Author Topic: PM se tuin  (Read 16643 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM se tuin
« Reply #15 on: October 19, 2012, 07:39:36 AM »
Oeee ekke lekker gekyk. Almal nou groot oop so ek sit rustig agteroor en geniet  :love7: Daar is niks so lekker soos tuinmaak, nee wag ek lieg  :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #16 on: October 19, 2012, 07:52:52 AM »
Dankie matertjie.  Dit was harde werk maar die plesier daarvan is al die moeite werd.  Ek bring nog.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #17 on: October 19, 2012, 07:54:14 AM »
Nog 'n Begonia.

Die piepklein beeldjie wat nog geverf en die regte staanplek moet kry.

Die watergees!  Hy moet plat geleg word en vol water gemaak word.  Die hand is 'n bietjie groot vir hom en ek sal 'n kleiner een gaan soek. 

Die vogeltjies se drinkbakkie langs die "nuwe" visdammetjie.
« Last Edit: October 19, 2012, 07:57:12 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #18 on: October 19, 2012, 08:00:06 AM »
Die "pap-brood-vrugte-bakkie vir ons geveerde vriende.  Hier kan julle ook sien hoe loop die nuwe blare orals uit.  Kompus, kunsmis en liefde help!

Die visdammetjie met Jo wat sit en visvang. 

Die mooi ou beeldjie met die meisie en haar blomme.  Die filter is al agter die klippe weggesteek, maar die pype moet nog "verbloem" word.

Dawid is in ere herstel, maar ek dink ons sal maar vir hom 'n "lendedoek" moet aantrek.  Ek weet darem nie.  Dalk kry hy verkoue.  Die pienk kwartskristalle moet nog gepak word. 

Nog 'n waterfonteintjie en die blomme wil uit hul nate bars.   

Dit is al vir vandag.  Dankie dat jy my hand gevat het en saam met my deur my tuin gewandel het. 
« Last Edit: October 19, 2012, 08:07:07 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM se tuin
« Reply #19 on: October 21, 2012, 04:19:08 AM »
Ekke het sooo lekker gedwaal saam met jou. Ruik die nat grond, plante en mooie dinge. Mater jou tuin is al klaar weer 'n paradys en Adam pas liefffflik daarin sonder vyeblaartjie. Het so rukkie ektra vertoef by die beelde ... Die Liewe Vader het die mens darem mooi gemaak ne!!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #20 on: October 21, 2012, 04:55:03 AM »
Dankie vir die saamstap Raaitjie. 
Pragtig Sustertjie, pragtig.   :angel12:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PM se tuin
« Reply #21 on: October 22, 2012, 08:05:03 AM »
Dit is so mooi. Ek lief dit.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #22 on: October 22, 2012, 08:25:51 AM »
Dankie Fransi.  Ek dink altyd 'n tuin is die huis se "kapsel".  Dit is die "siel" van die tuiste. 

Orals staan nog sakkies met plante wat geplant moet word, die grondbedekkertjies het weggespoel en ek moet nog daaraan werk.  As alles klaar is en mooi gegroei het, sal dit beter lyk. 
« Last Edit: October 22, 2012, 08:28:41 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #23 on: October 27, 2012, 08:27:17 AM »
Die huis en woonstel.  Aan die linkerkant is die woonstel. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #24 on: October 27, 2012, 08:31:16 AM »
Hier kyk ek deur die venster op die tuin. My lesenaar staan in hierdie vertrek. 
Hier is my beeldjie wat ek by WW gekoop het en 'n foto van die boek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #25 on: October 27, 2012, 08:34:33 AM »
Hierdie groot skulp het ek by my jongste gekry.  Die beeldjie het daarin opgeland. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PM se tuin
« Reply #26 on: October 28, 2012, 09:11:05 AM »
 :hello:

Dit is alles pragtig- boek, beeldjies, plante! En natuurlik die skulp. Ek lief skulpe. My een skoonsus het ook vir my 'n groot perlemoenskulp gegee en die het nou al gedien as houer vir my produkte in die foto's en ons seephouer in die badkamer. Orals in die huis is daar bakke en plekke vir skulpe en klippies (half edelgesteentes). :-)

Het jy al gehoor van die raad van 'n bietjie bier vir jou varings? My enetjie op die stoep sukkel bietjie en ek sal graag wil hĂȘ hy moet ook gelukkig wees. Het jy dalk vir my raad asseblief?

Julle tuin is regtig 'n paradys.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: PM se tuin
« Reply #27 on: October 29, 2012, 04:43:27 AM »
Ek lieffff dit!!!  :love7: :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: PM se tuin
« Reply #28 on: October 29, 2012, 08:37:04 AM »
Daar is so baie soorte varings.  Party tuiniers sweer dat "cycad mix" uitstekend werk vir boomvarings in die tuin.
My "pot-varings" kry een maal 'n jaar 'n nuwe pot wat effens groter is met vars varing-potgrond. 
Ek maak al my teesakkies bymekaar, breek die sakkie oop en gooi die teeblare langs die varing op die grond. 
Varings hou van vloeibare kos, dit absorbeer vinnig en maklik.  Daar is 'n "fish emulsion" op die mark.  Gebruik dit soos op die bottel aangetoon.  Dit stink 'n barshou, maar dit is goed.  So een keer in drie maande kry al my potplante daarvan. 
As jy nie die varing wil uitplant nie, kan jy net so 5cm organiese kompos in die pot plaas.  Net een keer per jaar behoort genoeg te wees. 
Soms is geel blare 'n teken van te veel kos.  Varings hou van suurgrond.  Peat moss is goed.  Gooi so 'n bietjie oor die kompos. 
Sorg dat varings een keer per week goed deurnat gemaak word.  Verder kan 'n mens dit twee keer per week "sproei" met louwater as die atmosfeer warm is.  Spuit die sproeier in die lug bokant die varing dat dit daarop reën.
Enige plant haat eensaamheid.  Plante wil maatjies hê om mee saam te kuier.  :icon_biggrin:
Die bier word gewoonlik in 'n pierinkie langs die varing se stam, in die pot geplaas, om slakke te bekamp.  Sodra jy 'n slak of twee gevang het moet die pierinkie met nuwe bier volgemaak word. 
Ek het nog nie gehoor van bier direk vir die plant gee nie. 
Praat met jou plante.  Hulle het die liefde nodig. 
Mense praat van "groenvingers" en dit is maar net kennis.  "Googel" is die beste hulpmiddel. 

Nou onthou ek hierdie gratis e-boek en dit is 'n wenner. 
http://www.gutenberg.org/files/11365/11365-h/11365-h.htm#adder
« Last Edit: October 29, 2012, 08:50:40 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: PM se tuin
« Reply #29 on: October 29, 2012, 09:58:52 AM »
Baie dankie PM! Dit is waar, ek gesels met my blomme en kruie en die bome, maar die arme varing het nog net bekommerde kyke van my af gekry. Ek sal bietjie hom aanmoedig met woord en daad. :-)