Voorstelle en klagtes > Voorstelle

Ek soek na....

<< < (2/5) > >>

PM:
Dankie Adele, ek voel so sleg om sulke inligting weg te wys, maar jy weet wat in die verlede gebeur het.

Meraai vannie Baai:
Verstaan jou punt ten volle mater. Ons het op die harde manier geleer. Die dropbox voorstel is puik.

PM:
Ons doen ons stamboom op dropbox.  Dit is uitstekend daarvoor.

Gerhardus Ebersöhn:
Nog nie iemand wat my met die gedig kan help nie?

Ek het internet probeer maar alles is deesdae so gekommersialiseer en ekke, het niks geld nie. My boeke, kosbare afrikana, en 'n magdom ander boeke in Afrikaans, Hollands, Engels, Duits, Frans en Russies, het ek vir Kemptonpark se openbare biblioteek geskenk. En toe ek eendag iets wou gaan naslaan ... g'n enkele boek daarvan op enige rak nie!

Waaroor ek die slegste gevoel het, was my moeder se versameling eerste druk uitgawes van kosbare werke soos 'Uit Oerwoud en Vlakte', 'Hans die Skipper', 'Los Donkies', en.... die digbundels!

So paar jaar terug kon mens nog Afrikaanse gedigte met soekenjins vind; maar dié plekke is deesdae skoonveld op internet. Dis hoekom ek gedog het Afrikaanseforum sal kan help. Maar jy weet wat Dog gedoen het...

Nou kyk die stjoepit rekenaar, ek skryf 'Dog', dan skryf die ding 'God', dan help ek die drommel reg, dan verbeter hy my hulp ndodgea,,, net so! 

Gerhardus Ebersöhn:

--- Quote from: PM on February 06, 2018, 10:23:47 AM ---
Ek wonder of jy "Dropbox" ken.
--- End quote ---

Nee, ek ken nie 'Dropbox' nie. Kan u my asseblief daaroor inlig?

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version