Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on September 17, 2021, 10:29:51 PM

Title: Eerste hier laaste hier
Post by: PM on September 17, 2021, 10:29:51 PM
Ek het julle gewen.  Eerste in die more laaste in die aand!   :wave:   My dag was lank, nou moet ek gaan dut! 
Lekker slaap, sien julle more.  Moet nou asseblief net nie verwag dat ek more weer eerste hier gaan wees nie! Dit is nou een van julle se beurt.   :wave:
Lekker slaap!   :notworthy:
Title: Re: Eerste hier laaste hier
Post by: Meraai vannie Baai on September 17, 2021, 11:02:44 PM
 :love7: Hoop jy gaan lekker slaap PM. Vanoggend is ek eerste hier want julle oggend is nog toegedraai in die nag  :icon_biggrin:
Title: Re: Eerste hier laaste hier
Post by: PM on September 20, 2021, 10:12:14 PM
My dae is net ongelooflik besig en ek is veronderstel om met pensioen te wees!  :icon_biggrin:
Gerhard verjaar Saterdag, 50ste, kan jy glo!  Hy wil Leeupoort toe en daar is nou niks kos nie.  Ons sal nog moet gaan inkopies doen. 
Dit is seker nou te laat om te vra dat hy vrou vat.  (Assie?)
Ek wil so graag vir hom iets spesiaals doen.  Hy is mal oor kerrieboontjies en drieboneslaai.  Melktert is sy gunsteling.
Hierdie komende dae sal ek moet uithaal en wys, want goed sal moet ingelĂȘ word.
Weet julle van nog resepte wat lekker is en wat ek vooraf kan doen?
Ek wil ook graag vlaskyfies maak.  (Custard slices)  Wie het 'n beproefde resep?