Author Topic: Ponlockie word oorgemaak  (Read 4161 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Ponlockie word oorgemaak
« on: October 15, 2012, 04:04:42 AM »
EISH!! Dit was 'n week van rugbreek werk maar die watergaatjie van ons
spog met nuwe voorkoms (waar moontlik bygeskryf), aan een kant is die ou
swembad se rand net te veel vir ons twee oues van dae om uit te kon breek;  
so die groter, sterker 'liner' is maar weer liniaalreguit geplaas oor die rand
en waar Outoppie se krag hom nie begewe het, is daar wyer gegrawe en begrawe.

Ek het op die kant gestaan met die klikbekkie en moed ingepraat en ietsie kouds aangedra.
Morele ondersteuning. O ja, laat ek maar weer bloos :icon_bigsmurf: ek het darem ook
een puntjie vasgehou en saamgekreun terwyl my ou maatjie dit oorgetrek het.
Vir eers is alles net met klippe vasgepak tot ons (een ons in die pond)
vanaand begin met die begrawery van die rande se kante.

Hier is die fotos vanwaar eerste sooie weer gespit was, klippe uit, waterval afgebreek,
 plante en visse uit in spa - tot die laaste klip weer gepak is om te keer dat die wind
liner-liner kom speel en ons watergaatjie met alles saam neem. Daar le nog baie werk
voor maar die plesier word alreeds weer ervaar en geniet.

*Hier begin die groot gewerk! Watergaatjie moet leeg kom
en die merke gemaak waar die nuwe rand gaan loop.


Uitspit, uitgraaf, wegdra..


Plante, visse en klippe in spa geniet die vioolmusiek van my sement-engel
terwyl die gevlerkte vriendjie hom verwonder oor die lee 'bad' van hulle.


Rugbreek werk om die groter liner oorgetrek en reg te kry.
Ons was so gelukkig om hierdie stuk by Outop se werk te kry
en dit is sterk genoeg om vir jare te hou.


Vasgepak, begin die water in te loop... en ons hou duime
vas daar het nie gaatjies onse oge ontglip nie!


En nou lyk die ponlockie so:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ponlockie word oorgemaak
« Reply #1 on: October 15, 2012, 08:43:51 AM »
Dit is pragtig Raaitjie.  Ek weet sommer ons gaan nog baie rustige ure om hierdie ponLockie kuier.  Ek kan nie wag vir die finale foto's nie.  Dan wag ons vir die vogelvrinne om te kom kuier sodat ons kan deel in die vreugde. 

Baie harde werk bring altyd baie genotvolle ure. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Ponlockie word oorgemaak
« Reply #2 on: October 15, 2012, 09:45:41 AM »
Sjoe, dit is so so mooi! Ek het altyd gewonder hoe 'n mens soiets skep.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Ponlockie word oorgemaak
« Reply #3 on: October 15, 2012, 11:54:38 AM »
Altevol dankbaar dat dit ook vir julle mooi is  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ponlockie word oorgemaak
« Reply #4 on: October 15, 2012, 01:03:02 PM »
Vir my is dit wonderlik om so in julle midde te kan saam kuier.  Ek weet dit verg baie tyd om te deel en dus seg ek net nog 'n keer dankie Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.