Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => PM se plek => Topic started by: PM on August 23, 2012, 10:34:57 AM

Title: Vrede
Post by: PM on August 23, 2012, 10:34:57 AM
die vlamme van my vuurtjie
knetter 'n rustige deuntjie
die maan groei tot 'n perfekte sirkel
dit skitter ligsterretjies op die blare
voer my na 'n sprokies land
van rus en vrede   
ver weg van die hede
perfek     volmaak
Title: Re: Vrede
Post by: Meraai vannie Baai on August 25, 2012, 04:47:21 AM
Ek wil sebliefie langs jou vuurtjie gaan sit mater en  na jou sprokiesland van rus en vrede gaan!
Title: Re: Vrede
Post by: PM on August 25, 2012, 06:25:33 AM
Jy is baie welkom matertjie.   :icon_cheers:  Hier is vir jou 'n stoeltjie en 'n glasie pienkie. Nou kan al die ander ouens hulle stoeltjies nader skuif dan skink ek nog pienkies.   :icon_biggrin: