Die Afrikaanse Forum
Digkuns => Diguitdaging => Topic started by: PM on February 08, 2012, 08:54:10 AM
-
Ouens, ek het al inskrywings ontvang vir die gedigkompetisie. Ek wag vir nog 'n paar voordat ek die plasings sal begin.
-
Oeeee my plekkie geboek om te kan lees en geniet :hello2:
-
Jy moet ook joune instuur matertjie. Ek "gaboek" ook 'n plekkie! :icon_biggrin:
-
is die gedigte al geplaas of is die nog in process :-)
-
Die ouens stuur hulle gedigte na my by pm@afrikaanseforum en dan plaas ek dit naamloos.
As julle gemaklik sal voel daarmee kan ons dit anders ook doen. Ek weet nog nie wat die regte antwoord is nie. Wil dit net graag regverdig hou. Ek het al 'n paar gekry, maar wag nog tot die einde Feb. dan plaas ek alles gelyk. Almal kan dan stem vir die wengedigte.
-
om dit te plaas sonder naam - is 'n baie goeie idee ...
ek sal so bietjie later vir jou een stuur - ek moet net kyk watter een is dalk gereed om man te staan vir 'n kompetisie ;-)
-
Hier het nou so 'n drywende ding in ons drinkwater beland met die kompetisie. Wat dink julle staan ons nou te doen? Sal ons tyd gee tot einde Maart? Kan ons die "liefdestema" verander? Wat sê julle?
-
:snorting: dan het ou laatslaaper ook nog 'n kans :toothy4:
what gaan die tema dan wees?
-
Kom ons hoor wat sê die ander ook. Dalk is daar te min tyd? Die ander gedigte wat ek ontvang het kan hierby ingesluit word. Dalk hoef dit nie 'n tema te hê nie?
-
vlieg met vrye vlerke - ek hou daarvan :-)
-
Ek gryp dit sommer vir die volgende kompetisie se tema.
Ek hou van die voorstel wat jy gemaak het, dat ons elke maand 'n wengedig moet kies.
Kom ons hoor wat sê almal hiervan.
-
ek dink dit sal digters aanmoedig om gereeld te skryf :-)
-
Klink wonderlik! Lankal het ek deur die skrywers se gedigte gegaan en vir my enetjie 'gekroon' en dit in die boekie van woorde bewaar. Hierdie voorstel klink na groot woordfees en natuurlik sal die mandjie huppelend die woorddisse se ABC spore sny om te oes :hello2: :love7:
-
Ek sou graag 'n lys van "gekroonde gedigte" wil sien Raaitjie. Sal jou naam moet verander na Sterretjie toe! :love7:
-
PM gee vir Meraai 'n soentjie en drukkie - dink die title "Gekroonde gedig vir die maand" is beter as Gedig van die maand :-)
en as julle wil kan ek die gedigte vir die maand 'n mooi kleedjie gee:
(https://fbcdn-sphotos-a.akamaihd.net/hphotos-ak-ash4/427563_10150802395579572_783494571_12403607_1773265623_n.jpg)
-
Raaitjie, hier is jou :love3: en 'n (((Raaitjie))) vir jou.
Willa, dit is pragtig en ons sal dit baie graag so wil doen. Baie dankie vir jou inset.
Nou sal ek 'n afdeling moet skep daarvoor. Gee net 'n rukkie kans.
-
Dit kan op die webtuiste wees :-) soos 'n vertoonstuk vir wat in die forum gebeur :-) :love7:
-
Oeee dit is 'n pragtige jassie wat jy om die woorddis gehang het Willa! Duisend dankies vir my drukkie PM. Ek dink hierdie afdeling gaan nog baie gewild word en met Willa se kreatiewe agtergronde 'n ware oogfees XXX
-
Dit is 'n baie goeie idee Willa. Baie dankie vir jou hulp en jou inset.
-
Ek moet ook nou hier opvang.
Gaan daar nog 'n digkompetisie wees of is dit van die baan?
As daar is, wanneer is die sluitingsdatum?
Ons weet dat daar nie meer 'n prys is nie, of so neem ek aan, maar dit hoef nie die kompetisie te stuit nie.
-
PM sal seker so gou sy kan hier kom inset gee - hulle is tans uit die land, nie seker hoe gereeld sy internet toegang gaan he nie ... maar ek is seker die kompetisie gaan voort ... :love7:
-
Hier's ek weer. :icon_biggrin:
Iewers het ek gesê dat die gedigkompetisie sal voorgaan en die sluitingsdatum het verskuif na die einde van Maart. Die onderwerp het verander na 'n "algemene onderwerp". Met ander woorde, julle kan gedigte instuur met enige onderwerp.
Met die hikkings wat die forum ondervind het, het die tyd ons ingehaal.
Op my lysie het ek net Angelica, Fransi en een van WW se gediggies vir die kompetisie. Ouens, stuur vir my julle gedigte na pm@afrikaanseforum.co.za voor die 1ste April, om in aanmerking te kom vir die kompetisie.
Ek sal alles plaas daarna, dan kan julle stem vir die wengedig.
-
Dankie PM.
Hoop julle het gesettle en dat die rotte nog vrylik rond beweeg.
Groete vir Hannes.