Author Topic: 2013 toer woestyn dag 2  (Read 8390 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
2013 toer woestyn dag 2
« on: August 06, 2013, 07:16:30 PM »
Ek weet nie hoe koud nie maar met lig raak was dit vrek koud. Sommige mense se tente was die wasem aan die binne kant wat waterdamp gevorm het ook gevries.

hier is peet se iglo met ys op



Die een Tannie het gesë dat sy sou daarvan hou om sneeu in die woestyn te sien, dit was wel nie sneeu nie maar wit was dit gewis.

Gisteraand se spore het ook ys op.



die 3 musketeers se kamp



soek hitte by die vuur.



die duin vroeg oggend




ek het teen die duin uitgeklim om fotos van bo te neem




weer dieslefde duin uit 'n efens ander hoek



die sand teen die duin se kant wat nog in die skaduwee was is so hard gevries dat ons bo op die sand geloop het.





nog 'n duin met sy skerp lyne



die son kruip al nader aan die kamp sodat almal kan ontdooi




alweer die selfde duin uit 'n ander hoek





ons het daar in die middel waar die skoon sand duintjie is, net duskant daarvan gekamp toe osn so vrek koud gekry het laasnag.



ons moet toe weer pad vat en die eerste duin is sommer erg gewees, maar 'n land cruiser maak korte mette van hom.




weereens 'n duin om af te neem





die duin is so steil dat die sand sommer vanself begin afgly.



soms ry ons in die strate tussen die duine waar dit so lyk.



word vervolg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #1 on: August 07, 2013, 01:55:50 PM »
Pragtige foto's AB, baie dankie matertjie.  Wag, ek gaan gou die ander ook soek. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #2 on: August 13, 2013, 06:12:04 PM »
die bakkies het baie maklik op die duin se kruin vas gesteek soos hier.
ons bakkie is self 3 keer van die duin afgehelp toe sy pens sleep en hy wil nie vorentoe of agtertoe nie.



aftrek tyd



die duine met die skerp spitse waar mens so maklik vashaak



peet staan en bekyk die aftrek storie



en Armand wys hoe word dit gedoen



en Johannes se beurt



nog duine





soms 'n skerp af soos hier links



en nog duine




sukkel eers om hie rop te kom tot bo en dan skerp af aan die anderkant. hier moes die paar bakkies afgetrek word en heelwat het gesukkel om bo uit te kom.




die uitsig van daar bo waar ons moes oorgaan.



ek het op die gps gekyk, die duin is 130 meter hoog bo kant die pan wat daar onder lê en ons moet daar af met die bakkies.

daai kolletjie in die middel is Armand se land cruiser








die skuinskant van die duin is 308 meter lank en vrek steil,  so dat die sand voor die bakkie uit hardloop.



paar fotos van bo geneem





doer onder is so klein kolletjie, dis 'n gemsbok







mens voel eintlik hartseer waneer jy daai mooi uitsig van bo moet agterlaat en verder ry







die rooi duine bly maar mooi



duinegras






dit lyk nie so erg nie maar dis die af kant van daai groot duin.





ons het springbokke onder in die pan gekry



paar van ons het 'n draai gaan ry om fotos te neem





vir sommige mense is die  woestyn niks mooi nie maar vir my is alle natuur mooi





ja mooi en indrukwekkend



ons het so om die pan gery en by 'n "berg"opgery en van bo kon ons die kamp sien.
daar heel regs het ek en  Piet en Peet gekamp, ver van ander mense en ver van mekaar....oor die snorkery



dit het begin aand word en die kleure het begin verander






ek het weer my hand gewaag aan nagfotografie
weet nie of ek dit regkry nie maar daar kom darem iets uit wat mens nie met die oog kan sien nie.








word vervolg by dag 3 in die woestyn

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #3 on: August 14, 2013, 12:38:07 PM »
Hier is 'n paar pragtige foto's, en dan is hier 'n paar wat my na my asem laat snak, en dan is hier 'n paar wat my 'n hol kol op my maag gee.  Almal is van hoogstaande gehalte en ek is so bevoorreg om dit te kan deel.  Baie dankie AB.

Toe ons in Dubai daardie duine gery het, het ek niks daarvan gehou nie.  As jy so teen die duin opry en anderkant is 'n "afgrond", dan steek my ore in my tone vas.  Die lekkerste was wanneer jy jou bestemming bereik het en jou slaapsak in 'n holtetjie gooi en kyk hoe kom die sterre op, tot knus hier waar jy daaraan kan vat. 

'n Vet drukkie vir jou. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #4 on: August 14, 2013, 01:22:54 PM »
ek dink ek sal paar duine fotos vir die boek kan kry hier, ek wil eers als deurwerk voor ek besluit watter boek toe gaan en watter ek los.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #5 on: August 14, 2013, 01:33:09 PM »
Dit sal nie maklik wees om te kies nie. Die een wil mooier wees as die ander. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #6 on: August 18, 2013, 11:33:20 PM »
Mens sal vir ure tussen jou fotos kan verdwaal sonder om 'n sekond verveeld te word!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #7 on: August 19, 2013, 12:43:22 PM »
en dit bly mooi!  Al die kleure van die duine en daardie lang skaduwees is vir my so mooi. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #8 on: August 19, 2013, 01:39:48 PM »
PM jy sal moet begin dink watter fotos ons in die boek gaan plaas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #9 on: August 19, 2013, 01:51:31 PM »
Ek het al begin speel met 'n paar in my program AB.  Hoeveel bladsye kan ons gebruik?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #10 on: August 19, 2013, 02:37:40 PM »
hang maar hoofsaaklik van die prys af

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #11 on: August 20, 2013, 08:01:36 AM »
Laat weet vir my hoeveel bladsye jy wil plaas dan praat ons oor die prys.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #12 on: August 20, 2013, 09:25:32 AM »
gits dit sal weer van die prys afhang van hoeveel bladsye. ek en jy kan maar iewers op 'n tyd prvaat oor die topic praat, sal jou dalk een of ander tyd bel daaroor.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #13 on: September 02, 2013, 10:49:56 AM »
nog paar fotos wat ek van video afgehaal het van dag 2:

Hier ry die Land Cruiser agteruit om die een hilux van die duin af te trek ( pluk) met 'n kenetiese tou.
Elke keer het hull eonthou om 'n kledingstuk aan die tou vas te maak in die middel maar die keer is dit vergeet.





Die tou ruk mooi styf en doen sy werk



en terwyl die tou sy werk doen, breek die hegpunt wat op die Land Cruiser gebruik is af en hier kan gesien word hoe daai kentiese tou weer korter wil raak.





Die korter raak het vinnig gebeur, so vinnig dat jy hoordie skoot klap en sien die kappie se agteruit in stukkies spat so asof dit een beweging is.



Die ander wat nog nie oor is nie moet ook  kans vat met die steil duin.
Die Hilux het paar keer probeer




Dis 'n lang en steil duin wat na die kruin nog steiler raak





Nou weer Delica se berut om te probeer.





Die uitsig van bo af




Die sand wat voor die bakkie afloop teen die steilte:






Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 2013 toer woestyn dag 2
« Reply #14 on: September 02, 2013, 03:27:19 PM »
Baie dankie AB, dit is nou goed gedoen.  Met 'n gewone foto sou mens sekerlik nie daardie aksiefotos kon neem nie.  Ek hoop jy kry nog 'n paar sulke mooies. 
Om te weet is om te verstaan.