Die Afrikaanse Forum
Bak en brou => Kom ons verloor gewig => Topic started by: PM on November 05, 2021, 01:29:47 PM
-
ulle....ekke deel mos altyd graag...
Hier komit.... daai deng...... Ek mag seker nie deel nie, want julle weet mos die poppie-polisie. Maar dan noem ons mos maar hierdie die
"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"
Dis belangrik dat ons nie iets noem van 'dieet' nie, dis n verskriklike vloekwoord, wat die vette mos laat klou soos bosluis aan bul se b.... bakoor,,,,, Nee.. ons noem dit eet-plan.
So elke oggend van jou lewe eet jy dieselfde ontbyt,
Eleke middag van jou lewe eet jy die middagete
Elke aand van jou lewe eet jy die aand eetplan.
Jy mag die dae omruil, maar nooit die etes nie. Dis baie belangrik, want dis mooi uitgewerk. En bitter belangrik om niks tussenin te eet nie.
Baie belangrik om BAIE watertjies te drink, probeer n glas so halfuur voor en na etes ...
Glo my, ek het al heelwat gekroek, en ek verloor centimeters hoor....
MOENIE n gedeelte nou EET, EN LATER DIE ANDER DEEL NIE. BAIE BELANGRIK OM TE SIT EN DIE ETE KLAAR TE EET.
ONTBYT:
1 tot 2 eiers elke oggend, met een hele pomelo of 100% pomelo sap.
Jy mag sampioene of tamatie in jou eier meng
Net sout en peper, moenie souse of botter, olie of aromat gebruik nie.
Die eiers kan enige manier gaargemaak word. Gebruik spray n cook
Jy mag jou koffietjie en teetjie drink, niks daarmee fout nie, hou dit net matig met suiker.
VRUGTE: Waatlemoen, Aarbeie, pynappl, pomelo, pawpaw, kiwi, pruime, appels, nectarine, sweet melon, mango (ek vra vreeslik omverskoning vir die taal, was n slegte hoesie wat dit veroorsaak het)
GROENTE: Groenbone, Broccoli, spinasie, kool, cauliflower, lemoen pampoentjie, soet rissies, baby marrow, brussel spruite, avos, komkommer, samioene, blaarslaai, tamaties, sprietuie, olywe, seldery
BROOD: Gebruik daardie harde bruin broodjie met die sade in...en berg hom in n yskas, hy hou lekker lank.
SUURLEMOENE: Koop n paar varses, druk uit of gooi skywe in vars water, dit help as mens sou honger word, maar jy behoort nie honger te word nie.
SELDERY, komkommer en avo... Ek sny seldery mooi en komkommer, en draai in foelie toe en sit in my yskas, dit hou sommer lank. Ek kon nooit seldery inkry nie, nou sny ek dit in blokkies, gooi sout en peper en asyn, en dis lekker EN SPEEL N BAIE BELANGRIKE ROL
EIERS: Die middag etes met eier, en spinasie raak soms erg, dan kan jy die spinasie met blaarslaai of tuna (in water) vervang.
So nou begin ek by dag 1 tot 7. Onthou ek sit nou nie ontbyt in nie, dis mos klaar genoem:
Begin dag1 altyd op n Maandag, dan werk dit lekker, ek duiwel pal af die pad af, rol oor n biltongtjie, stamp my toon teen n samoesatjie, sny my vinger met n krummelpap-dingetjie, verstuit my hand teen n braaibroodjie, maar gelukkig val ek nou nie weekliks of daagliks nie, net so nou en dan.
DAG1:MIDDAG
Vrugteslaai, soveel jy wil.
AAND:
Steak, sonder olie en souse, met tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer en enige 2 groentes gebraai of gebak. Die porsie maak nie erg saak nie.
DAG2: MIDDAG
Koue hoender, slaai en n pomelo
AAND:
1 tot 2 eiers, gekook, gebrei, omelet, drogere toast (hoesie, verskoning) en n pomelo
DAG3: MIDDAG
1 tot 2 eiers (sien soos ontbyt of geroer of omelet, met pomelo
AAND:
TWEE tjoppies of een groot stukkie varkvleisie, seldery, komkommer en tamaties
DAG4: MIDDAG
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamaties, blaarslaai, seldery, komkommer, en 2 groentes
DAG5: MIDDAG
Eiers, spinasie en feta
AAND:
Vis, gebraai, gekook, gestoom... slaai, droge toast (slegte hoesie) en pomelo
DAG6: MIDDAG
1 tot 2 eiers en spinasie
AAND:
Groot steak, seldery, komkommer en tamaties
DAG7: MIDDAG:
Vrugteslaai soveel jy wil he
AAND:
Steak, tamatie, blaarslaai, seldery, komkommer en 2 groentes
Onthou dis n eetplan, nie n dieet nie.
En meet of weeg op Vrydae vir inspirasie....
-
Daars hy nou. Nogmaals dankie Antjie Patat. :love7:
-
Oja, en hulle seg...as jy nie groot steak eter is nie, mag jy maalvleisie insit, en frikkadel maak... onthou net, geen room, kase, dik souse, of soet speserye nie. net wat die plan se. Hou daarby, anders gaan dit nie werk nie
-
Ek verstaan wat 'n eetplan beteken, maar as ons kom by kaas en room, dan is dit die rede hoekom ek elke jaar vir 8 maande op 'n keto dieet is. :icon_biggrin:
Ek is baie soet wanneer ek dieet. Niks gekullery nie.
-
verstaan hoekom ek soms so trip.... jammer...slegte hoesie
-
Trippe trappe trone!
Dit is juis hoekom ek so streng by 'n dieet hou, want ek glo ek pootjie myself as ek nie daarby hou nie. Jy kan nog 'n ander 'n rat voor die oge draai, maar jy kan jouself nie "bulskyt" nie. :icon_biggrin:
-
Dit is die dag van vandag. Ek sal voor ete weeg en dan begin met hierdie dieet. Sal kom vertel.
Volgende Maandag sal ek kom verslag doen oor die gewig.
Antjie Patat, jy sal moet kom bystaan om raat te gee nooi.
Ons het vandag gaan groente en vrugte koop vir die week.
Ek sal moet baie water drink. Hou niks van water nie, die visse maak daarin liefde! :angel12:
-
Antjie Patat, ek wil bedel om te deel by die kombuishoekie by die gevreetboek maar nie seker of ek dit kan plaas sonder dat die poppie-polisie jou toesluit nie lol.
-
Meraaitjie, ek deel vreeslik graag mos, maar hierdie ene moet mens voor gulde uithaal om te kry, so ek dink die eienaars gaan my met n blou lug jaag... ek dink ons los hom dalk eers maar hier....
-
Hiehiehie, ja nee ou Antjie. Dit soek ons definislis nie! Hy sal net hier bly staan :notworthy: :headbang:
-
Al hierdie niksvrete maak my net honger.
:icon_bigsmurf:
-
Stem saam Naas. Ek het toe maar 'n bakkie sop gaan ontdooi. Koolsop, so as die aarde bewe... ek vra by voorbaat onverskoning :angel4:
-
En hier is ek waaragtig alweer...skelmpies.... om my dawer-lag te laat bokspring oor die groen heuwels van Natal!
-
Ek het daai "resep" op die internet raakgeloop. Woord vir woord. So, ek dink onse Antjie is veilig Raaitjie.
Julle, ek moet kom bieg. Hierdie 007 resep werk nie vir my nie. Ek het ingeklok op 91.4 kg (dit klink soos 'n frekwensie) en ek is te lief vir my vette en my rooi druiwe korrels, om dit op te gee. Wag, ons "black out" is nou verby en Hannes wil terug skakel vanaf die kragopwekker. Ek is nou weer terug.
Ja, hier is ek weer. Ek is nou besig om uit te werk wat nou vir my sal werk. Sodra ek klaarheid het sal ek kom deel.
-
Soos op FB gaan ek nou 'n F vir 'follow' sit PM. Eers gou vertel voor ek begin regmaak vir my steek-en-wag-dag diekant van die aardbol. Ons kamp saam vriende die naweek en die man vertel vir Outop hoe die mense deesdae so lui is hulle vloek nou orals net sommer 'n "F". Outop moes toe mooi beduie maar dit beteken net hulle volg die plasing. Nooit te oud om te leer nie!
-
Ek ef jou Raaitjie. :bootyshake:
-
En ek piepie nog steeds in my eige blaas oor die mense wat so in afkortings praat.
F ons raak lui.
Of dom. Die regering en hulle gemeente probeer mos ook slim wees en gaan soek Ingelse woorde in oxford op om slim te klink.
Dan kan hulle nie die woorde uitspreek nie en niemand, nie eers oxford verstaan hulle nie. Hulle oplossing... Kort die effen woord af.
Nou proma ons en owool veroorsaak verwarring omto.
Kom ek vertaal liewerste. O hel!!! Ek het ook vergeet waarvoor daai woorde staan. Glo my dit het sin gemaak toe ek dit geskryf het.
:icon_scratch:
:icon_bigsmurf:
-
Hahahahaha lekker lag ek nou.
PM, wou net seg...jy kan maar die velletjie en vetjie van jou vleise eet. Hierdie dieet is eintlik nogal lekker.
Wat moeilik mag wees is dat aartappels, rys, pasta, brood en geel groente verbode is, en net sekere (maar daar is baie ander om van te kies) vrugte reg is. Ook ontbyt pappe en geprossesseerde kosse is ook uit. Die lewe gebeur en soms word ek bederf met n bord gekookte kos, of iets wat verneuk, en dan begin ek maar weer, of gaan aan...ons leef net eenkeer
En porsie grote is nie van belang nie, so jy kan maar skep. (vleise en slaaie en groentes).
Mens verloor baie sentimeters sommer gou gou.
Water is baie belangrik, en die seldery.
Vis-dag, koop ek n blikkie sardientjies, meestal.
Maar natuurlik, onthou, die karnivoor dieet is blykbaar fantasties en draai Tipe 2 diabetes om (reverse).
-
Naas hahahahahaha
Waar waar woorde
-
Ja-nee Naas, ek weet hoe lyk grieks as ek dit sien. :icon_biggrin:
Antjie Patat, ek is verslaaf aan daai rooi druiwekorreltjies se sap en met die keto mag ek 'n "sappie" drink. :bootyshake:
Met keto is al hierdie items wat jy noem ook verbode. Ek is baie lief vir slaai, eiers en biefstuk en hoender is njammies. Ek mal oor seldery en kan dit sommer so eet.
Ek is al voos vuisgeslaan met dieet, dit is net in my gene om vet te wees. (Verskonings verskonings.) Ek het net so 10cm om te verloor. Dit is mos nie baie nie? Is dit?
-
Annatjie ek verloor myself elke keer as 'n dieet aankondig dat hulle enige diabetes kan omdraai. Wat hulle wel kan doen is om diabetes se agteruitgang te stop en die gebruik van medikasie te vervang met natuurlike produkte.
Diabetes word direk veroorsaak deur die pankreas wat agteruitgaan en sy funksie of vermoë om te funksioneer verloor met tyd saam.
Enige dokter wat twee jaar in mediese skool was sal jou kan vertel dat daat net twee goed in die liggaam is wat nie kan herstel van agteruitgang nie. Die een is 'n politikus se brein en die ander een is die pankreas.
As die pankreas se sakkies begin doodgaan kan dit nie vervang word nie daarom kan diabetes nie omgekeer word nie.
Die pankreas kan ook nie met oorplantings vervang word nie.
Een maal 'n skelm politikus altyd 'n skelm politikus.
Een maal 'n diabeet altyd 'n diabeet.
:icon_bigsmurf:
-
(((((((Naas))))))) Dit is al wat ek kan doen, opregte drukkies gee. Dankie vir die inligting. Ek weet omtrent niks van diabetes af nie :icon_bigsmurf: