Die Afrikaanse Forum
Die Biblioteek => Die woordmandjie/Skrywers-skatkis => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 11, 2018, 12:01:17 PM
-
Elle deel hierdie op FB en vra dat ek dit in die woordmandjie laai :hello2:
Pensionarisafslag - Kieriekorting
Hoe lyk dit? Iemand nog 'n beskrywende woord vir die afslag?
-
Ek kan aan geen mooier word dink nie. Laai asseblief.
:icon_bigsmurf:
-
Ek stem heelhartig saam. :icon_biggrin:
-
:icon_scratch: Ek verstaan nie mooi nie. As ou omies kieriekorting kry wat kry ou tannies dan. Of is nou weer blond?
:mumum:
-
Jy sal vir oupa moet vra. :color:
-
Amper verstik ek toe ek begin dink aan wat oumies kry :toothy4:
-
Stootraamafslag.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie Oom Naas. Nou verstaan ek. As die kieries nie meer werk nie moet hulle stootrame gebruik en ou tannie het mossie kieries nie.
Oom is darem maar slim.
:mumum:
-
Ek sal maar moet plaas toe kom. Hier gesels ek en jy net met mekaar.
-
:icon_biggrin: Julle twee maak my dag en nag. Gisteraand wou ek met alle mag verder kuier maar die ouvrou moet sorg dat sy in die kooi kom voor Outop die lig afsit en my mik weer uit is - my arme maermerries hou nie by nie.
-
Is dit jou maermerries of jou nagmerries of is dit alby?
Ek het ook nogal aan "stootraamkorting" gedink, maar nou ja, kruppelhuppelafslag kan ook werk. Dankie tog ons kry dit!
-
Hiehiehiehie, nee my maermerries wat in die slag bly PM as ek die afstand bed toe misgis in die springslag.
-
Is daar 'n verskil tussen kieriekorting en kort kierie.
Ek vermoed kieriekorting lei tot kortkierie.
Nou weet ek hoekom ou mensien so vooroor stap. Dis as die kierie te kort raak agv kieriekorting.
:icon_bigsmurf:
-
Dalk is dit al die jare op die lewenspad wat die kieries mettertyd laat korter word het, sommige dinge is nie gemaak om vir altyd te hou nie veral met misbruik :dontknow: :icon_biggrin:
-
Ek verstaan, as ek sekere advertensies teen die pale geplak sien, dat daar mense is met kort kieries, maar dit is nie te sĂȘ dat dit hulle laat kwalifiseer vir kieriekorting nie.
Die outannie by die kasiere is lipklapgelukkig oor die korting wat sy kry.