Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on June 08, 2012, 05:14:36 AM

Title: Aan't toere
Post by: Meraai vannie Baai on June 08, 2012, 05:14:36 AM
As ek stil is weet meeste ouens by die tyd, of ouma speel pop ergens of die wieletjieshuis is gehak en die klikbekkies werk oortyd. Die keer is dit laasgenoemde  :hello2: Sien julle weer oor twee weke geliefde maters van ons  :love7:
Title: Re: Aan't toere
Post by: Angelica on June 08, 2012, 05:41:44 AM
Geniet die toer.  Kom weer veilig terug.
Title: Re: Aan't toere
Post by: PM on June 08, 2012, 03:19:13 PM
Oeeee ek gaan jou missssss!
Geniet dit matertjie, dit is 'n welverdiende ruskansie.  Ek kan nie wag vir die klikkies nie. 
Klikkie klikbek se klikkies.   :love7:
Title: Re: Aan't toere
Post by: Ah Willa on June 10, 2012, 06:59:20 PM
klink heerlik in die wielietjieshuisie - geniet elke oomblik  :hello:
Title: Re: Aan't toere
Post by: Meraai vannie Baai on June 24, 2012, 12:10:04 AM
Twee heeeeerlike weke verby en nou is ouma by no 1  :toothy4: (Popspeel) - ek het kleine prinsie en sy boeta hier vir die week wat voorle. Mamma se arms en gees is gedaan siestog. Breekkansie bittttter nodig en oumamamsie is enigste uitweg. Dankbaar om daar te wees wieg en sing ouma terwyl sy die woorde se lettergrepe tel soos die skeppies melk wat in die water moet gaan  :icon_bigsmurf: Belowe om so gereeld in te loer as wat my arms en hande los is  :icon_biggrin: Het julle arig gemis maters!!
Title: Re: Aan't toere
Post by: Ah Willa on June 24, 2012, 08:49:06 AM
Oumamasie - wat 'n mooi woord - ek lief dit!

Title: Re: Aan't toere
Post by: AB on June 24, 2012, 11:10:55 AM
Twee heeeeerlike weke verby en nou is ouma by no 1  :toothy4: (Popspeel) - ek het kleine prinsie en sy boeta hier vir die week wat voorle. Mamma se arms en gees is gedaan siestog. Breekkansie bittttter nodig en oumamamsie is enigste uitweg. Dankbaar om daar te wees wieg en sing ouma terwyl sy die woorde se lettergrepe tel soos die skeppies melk wat in die water moet gaan  :icon_bigsmurf: Belowe om so gereeld in te loer as wat my arms en hande los is  :icon_biggrin: Het julle arig gemis maters!!

welkom terug Ramona, klink die kuier was heerlik.
Title: Re: Aan't toere
Post by: PM on June 24, 2012, 01:49:06 PM
Baie welkom terug matertjie. Dankie tog julle is veilig terug.   :hello2: Ek het jou erg gemis Raaitjie.   :love7:

Hier is nogal baie steelgoed hoor.  Ek gaan 'n fees hĂȘ as jy kom wegdra en wys. 
Title: Re: Aan't toere
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2012, 12:09:37 AM
Ek lees die opskrif "Waar is jy?" en besef hoeveel ek julle gemis het. Self baie opgewonde om die oes te begin insamel sodat dit bewaar kan word in ons eie skuur!!  :book1: :notworthy: :love7: