Bak en brou > Klein koekies

Botterkoekies

(1/1)

Naas:
BOTTERKOEKIES
(Lewer omtrent 5-6 dosyn koekies)

250 g botter of margarine
1 Koppie (250ml) suiker
1 Koppie (250ml) olie
1 Eier
2 Teelepels vanieljegeursel
2 Teelepels bakpoeier
4 Koppies (500 g) koekmeelblom

Sit die oond aan teen 200º.
Voeg die botter, suiker, olie, eier en vanieljegeursel by mekaar en klits tot dit romerig is.
Voeg nou die bakpoeier en die meel by die mengsel en vou saam in tot dit ‘n gladde deeg maak.
Rol deeg uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Moenie die deeg te dik uitrol nie.
Druk nou vorms uit die deeg en plaas hulle op ‘n klaar botter gesmeerde bakplaat.
Bak koekies vir 8-10 min in ‘n voorverhitte oond van 200º.
Haal koekies dan uit en laat afkoel voor jy hulle uit die bakplaat haal.


 :icon_bigsmurf:

Meraai vannie Baai:
Nou is ek so belustig soos 'n swanger vrou nie kan droom om te wees nie!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version