Author Topic: Nog 'n dag.  (Read 3904 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Nog 'n dag.
« on: August 01, 2012, 10:11:53 AM »
Nog 'n dag waardeur ons almal beur. Vorentoe. Na 'n onbekende toekoms.

Ek hoor al hoe lank van mense wat hul werk verloor. Terwyl ek elkedag as nog 'n dag beskou en gelukkig is dat dit nog 'n dag is waar ek nog 'n werk het.

Dit gaan al vir 'n langruk al swaar hier by ons. Ek het die skrifte teen die mure gesien al twee jaar terug, maar elkedag was nog 'n dag.

Gister was toe die dag waarvoor ek al so lank wag. Kan ons met jou praat! Baie bekende woorde hoor dit tenminste eenkeer 'n maand om my voor te berei vir die onbekende. Ja toe breek dit gister aan. Een van ons moet gaan.

So vandag is weer net nog 'n dag, waar ek darem nog werk toe kan ry en glimlag want vandag het ek nog werk. More is nog 'n dag. More is 'n onbekende dag.

Ek dink ek is gelukkig in die sin dat ek dit so lankal in die gesig staar. Het al begin met beplanning as dit of wanneer dat gebeur doen ons sis of so..Dit bly tog 'n skok vir die gestel.

So nou sal ek elke dag moet, dit wat ons beplan, begin.

'n Nuwe begin, 'n nuwe uitdaging. 'n Avontuur. Dis vandag net nog 'n dag, in dit wat ons almal voel en raak, nog 'n dag van oorlewing.

 :angel12:


Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n dag.
« Reply #1 on: August 01, 2012, 12:25:28 PM »
En so, der duisende km's uitmekaar, beleef ons elkeen nog 'n dag/nag met 'n klippie in die skoen. Sterkte vir jou Trappies!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n dag.
« Reply #2 on: August 02, 2012, 05:30:21 AM »
Dit is daardie swaard oor 'n mens se kop, of is dit nou 'n valbyl,  waarvan ek gepraat het.   :dontknow: 
Ai Trappies, ek is baie jammer vir die ander persoon, maar so dankbaar dat dit nie jou kop is wat gewaai het nie. 
Ons het gisteraand gesit en gesels oor hoeveel poste deur onkundige mense gevul word, terwyl daar soveel diamante  "hier in ons midde" en ook "daar buite" is wat 'n groot verskil aan die ekonomie kan maak.  Ons bly in 'n siek land waar sogenaamde leiers net hul eie sakke nog voller druk en nie besef wat hulle doen nie.   
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Nog 'n dag.
« Reply #3 on: August 10, 2012, 12:58:53 PM »
Dan is hulle nog so selfvondaan as hulle met daai vetpense by die McD of KFC uit die swart Merc of BMW klim... :mumum:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nog 'n dag.
« Reply #4 on: September 11, 2012, 11:14:07 AM »
Nou ja, my nog 'n dag het toe die 29 Aug in die dag verander.

Ek is (geretrenched) afgedank of besnoei. Ek werk tot die einde September, ek dink dis die moeilikste ding wat ek nog moes doen, om hier te sit en glimlag en maak of alles okay is, maar binne, wel kom ons sê dis definitief gesensor.

Nou aangesien dit vir my klink na 'n algemene probleem, om ge-fire besnoei te word, wat doen ek nou?

Ek dink, dit het my nog nie geklap nie.  :dontknow: My beterhelfde bly vir my sê, onthou jy gaan nie op pensioen nie, dan is ek so half, maar hoekom nie.  :evil6:

Ons het al begin kyk na dinge soos om ons huis in die mark te sit.

Hoe en wat doen mens? Ek voel nogal baie kwaad, maar dan sê Andrew weer, hulle doen my dalk 'n guns. Want as die maatskappy bankrot speel sal ek seker nie 'n sent uitkry nie. Waar hulle nou vir my 12 jaar se geld moet uitbetaal okay dis net een week vir elke jaar, maar dis darem 3 maande se salaries as ek dit so vinnig uit werk.

Dit was net ek en die GROOT baas. Net ons twee het saam gewerk. Toe kom sy seun, Klein baas. Toe kry hulle iemand met wie ek gewerk het by 'n vorige maatskappy om te help, en dis hier waar ek my totaal in 'n muur in vas loop. Ek het alles gedoen sonder moeite en redelik min foute definitief geen stupid foute nie, maar ek wat alles kan doen word besnoei en die een wat net kan doen wat ek hom gewys het word gehou.  :dontknow: Sorry I really don't know... NOT MY PROBLEM ANYMORE. 

Elkgeval vir die wat dalk gewonder het hoekom ek so stil is/was/dalk nog gaan wees. Ek baklei met my eie "demons".   

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n dag.
« Reply #5 on: September 12, 2012, 07:20:27 AM »
Dit is wat my altyd bekommerd maak wanneer iemand so stil raak.  Ek weet daar is fout iewers.

Party mense het nie meer selfrespek nie.  Hulle ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie, of hulle gee net nie meer om nie. 
Ek hoop van harte dat daar gou vir jou 'n ander uitweg sal kom matertjie.  Dit is ook belangrik om berading te kry.  Dit is nie maklik om al die emosies alleen te hanteer nie.  As ek dit nie mis het nie moet jou "groot baas" daarvoor betaal. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Nog 'n dag.
« Reply #6 on: September 12, 2012, 12:36:01 PM »
 :hello:

Ek is so jammer dat dit met jou gebeur het. Ek hoop jy kom gou weer reg met werk. Baie sterkte.

'n Mens gaan maar deur al die roufases. Baie drukkies vir jou.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nog 'n dag.
« Reply #7 on: September 15, 2012, 04:43:21 PM »
Trappies,
Drukkie vir jou.  Nie veel nie, maar net om te se dat ek verstaan hoeveel demons jy nou moet beveg.
Sommige oggende het jy die hele 'wapenrusting' waarmee jy daardie demons deur die dag gaan beveg.
Sommige slag hulle jou lewendig af.
Aflegging is een van die ergste traumas wat jy kan deurmaak.
Dit gaan nie net oor 'loss of income' nie.  Baie beslis nie.
As jy jou e-mail adres vir my sal gee, sommer in 'n FB boodskap, stuur ek vir jou bietjie inligting oor CV's, onderhoude ens.  Asook sites, bv Gumtree, om vir werk te soek.  Laat almal weet met wie jy praat.  Jy weet nooit of die persoon voor jou nie weet van iemand erens wat weet van iemand wat iemand soek....
Wees baie geduldig as jy weer gaan soek.  Dit is 'n helse proses.
Het jy 'n werkspensioen?  Pakket sien ek gaan jy kry.
Finansies is 'n groot kopseer.  Bele jy?  Begin jy 'n onderneming?  Intussen het jy nodig om te oorleef. 
Wees ook bedag op 'independent brokers' wat jou kan verpes. 
Ek het met hulle te doen gehad.  Hoe hulle my info by Old Mutual gekry het, kan OM nie vir my verduidelik.  Ook hierdie tipe goed kan jou bloed laat kook en jou laat uitbars in die publiek. 
Soos ek se,  jou emosies baklei met mekaar en wil almal tegelyk uitbars.
Gee my jou je-mail adres sodat ek vir jou info kan gee.
Intussen.... baie sterkte.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n dag.
« Reply #8 on: September 16, 2012, 02:15:02 AM »
(((((((((Vir elkeen wat dit nodig het))))))))))

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Nog 'n dag.
« Reply #9 on: September 17, 2012, 04:42:46 AM »
Dankie, Meraai.

Nog iets waaroor een moet besluit is, wil jy weer werk in dieselfde rigting waarin jy nou is/was.
Ek glo in myself. Ek glo ek kan byna enigiets doen as ek die kans gegun word om dit te doen (met 'n bietjie bystand vir die leerproses.)
Ek is selfs bereid om vir 'n tydperk (twee weke) te leer sonder vergoeding.
Jy kan ook kursusse doen.  Mosaik, beading... dis duur en neem te lank om voorraad op te bou vir stalletjies.  Ek het ook nie plek om te stoor.  Ek gaan nog gereeld na rekenaar-klasse om op hoogte te bly.  Noudat ek nie meer in 'n kantoor opset is, begin ek vergeet.
Het ook twee weke gelede 'n PA/Secretarial Development kursus gedoen, eksamen geskryf en wag nou vir my Sertifikaat.
Of ek dit ooit gaan gebruik, is 'n vraag. My ouderdom tel teen al die aansoeke wat ek doen.
Omdat jy nie seker is van jou toekoms nie, kan dit geweldig stresvol wees. 
Wat ek nou besef, is dat jy tyd moet neem om te 'herstel' van die trauma. 
En vergewe die wat jou in hierdie posisie gesit het.  Ek huil nie meer nie.  Ek vul ook nie my denke en dag met hierdie mense nie.
Wat ek wel doen, is om enigeen op hul tone te hou wat my sake betref.  Ek is nie sommer net nog 'n nommertjie in die statistiek nie.  Ek is waardig.  Punt.

Trappies, ek het baie info.  Laat my weet as jy dit nodig het.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Nog 'n dag.
« Reply #10 on: September 17, 2012, 05:30:16 AM »
Ek vat julle hande in die gees maters. Dit is al wat ek kan doen, oplossing of raad het ek nie; maar liefde en twee ore en bree skouers wat net 'n lyntjie ver is  :love7:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Nog 'n dag.
« Reply #11 on: September 17, 2012, 12:06:57 PM »
Dankie Baie dankie. (((((hug)))))

Angelica ek gaan jou my pos nommer gee. Ek is nog nie verby die huil stadium nie hahaha...Maar dan weer ek glo nie ek was al ooit oor die huil stadium nie.  :evil6:

 :angel12:
« Last Edit: September 17, 2012, 02:25:04 PM by Trapsoetjie »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Nog 'n dag.
« Reply #12 on: September 17, 2012, 12:59:10 PM »
My hart gaan uit na julle en ek hoop regtig dat daar 'n uitkoms sal kom, al is dit net tydelik.  Ongelukkig neem alles tyd.  Hier is ook my hand en my skouer.  Ek voel soos Raaitjie, magteloos, maar julle weet dat ek ook lief is vir julle.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.