Author Topic: Daai laatnag sms'e  (Read 4342 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Daai laatnag sms'e
« on: June 12, 2013, 07:17:47 PM »
As die gier my beetpak, slaap ek min.
So, meeste van die tyd is my selfoon snags af. Die banke het mos hierdie manier om jou geld snags te vat as jy le en snork. Dit ontstel my. Maar hulle hou nie op nie.
Elk geval, so is my foontjie toe gisteraand nie afgeskakel en dit is toe nou net dat die duiwel dink, vanaand is die aand.
So slaap ek lustig tot 23:30 toe die deuntjie speel. Ook nie sag nie.  Ek is seker die bure bo, links, regs is ook wakker.
Sommer net 'n iemand wat warra warra...
Slaap mense nie saans en snags nie?  Werk hulle nie en het hulle nie rus nodig nie?  Dink hulle nie dat ander mense daardie tyd van die nag slaap nie?
Nou is ek so bleddie ontsteld, dat my oe al hoe groter oopgaan en ek sommer opspring om die deur af te skop.
 :violent1: :BangHead: 
Dan is dit 'n tydjie tot voor dagbreek dat ek weer insluimer.   :sleepy1:
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #1 on: June 12, 2013, 11:03:01 PM »
Diekant van die aardbol skrik ons dadelik ons slaap weg as die fone begin deuntjies speel Angelica. Mens dink dadelik wie is nou aangerand of geskaak  :crybaby2: - en dan - wie het die lotto gewen en gaan kom kuier?  :icon_biggrin:

Sterkte en ek hoop vanaand gaan beter en luitoonloos sodat jy nie deure wil afskop nie LOL  :icon_biggrin:

Offline Aspoestertjie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 102
  • Gender: Female
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #2 on: June 13, 2013, 05:23:42 PM »
Ek het my selfoon se luitoon na 'n hoenderhaan se gekraai verander. Nou pla dit niemand hier op die plaas nie en die hoenders le almal eiers elke keer as iemand my bel.




 :mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #3 on: June 13, 2013, 06:22:39 PM »
Lekker giggel ek nou. 
Die ding afgeskakel gisteraand.  Vanoggend net na 5 vir haar 'n sms gestuur... hahahaaaaaaaaa.  :hello2:
Dit het haar 'n rukkie geneem om ietsie te se, so ek het haar wakker gemaak.  Kietsie, kietsie.
Ek gaan sommer nou in die kooi klim met die nuwe Huisgenoot en sjokolade-melkies   :coffee2:   Too nice for words.
Sien julle hoe lekker is dit om alleen te bly?  Huh, sien julle????
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #4 on: June 16, 2013, 08:26:30 AM »
O dit is 'n aaklige geluid daai van "ons vat net gou jou geld" en dan is ek ook wawyd wakker.  Moenounie vir my man vertel hy moet sy selfoon afsit nie.  Hy is heeltemal te nuuskierig, dink hy gaan iets mis, dan mis ek my skoonheidsslapie, dan wonder julle hoekom ek so
lelik is.   :icon_biggrin:

Ha-haaa Elle, alleen bly het sy voordele, maar ons het 'n ooreenkoms, dit is nou ek en Hannes, as sy selfoon my wakker lui, maak hy koffie, maak nie saak hoe laat dit is nie.  

Daai hoenderhaan se kraai klink vir my na 'n wenner.   :icon_biggrin:
« Last Edit: June 16, 2013, 08:29:18 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #5 on: June 17, 2013, 12:20:05 PM »
Ons, ons laat ompraat deur kind en kie - koop ons kamma 'n baie grend smartphone. Ghmmfffff. Al wat ons uit hom kon kry was daai ynste kraaitoon en dan vergeet Outop hom by die werk dan kraai hy sy, en die ander manne se batterye pap  :icon_bigsmurf:

Offline Terry

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 248
  • Gender: Female
    • Squisita Jewellery
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #6 on: June 18, 2013, 12:57:14 PM »
Ek verstaan hierdie laatnag sms'e maar erger as dit, is die vroeg-oggend sms'e.  Veral op 'n Sondag oggend of op 'n vakansiedag wanneer jy bietjie laat wil le.  En die ergste van die saak is, dit is nooit MY foon nie, dis altyd die ander persoon in die bed s'n!   :angel4:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #7 on: June 18, 2013, 07:11:11 PM »
Julle weet, ons haat die goed, maar ons kan nie daarsonder.
Ongelukkig moet ek myne tot so 20:00 aan los, want ek is altyd op stand by.
My baas bly myyyyle van die spreekkamer en hospital af en as die hospitaal iets dringend nodig het na ure, dan word ek geskakel en moet ek dit gou neem. 
Selfs oor naweke kan ek enige oomblik 'n oproep verwag.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Daai laatnag sms'e
« Reply #8 on: June 21, 2013, 07:15:12 AM »
Dis mos hoe ek jou ken Ella.  Jy is altyd gereed om daardie ekstra 10 myl te stap.

Ken ek nie daai storie nie Terry!   :icon_biggrin:
« Last Edit: June 21, 2013, 07:18:37 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.