Digkuns > Digformules of -strukture

Afrikaanse Terg Verse (ATV)

(1/7) > >>

Meraai vannie Baai:
Ek wonder hoeveel van hierdie soort humor skuil in die woordspens of tussen die plooie in ons wange wanneer ons grappenderwys so ietsie kwytraak? Naas die woorddief stal met groot vreugde jou tergversie uit en hoop vir nog baie  :book1: :notworthy:

 :munky2:
Al sit Lox langs 'n harige ding
bly hy maar ons liewe ling...

© Naas

PM:
Dit is 'n uitstekende gedagte Raaitjie.  Ek sal my oor op die vloer hou en my oog op die skerm.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Dankie baie baie mater. My plek geboek en intussen hou ons die fort met so paar aangedraagde tergverse:

Suiker en wim werk teen luise in die tuin;
die luise eet die suiker - dan skuur die wim
hulle tande stomp en siedaar, nes die skim
het jou luisprobleme, ook oornag verdwyn!

© oudswaerie se 11 lettergrepige luisraad aan sy silwersus (sy woord vir gewese skoonsus)  :notworthy:

~~~~~~~~~~~~~

Ek het ook gehoor dat jy Wim moet snuif
as jy vuil gedagtes het.

Nou kry mens nie meer Wim nie en
Louwater Komo gee my borrelsiekte.

© Naas

~~~~~~~~~~~~~

Ek snuif wim,
my gedagtes is altyd skoon.  
Daar is 'n verskil tussen vuil gedagtes en lekker gedagtes.

© PM

Meraai vannie Baai:
Op kreatiewe noo(d)t ♪♪ uit die woordkroeg:
 
Hier's sy weer,
 hier's sy weer,
 met haar rooirok voor jou deur,
 sy gaan jou doop, sy gaan jou doop,

al val jy driemaal van jou stoel
 dan staan jy op,
 sy gaan jou kry!
 
(Die biere/bure wou toe al vir PM betaal om stil te bly, toe dig sy maar ander noot verder voort  :icon_biggrin:)
 
Enige Tequila is goed vir my,
 soveel as moontlik
 so gou as moontlik!!
 
Eish,
 ek het al 'n paar keer afgeval.
 Eers van die lag
 en toe van die gesuip!!
 
Oeee!!
 Ek laaaiik syp,
 ag ek bedoel suip!!
 Amper val my valstanne
 in my dop!

Keer! Ag dis te laat, daar val ek al weer af!!

© PM

~~~~~~~~~~~~~~~~

© Mevrou Varkie  :snorting: en die morning after

Dit is wanneer jy begin bang raak vir geluide;
die son, jou lewer, die kat, jou vrou/man/baas,
jou skaduwee, die kraan, liewe heksie,
die swartgevaar
en die rooigety.

MAAR . . .

brandewyn het mos nie brieke nie!!

Meraai vannie Baai:
Onooglike Kurwe Duet (PM & Meraai)
 
Ons
het kurwes
wat 'n landrot
seesiek sal maak
(M)
 
Dit
lyk vir my
meer na slaggate!
(PM)
 
Skuldig begin ons toe dink
aan minder eet en Loxie dra fotos aan
van plankdun geraamtes wat nog asemhaal.
Raak ons woorde anoreksies minder:

M: Kleine plankie!! (om die of een of ander rede pas grote griet net nie hier nie)
PM: Het jy geroep Raaitjie? Hier is Grote Griet!
 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version