Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Ans Botha se plek => Topic started by: Ans Botha on June 03, 2013, 03:31:41 PM

Title: Liedjie vir jou mamma
Post by: Ans Botha on June 03, 2013, 03:31:41 PM
ek bring vandag hulde aan jou mamma
aan die kere soveel jare gelede
het mamma gewaak
gepantser met gebede
daardie donker bruin oë
vol angs langs my bed gewaak

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
vir elke roos uit jou hand ontvang
die saamwees elke dag
lang ente se stap langs die rivier
wyse raad elke drukkie elke traan

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet

ek bring vandag hulde aan jou mamma
hier langs jou graf
weet ek sal jou nooit kan vergeet
van liefde so groot soos jou hart
uit jou moedershand

dankie mamma
vir die jare saam met jou
dankie vir gebede
al het ek soms nie geweet



Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: Meraai vannie Baai on June 03, 2013, 11:50:39 PM
Ans dit is prrrragtig en sou ook perfekte lirieke wees as iemand dit vir jou kon toonset  :love7: :notworthy:
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: PM on June 04, 2013, 07:10:45 AM
Baie mooi geskryf Ans.  Ek stem, daardie refrein soek na note. 
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: adele on June 04, 2013, 01:16:18 PM
pragtige woorde en herinneringe.

 :grommit: 
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: Ans Botha on June 04, 2013, 04:00:46 PM
Dankie aan almal van julle ek waardeer julle komentaar baie
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: Meraai vannie Baai on June 05, 2013, 02:09:35 AM
Toe ek hierdie woorde lees het Andre Bayman se liefste mamma van my dadelik op die voorgrond weerklink. Kan my net indink hoe pragtig jou lirieke kan klink Ans. Hier is die skakel na Andre se liedjie opgedra aan sy mamma.

http://www.youtube.com/watch?v=vT0vwpDmD9M&feature=related

007 kom bedel: Ans, mag ek groot asb hierdie bydrae van jou in ons boekie van woorde by die lirieke afdeling ook gaan bewaar?
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: Ans Botha on June 05, 2013, 11:10:55 AM
Dankie vir die skakel Meraai. Jy is welkom om dit te doen.
Title: Re: Liedjie vir jou mamma
Post by: Ans Botha on June 05, 2013, 02:33:57 PM
Ek het gaan luister Meraai dit is so mooi. Weereens in trane!