Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on June 19, 2011, 10:10:36 AM

Title: Viooltjies in die kombuis
Post by: adele on June 19, 2011, 10:10:36 AM
Hier is 'n winterkaros
om ons toe te kombers,
jou lyf kontoer
my teen jou vas-
elke legkaartronding
is gemaak om te pas
en die vlammetjie flikker
bo-aan die pit van ons kers.

Ek proe die soet-suur
van maande se onthou,
skil en kook en 'kênfroet'
emmers vol bitter ervarings,
en plant vreugdepitte
in die sierstruiklanings
waar ons 'n nuwe lewenstuiste
met geloofstene en hoop bou.

My kop op jou skouer
luister na 'n wonderverhaal,
ek weet dis ons begin
in die sinkdakhuis,
sonder 'n vrugtespens
met viooltjies in die kombuis,
wanneer jou hande
vir ewig om my ritme ronddwaal.

 :grommit:
Title: Re: Viooltjies in die kombuis
Post by: Edelsteentjie on June 19, 2011, 11:37:27 AM
Ek hou Baie hiervan. Wonderlike werkwoorde wat jy skep: Kontoer teen my vas ens. Ek sien daardie hele prentjie van geluk in eenvoud.
Title: Re: Viooltjies in die kombuis
Post by: PM on June 19, 2011, 11:47:22 AM
Dit is pragtig.  Soms,  net soms dink ek dat dit juis die bitter ervarings is wat die soet van die lewe soveel soeter maak.   :dontknow:
Title: Re: Viooltjies in die kombuis
Post by: Naas on June 19, 2011, 06:49:57 PM
Baie mooilees gedig.
Ek sien uit na nog.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Viooltjies in die kombuis
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2011, 03:24:58 AM
Boektoe woorde prag  :book1:  :notworthy: Lank na ek opgehou lees het, het die beeldende woorde soos 'n winterkaros die kontoere van my siel omvou!!