Author Topic: Beton beelde  (Read 4347 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Beton beelde
« on: September 10, 2012, 06:09:16 AM »
Hou julle van beton beelde?

Gister het Hannes my vreeslik bederf.  Ons het gery na Style Decor om te gaan navraag doen oor Dawid se prys.
Ons het terug gekom met twee ander beeldjies en 'n piepklein borsbeeldjie van 'n dogtertjie.  Sodra alles in plek is sal ek foto's kom plak. 
Dit is vir my die grootste bederf om deur 'n plantpark te stap.  Gewoonlik kan ek nie daar uitstap sonder om iets saam te bring nie.  Na die verwoesting van die vloed deur my tuin, gaan dit 'n groot lekkerte wees om nuwe plante te koop en weer te woel in die grond. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Beton beelde
« Reply #1 on: September 10, 2012, 07:39:56 AM »
Ek hou van party beelde, maar slegs as hulle amper half weggesteek is tussen die plantegroei- 'n tipe van sprokiestuin waar jy elke keer iets nuuts raaksien. Daar is 'n plek genaamd Goblin's cove by Magaliesburg- lieflik! Ek dink jy sal baie daarvan hou.

:-) Ek het Vrydag en Saterdag by die Lentemark uitgestal en dit was ook elke keer die plantestalletjie wat my oog getrek het. Ek het vir my German Camomile gekoop en dit sommer by my stalletjie gehou vir die dag. Dit was beslis 'n kalmerende invloed tussen al die gewoel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Beton beelde
« Reply #2 on: September 10, 2012, 09:26:06 AM »
Soos jy en Fransi, as dit deel vorm van die tuin en mens naderlok is dit sommer groot aanwins. Ons het self so hier en daar 'n beeldjie. En as ek nou so sit en dink, ons pandokkie het self so paar voorbeelde. Jy moet kom wys matertjie sodra die beelde staanplek gekry het hoor. Fransi hoe het die Lentemark uitstalling toe verloop?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Beton beelde
« Reply #3 on: September 11, 2012, 08:45:09 AM »
Dankie Fransi, ek het dit gou geg-oog-el.  http://www.laprovencedafrique.co.za/index.php/valentine-special.html
Ons sal beslis 'n draai daar gaan gooi. 

My beeldjies is op die voorgrond met die plantegroei daaragter.  Ongelukkig het my "plantegroei" nou 'n bietjie in die slag gebly.  Ek het gister daadwerklik begin om kompos en kunsmis in te werk.  Dit behoort nog so ses weke te duur om deur die tuin te kom.  Ek is maar stadig!

Ek wil ook graag weet hoe dit gegaan het.  Dan wil ek ook weet of jy dalk kan sê watter produk 'n mens met ekseem kan gebruik om hande en lyf te was.  Selfs 'n goeie haarwasmiddel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Beton beelde
« Reply #4 on: September 12, 2012, 01:22:40 PM »
 :hello:

Dit het eintlik vir 'n beginner heel goed gegaan. Nie baie wins nie, maar tenminste geen verlies nie en ek kon met die geld vir die volgende twee uitstallings se staanplek ook betaal. So volgende keer maak ek net wins. :-) Hulle sê die Kersmark, einde November, is die werklike groot ene. Ek gaan sommer saam met my ander produkte ook begin om van my ou boeke te verkoop. Hier is meer as nege bokse vol boeke in my kunskamerkas. Ek het ook 'n winkel gekry wat my skilderye ens. wil uitstal. Ek het dit vandag daarnatoe gevat.

Jou plantjies sal weer groei en gedy. Sterkte daarmee en intussen bied die beeldjies vir jou as 'n lus vir die oog.

Ek sukkel ook maar met my vel. Na 'n lang gesukkel het ek nou uiteindelik uitgevind dat wat soos ekseem by my lyk eintlik 'n te droë vel is. Patchouli werk baie goed vir dit. Ons bad nou amper net met my seep, veral met die resep wat o.a. Patchouli, Cedar wood, Vetiver en gemmer in het. Die seep het ook geen chemiese bestanddele nie en het coconut-olie by vir ekstra bevogtiging.
Of jy kan essensiële olies in jou bad gooi of dit meng met 'n basiese room soos Aqua. Lavender, rosemary en suurlemoen is baie goed as jy 'n antiseptiese room of produk soek. Ek gooi sommer bv. lavender/patchouli in my conditioner of in die laaste afspoelwater vir my hare. Wat kruie aanbetref kan jy dalk begin om vir jou tee te maak met chamomile, lemon balm en coltsfoot. Lg. kan jy ook uitwendig opsmeer. Maak dit net fyn en meng dit met bietjie water of sit dit in jou room. Ek hoop dit help.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Beton beelde
« Reply #5 on: September 13, 2012, 08:03:24 AM »
Dit is goeie nuus.  Ek hoop die volgende een bring 'n sak vol dollars. 
Wanneer kry ons 'n webadres om jou goed te sien?  Ek sal liewers by jou bestel.  Dan het ek 'n probleem met bad.  Ek kan inkom maar nie uitkom nie.  Na die rugoperasie is van my bewegings beperk.  As ek dalk iets kan kry om aan te smeer vir my vel en dan te stort, of andersom?

My tuin lyk al klaar beter.  Orals stoot nuwe lote en ek het al heelwat plante wat totaal en al weggespoel het vervang.  Natuurlik kan mens nou nie die groot plante bekostig nie, maar Vader Tyd sal sy deel doen.  Ek lief die beeldjies en wens jy was net baie nader, dan kon jy help verf en baie raat gee. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Beton beelde
« Reply #6 on: September 14, 2012, 08:57:57 AM »
Ek is so bly jou tuin lyk al beter. Dit is so waar. My voorste lavender dra hierdie jaar blomme- laasjaar was hulle nog te klein en oor nog so 'n jaar of twee sal hulle so gevestig wees, dat ek by hulle kan oes sonder om skade te doen. Dit vat dalk tyd, maar die wag is die moeite werd en elke keer wat jou plantjies groter en sterker word, juig 'n mens se hart en is jy vol verwondering. Groei is 'n wonderwerk.

Ek is nog besig met die website. Ek het eers die ontwerp-deel gedoen-sommer in powerpoint. Daarna moes ek 'n gedig/inkantasie skryf of kry vir elke produk. Toe sit ek vas- ek weet niks van programmering af nie. Gelukkig het ek nou 'n program gekry wat relatief eenvoudig werk. Dit gaan maar net stadig. Tenminste weet ek nou hoe om die links-ding te doen. Dit is 'n begin.  :icon_biggrin:

'n Seep sal vir die stort werk. Andersins kan jy die essensiële olies aankoop en by jou Aqua-room voeg. Ek dink jy val nog by die ouderdomsgroep waar 20 druppels vir elke 5og gebruik word. Ek dink lg. gaan goedkoper vir jou uitwerk. As ek bv. net een seep vir jou stuur, gaan dit met die poskoste by nogal 'n peperduur seep wees.
As die website eers op is, is julle egter welkom om baie te koop. ;-)  :icon_biggrin:

Ek hou van Patchouli vir my vel, maar jy kan ook die volgende probeer:
Yarrow
Cedarwood
Cypress
Chamomile
Patchouli
Rosemary
Tea tree
Thyme
Lavender
Hulle almal help vir ekseem.

Ek sou nou regtig daarvan gehou het om te kon saamverf en mooi maak. :-)

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Beton beelde
« Reply #7 on: September 15, 2012, 04:49:54 PM »
Fransi, so baie bly jou 'onderneming' is ook op koers.
Volgende keer maak jy net wins.  Wow, hoe lekker is dit. 
Die regte tuin het 'n beeld nodig, dink ek persoonlik. 
elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Beton beelde
« Reply #8 on: September 15, 2012, 10:34:48 PM »
 :hello:

Dankie Angelica. Ek het weereens bietjie van 'n bloutjie geloop met die website maak. My man het egter vanoggend ingespring en vir my gehelp om by 'n ander plek te help bou. Individuele ontwerp is egter maar beperk daar, so dit lyk nou glad nie meer soos my oorspronklike ontwerp in Powerpoint nie, maar tenminste benodig ek nie 'n kredietkaart om "op die lug" te kan verkoop nie. Ek sal maar sien hoe dit vorder.

Hoe gaan dit nou met jou en jou werk-situasie?

PM, ons het laat vanmiddag die jasmyn teen 'n paal met 'n ou sykous vasgebind en ek het gedink hoe mooi dit sal lyk, wanneer dit werklik begin te rank en daar 'n klein beeldjie tussen die ranke deurloer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Beton beelde
« Reply #9 on: September 16, 2012, 05:26:17 AM »
Ag nee, ek sien my komtaartjie oor die olie is nie geplaas nie.  Ek is so bly ek is nie 'n man nie, want ek sou vergeet het om my broek vas te maak.   :angel4:
Dankie vir die raat oor die olies Fransi.  Ek ken Tea-Tree-olie en produkte en dit werk goed.  Moes Patchouli gaan googel want ek het niks daarvan geweet nie. 
Laat weet vir ons jou webtuiste se adres sodat ons daar kan gaan kuier. 
Ek is mal oor jasmyn en gaan ook vir my 'n mooi sterk plant soek.  Soms verlang ek na ons ou huis met 'n passie.  Daar het ons meer as 30 jaar gebly en my tuin was vol van alles waaroor ek mal is.  Nou word dit verhuur en huurders het nie 'n saak met 'n ander ou se huis of tuin nie. 

Engeltjie, ek en beelde, bome, plante, klippe en stompe is onafskeidbaar. 

Het myself belowe dat ek al die plante wat in potte staan gaan uitplant in die grond.  Ha-ha,  daar is seker nog 50 potte wat uitgeplant moet word, maar ek ken myself, elke potjie sal gou weer 'n inwoner vind. 

So paar weke gelede het ons op 'n kwekery afgekom wat ernstig verwaarloos is.  Daar het ek 'n groot houer met 200 peterselie plantjies gekoop vir R110.00.  'n Winskoop as jy dink dat een plantjie R20.00 kos by ons kwekery.
Toe ek dit in groter potjies uitplant was daar in baie gaatjies 4 plantjies elk.  Ek was natuurlik hoog in my skik.
Daar is niks so lekker as om 'n plantjie persent te gee nie. 

Fransi, ek sou graag daardie Jasmyn met die beeldjie wil sien sodra jy dit gekry het. 

Gister het ons iemand gekry wat 'n kwotasie kom gee het om die sementmuurtjie in ons kuierplek onder die groot avo-boom te kom oor doen.  Die water het van die pleister laat afval en dit moes afgekop afgekap en oor gepleister word.  Toe Hannes vir die ou vra wanneer kan hy dit kom doen toe antwoord hy, sommer nou.  Ja sowaar, gistermiddag drie uur toe is hulle klaar.  Twee van hulle.  Nou kan dit Woensdag geverf word.  Roesbruin.  Oeps!  Ek voel baie braaf.   :icon_biggrin:



Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Beton beelde
« Reply #10 on: September 17, 2012, 05:31:05 AM »
Klikbekkies van die roesbruinverwery  :hello2: :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Beton beelde
« Reply #11 on: September 17, 2012, 01:28:30 PM »
Woensdag sal die groot verwery begin.  Ek sal 'n foto'tjie stuur sodra alles in plek is.  My tuin begin nou mooi lyk.  (Net jammer vir die hael wat nie wil end kry nie.) 
My arme broodbome lyk soos ystervarkies. 
Om te weet is om te verstaan.