Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on January 08, 2013, 08:13:36 AM
-
Dalk die inleiding tot my volgende boek?
Moskonfyt polka
Loop katvoet deur my woorde
want knyp en byt
is dalk net moskonfyt.
Loop ligvoet waar jy trap
voete vol moskonfyt
keer dalk die joligheid.
Loop dansend tussen my lyne
want moskonfyt se stroop
sal oorsoet daardeur loop.
:icon_bigsmurf:
-
Pragtig Naas. Jy kan dit ook as inleiding vir jou bundel in ons volgende boek gebruik.
-
Ek wil op die pandokkie se dak gaan klim (daar onder by die grot waar dit dit kopstamphoogte is) en met 'n dawerende stem hierdie voorlees. Verkieslik met mikrofoon dat die hele cowboy dorpie kan hoor HOE klink my geliefde taal as dit ingekleur is deur ons eie Langenhoven :book1: :hello2:
-
Ek skouerlees opnuut en polka opgewonde deur die lyne. Watter voorreg dat ons woordskatte hier ook bewaar is! Dankie mater. :notworthy:
-
Kyk hoeveel druppels is al in die emmer. Amper 'n duisend.
-
Naas, jy was 'n slagoffer van die woorddief:
http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=4555.0
:hello2: :book1: :headbang:
-
As jy my jolig wil sien kan jy my voete vol moskonfyt maak. :icon_biggrin:
-
En so moskonfyt ons deur die lewe. :love7:
-
Te lank stil gesit met die gepluk aan my nuwe snare het ek so paar dae gelede besluit dit is tyd om die krakende skarniere te olie. Ongelukkig nie moskonfyt gehad nie maar intussen 'n paar ballerina passies weer probeer baasraak. Spottende het Elle vir Naas genooi om dit ook te probeer en ek het 'n prentjie in my gedagtes geskets van Naas en die uwe met ons verstrengelde pypies...
:headbang:
Die volgende oggend wag hierdie kosbare verrassing van Naas vir my by die plasing op FB:
Ballet pret...
Eers kyk ons na lings
Dan kyk ons na regs
Pypies die draai
En gewrigte die kners
Op, op die tone
Pirette in die rondte
Spring...
Spring...
Trippel soos mank makou
Pasop...
Die pypies pootjie my nou
Buig vooroor en hyg na asem
Kyk op na die berge
Op soeke na hulp
Los my pypie Maria
Joune is om jou enkels gedraai.
Oooo!!!! Toggie!!!
My rug is in sy maai.
:toothy4: :notworthy:
*Elke keer as ek nou my paverpolballerinatjie op die klavier kyk, sal Naas se woorde my bybly :icon_salut:
(https://hosting.photobucket.com/images/ab33/raaitjie/Ballerina_3.jpg?width=590&height=370&fit=bounds) (https://app.photobucket.com/u/raaitjie/p/b5bfe000-0eb3-440d-857a-2645af5991d0)
'n Baie spesiale kommentaar:
Ballet Based Movement
Oh wow, a poem about ballet - that is just wonderful! So glad you are having so much fun - that is what it is all about!
-
Ag, dit is so pragtig. 'n Mens staan verbaas om so 'n sterk band tussen mense te sien wat mekaar nog nooit eers ontmoet het nie. :icon_salut: Dit kan net die liefde vir ons taal wees wat ons so saam snoer. :love7:
-
Taal of nie taal nie, ek lief julle almal. MWAH
:love7: :love7: :love7: :love7:
:icon_bigsmurf:
-
:love7: En ons vir jou my dierbare vriend :love7:
-
Oom Naas ek gaan vir Tannie Elmarie vertel jy deel liefde uit op die onternet!!!
:mumum:
-
:nono: O genadetjie Assie, hang aan nooi. Die is alles heel ordentlik en in die openbaar en jou oom Naas is baie gewild selfs hier in die land van Bloekoms en groot springende hase jongie. :icon_biggrin: :book1: :bootyshake:
-
Assie kan maar gaan vertel. My vrou weet ek is liefdevol.
:icon_bigsmurf:
-
Dit klink vir my asof Assie 'n bietjie jantjie is. Moenie komkommer nie nooi, Oom Naas is baie lief vir jou ook, hy het myself vertel.