ek lieg, ek het hom sommer van dag een af lief gehad!

So het my gedagtes dan ook stilgestaan oor die afgelope paar lange maande van ons almal se "deelname aan die lewe."
So baie dinge het met ons almal gebeur.  Ons is sekerlik nie bewus van elkeen se lief en leed in besonder nie, maar ek weet dat ons mekaar nodig het en ek weet ons gaan mekaar weer vind. 

Ons waterskade het ons op ons knieë gedwing en ek weet hoeveel lief en leed elkeen van julle beleef het.  Ek wil my verstout om te seg dat ons almal sterker anderkant uitgekom het. 

Dit sal wonderlik wees as elkeen van julle 'n kort opsomming gee oor wat die laaste trauma was wat jou getref het, of as daar meer as een was wil ons graag daarvan hoor.  Onthou, dit is remidiërend. 
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: PM on August 31, 2015, 05:21:34 PM
 "Verskuilde 0-skop Verse".  Verskuilde gatskop-verse!  O dit was lekker tye.  Kom ons doen dit weer!  :love7:
Title: Re: Sterkte en Simpatie...
Post by: Meraai vannie Baai on August 31, 2015, 10:54:03 PM
Drukkie vir jou mater. Net wat ek vanoggend nodig gehad het  :love7: Ek stem saam met jou, kom ons doen dit weer en skop bietjie die stof van die ABC af en skep so paar 0-skop verse  :notworthy: