Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on August 10, 2015, 08:10:13 PM

Title: Liewe maan
Post by: PM on August 10, 2015, 08:10:13 PM
Hier waar  ek in my eensaamheid na jou lê en staar, 
gly my gedagtes langsaam langs die silwerbaan van jou laan,
dan vat ek saggies
aan die sagte plekkies
waar jy my verlange na hom roer
en die beelde en weelde van hoe dit in sy liefde voel
laat  rilling na rilling
langs my rugstring af glip en gly
om hier in my binneste te kom lê
en daar te bly.
Title: Re: Liewe maan
Post by: Meraai vannie Baai on August 11, 2015, 05:44:40 AM
Ek is/was nog nooit een vir soetsappige liefdesgedigte nie maar hierdie soort beskrywing streel my vrouwees en ek verstaan so goed!
Title: Re: Liewe maan
Post by: Jeannedarc on August 11, 2015, 06:47:21 AM
Very very nice - and the moon is swollen with passion
Title: Re: Liewe maan
Post by: PM on August 14, 2015, 09:50:55 AM
Dankie vir die komtaartjies.  Ek waardeer.   :love7:

Daar is so baie emosies wat ek aan 'n volmaan koppel.   :icon_biggrin:  Elke stant van die maan is mooi. 
Title: Re: Liewe maan
Post by: Ans Botha on November 16, 2015, 11:51:24 PM
Baie mooi geskryf brrr dit doen net die ding.
Title: Re: Liewe maan
Post by: Marinda Kemp on November 18, 2015, 04:55:10 PM
 :love7:
Title: Re: Liewe maan
Post by: PM on December 08, 2015, 05:19:01 PM
Marinda, ek lees Uppington is nie vir sissies nie.   :love7:
'n Vriendin van my bly in NZ en eendag gesels ons op Skype en sy vertel dat hulle nou daar by hulle volmaan het.  Toe seg ek maar niks maar ek glimlag nounog daaroor.