Die Biblioteek > Vervloeë woordskatte

Nuwe en ou gesegdes

<< < (2/2)

PM:
Soos belowe is hier nog 'n paar. 


Hy kan nie sag kook nie - hardkoppig


Jy kan jou nie ryk koop nie - Probeer die indruk van welvaart skep met aardse besittings -


Middelvinger - vloekvinger -


Net 'n kooltjie vuur kom haal - blitsbesoek -


Sy is 'n pondjie botter - 'n mollige meisie -


Die kuite styf trek - jou vererg -


Hy is hoog neergesit - gesê van iemand wat ver gekom het in die lewe -


Kopwurms - emosionele bagasie -


Wit tandjies wys - glimlag -


Dit is al wat ek het.  As iemand nog byvoegings wil maak sal ek my stertjie swaai.   :read2:

Anton Louw:
Baie dankie Petra!

Anton Louw:

Kom vuurhoutjies leen - ook n blitsbesoek

Hou jou woorde sag en soet. Net vir ingeval jy dit self moet eet

'n Man is nie 'n klip nie.

Meraai vannie Baai:
Gesegdes is die geurigste speserye en kruie van 'n taal - jy kan dit van kies tot kies rol en jou verlustig in die klanke.  :hello2: :notworthy: :icon_salut:

PM:
Anton, ek lees nou jou "vuurhoutjies" en dit laat my dadelik dink aan my vriend Dries wat nou in NZ woon. 
Ek was nog besig om te leer om my taal "mooi duidelik uit te spreek" toe ek praat van vuurhoutjies.


"Wat se ge vuurhoutjies is dit met jou man, dit is vieriekies."  Ons praat vandag nog van vieriekies.   :toothy4:


Jy is reg Raaitjie, ons mooie mooiste taal.   :love7:

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version